Kinders: 8 tot 10 Jaar
Tjoppie se verjaardag
R 125.00
Tjoppie is ’n nuuskierige klein hondjie. Vandag is sy verjaardag! Hy kry baie geskenke. Maar saam met wie van sy maats moet hy eerste speel? Dit is tog die lekkerste as almal leer om saam te speel. Tjoppie se prettige, kleurvolle avonture is perfek vir storietyd saam met peuters en kleuters.
Tjoppie en die muskiet
R 115.00
Tjoppie is ’n nuuskierige klein hondjie. Vandag is daar 'n aaklige gogga wat vir Tjoppie pla en steek. Dit jeuk oral! Gelukkig ontmoet hy ook vir Tonkie die spinnekop wat hom kan help. Tjoppie se prettige, kleurvolle avonture is perfek vir storietyd saam met peuters en kleuters.
Lekker Liewe Heksie-stories (Omnibus)
R 280.00
Die onskuldige, vriendelike heksie, Levinia, en al die bewoners van Blommeland laat oud en jonk steeds skater met hulle manewales. Vian Oelofsen se lewendige illustrasies sorg dat Liewe Heksie en haar maats se avonture nog net so bekoorlik is soos altyd. Hierdie omnibus bevat 10 van die gewildste Liewe Heksie-stories, met eenvoudige ...
Dodelikste donuts in die heelal
R 185.00
Wynand se ma is nou wel 'n superheldin met supersoniese, superheldin tekkies, maar dit beteken niks in hulle kombuis nie. Sy wil sowaar haar aaklige groen muffins vir die skool se jaarlikse koekverkoping bak! Maar Wynand maak 'n ander plan: sjef Sprinkles in New York se beroemde donuts is gratis en hulle versend reg oor die wêreld! ...
Kaptein Onderbroek #1: Die avonture van Kaptein Onderbroek
R 215.00
George en Harold het die grootste superheld in die geskiedenis van hulle laerskool geskep – en nou gaan hulle lewe aan hom gee! Ontmoet kaptein Onderbroek! Sy ware identiteit is só ’n groot geheim dat selfs hý nie weet wie hy is nie!Lees hierdie reeks deur dieselfde skrywer as Hondman. Skreeusnaaks en perfek vir eerste of trae lesers!
Wim Vermaak maak 'n plan
R 195.00
Vir Wim is graad tien nes graad nege, maar op steroids. Hy land teen sy sin die understudy-rol van Nick Bottom in die skool se opvoering van ’n Midsomernagsdroom. Maar dis iets nader aan ’n nagmerrie as ’n droom, want 'n ander ou sleep vlerk by sy Jenny. Ouma Hantie is sy enigste hoop, maar haar kop is op ’n ander plek. Boonop beland W...
Praktiese geologie: Raak handig met fossiele!
R 175.00
Hierdie volkleur boeke is vol interaktiewe pret en inligting. Kinders kan ekperimente doen en prakties te werk gaan met die boublokke van ons planeet. Meet byvoorbeeld ’n klip se digtheid of maak ’n vorm-en-giet-fossiel en grawe dit dan op soos ’n kundige! Vryantwoordvrae moedig verdere denke en stud...
Kaptein Onderbroek #2: Kaptein Onderbroek en die geveg teen die tandetoilette
R 215.00
George en Harold is gewoonlik verantwoordelike kinders – wanneer daar amok is, is George en Harold gewoonlik daarvoor verantwoordelik! Hierdie keer boemerang hulle jongste poets en hulle skep per ongeluk ’n hele weermag tandetoilette. Gelukkig ken hulle ’n superheld wie se onderbroekrek ’n gevaarlike wapen is. Dit lyk na nóg ’n opdrag vir Ka...
Katastrofe
R 160.00
’n Katastrofe het Katjiesfontein getref! Die geld wat mevrou Mynie Koen vir die talentkompetisie geskenk het, is van juffrou Katoliek se lessenaar af gesteel. Leo is seker dit was daardie boelie, Spiertier. Tiere soek mos altyd skoor! Of dalk het dit iets te doen met Gato, die vreemde nuwe leerling in ...
Hondman
R 275.00
Daar is 'n nuwe soort polisieman op die toneel! George en Harold het 'n nuwe held geskep wat bedrog uitgrou, sy kloue in kroeke inslaan en diewe omduik! Ben die hond en sy polisiehoof word beseer op diens, maar 'n operasie verander ook lewe soos ons dit ken, en Hondman word gebore. Met die kop van 'n hond en die lyf van 'n mens, het hierdie h...
Hondman 3: Katkenades
R 275.00
Die superspeurder kom weer te staan teen sy groot vyand, Ramkat, wat die lewe vir die polisie moeilik maak. Ramkat ontsnap uit die tronk en breek in by ’n laboratorium. Hy steel ’n masjien en maak ’n miniatuurkloon van homself, Kleinkat. Intussen ontvries ’n professor ’n psigokentiese vis om sy brein te bestudeer, maar Hondman breek per o...
Haas Das se Nuuskas: Episode 4
R 195.00
Almal van Menseland is verheug om Haas Das, die geliefde nuusleser van Diereland, en sy assistent, Piet Muis, en hulle manewales weer te geniet in hierdie veelkleurige leesboeke. In hierdie uitsending raak Boeboe die bobbejaantjie vermis en almal is bekommerd, want Hoohoeff Hiënia is in die omtrek. Die gewilde Haas Das-stories word opnuut uitgeb...
Hondman op Hol
R 275.00
Hondman is terug en hy het 'n appeltjie te skil met die wêreld se wildste katskurk! Hondman, die nuutste superheld van die skepper van Captain Underpants, is maar nog nat agter die ore. As die kaptein hom net 'n kans wil gee . . . Ramkat is vry en sy kriminele aktiwiteite neem die stad op horings. Kan die nuwe polisieheld die stad betyds re...
Ouma Hester en die Dreadnought (Boek 3)
R 180.00
Die Dreadnought is reg vir aksie, ouma Hester se harnaspakke is gelaai met plofbare verrassings en haar yskas kreun onder die smulgoed! Maar wat gaan sy in Kanada maak en nogals by PESBEHEER, PILLE & PREPARATE van alle plekke? Sal Mamma vir Tian en Lisa laat saamgaan? En wat vang die bose dokter Lewendkerwen alles in haar onderwaterse labora...
Haas Das se Nuuskas: Episode 6
R 195.00
Haas Das, die geliefde nuusleser van Diereland, en sy assistent, Piet Muis, is terug met Diereland se manewales in hierdie veelkleurige leesboeke. In hierdie uitsending word Haas Das deur Snawel Knawel ontvoer! Diereland is baie bekommerd oor die vermiste nuusleser. Die gewilde Haas Das-stories word opnuut uitgebeeld deur Vian Oelofsen se pragti...
Haas Das se Nuuskas: Episode 3
R 195.00
Almal van Menseland is verheug om Haas Das, die geliefde nuusleser van Diereland, en sy assistent, Piet Muis, en hulle manewales weer te geniet in hierdie veelkleurige leesboeke. In hierdie episode vind die groot wedloop tussen Hasie Kwassie en Skillie Skilpad plaas! Wie gaan wen? Die gewilde Haas Das-stories word opnuut uitgebeeld deur Vian Oel...