Kinders: 8 tot 10 Jaar
Haas Das se Nuuskas: Episode 5
R 195.00
Haas Das, die geliefde nuusleser van Diereland, en sy assistent, Piet Muis, is terug met Diereland se manewales in hierdie veelkleurige leesboeke. In hierdie uitsending vind die opwindende stoeigeveg tussen die Gemaskerde Wonder en Kongo Kangaroe plaas, maar die diere moet ook vlug vir 'n gevaarlike veldbrand in Diereland. Die gewilde Haas Das-...
Legendariese Lua Verwey 1: Wilder as die Wildtuin
R 60.00
Lua is nie soos enige meisie wat jy ken nie. Sy skat sy's die enigste een wat meer as een breinsel by haar ouers geërf het en sal eerder tyd op haar J-board spandeer as voor ’n spieël of die TV. Sy’s ook allergies vir seuns. Wat nogal vreemd is, aangesien sy drie boeties het. En ook omdat sy graag wil krieket speel, al sal sy die enigste meisie ...
Klapper die Drakie en die swart ridder (4)
R 80.00 R 160.00
Klapper en Matilda vertrek saam met oom Hardus na die ridderryk om by die draakboom wag te staan. Wanneer die geslepe swart ridder oom Hardus in 'n lokval lei, is almal raadop. Maar Klapper, Matilda en hulle nuwe vriend, Walter, gaan 'n slim plan maak. Die Klapper-reeks is die perfekte eerste leeservaring vir beginners.
Ouma Hester en die Arnosterfant
R 60.00
Renosters tel, olifantmis en 'n lugskip met hittesoekende sensors en 'n meganiese slurp . . . ’n vakansie saam met ouma Hester is nooit vervelig nie! Maar wie is Wang Mang? Hoekom het hy 'n tenk vol rooi-en-wit gespikkelde vissies in sy helikopter? Wat wil hy met Thembi en Joe se mak renoster, Mafuta, maak? En wat het al hierdie dinge met ol...
Bennie Boekwurm vertel lekker stories 2
R 220.00
Bennie Boekwurm woon diep onder die grond in die Wielie Walie parkie. In sy tonnelhuise is daar rakke en rakke vol boeke en daar is vir hom niks lekkerder as om vir kinders stories te lees nie! In die boek lees ons hoe Ratta Rot byna Missie Muis se verjaardagpartytjie bederf, en van hoe Tokka Kabouter allerhande grappies maak. Bennie vertel ook ...
Bennie Boekwurm vertel lekker stories
R 220.00
Bennie Boekwurm woon diep onder die grond in die Wielie Walie-parkie en hy vertel wonderlike stories! Luister saam na die storie oor Japie die apie en sy maatjies Poegie-paai en Langnek Kameelperd, wat saam na Japie se mamma gaan soek.
Bennie Boekwurm se mooiste sprokies 1
R 185.00
Sleuteltjie, sleuteljie, op sag satyn, laat tog 'n storie uit die boek verskyn! Kom luister saam na vyf van die wêreld se mooiste en gewildste sprokies: Die drie varkies, Jan en die boontjierank, Hansie en Grietjie, Die lelike eendjie en Repelsteeltjie. Dié klassieke verhale uit Bennie Boekwurm se groot sprokiesboek is ideaal vir voorlees met sl...
Sarel Seemonster se avontuur
R 160.00
Sarel Seemonser is lus vir avontuur. Maar voordat hy vertrek, waarsku sy ouma Seemonster: “Onthou, as jy in die moeilikheid is, het jy 'n wapen. Seemonsters blaas stoom uit en dit laat diere dink daar is vuur binne ons.” Sarel se stoom borrel en gorrel die lug in. Maar wat gaan gebeur as hy 'n skelm wolf, 'n slang en 'n aasvoël teëkom?'n Heerlik...
Huppelkind
R 280.00
Die klassieke Huppel-stories is weer beskikbaar in een pragtige bundel. Wie onthou die Slaapkouse en die Nuuskierige Agies wat moet help dat Storieman sy storie vertel in Wip-Huppel-Wip? In Vrolike Huppelkind besoek hy saam met Fiefman die Land van Wol en Hare, en wanneer Huppel verjaar, kry hy 'n regte koekoek in 'n klok! Die kleurvol...
Seerowers, Die 2: Die seerowers en die grot vol goud
R 195.00
AHOOI DAAR, SKARMINKELS! Hier is 'n avontuurstorie oor seerowers vir beginnerlesers in Afrikaans! Kom span die seile saam met Matilda, Basjan en die Van der Branders, en geniet hulle opwindende seeroweravonture. Matilda, Basjan en die Van der Branders is terug met nog ’n waaghalsige seeroweravontuur. ’n Betowerde grot vol goud hou Basjan ...
Goue lint-stories: 'n Duisend en een Nagte
R 275.00
Hierdie wonderlike boek wat 12 stories bevat met pragtige illustrasies en onvergeetlike karakters sal kinders bekendstel aan 'n skatkis van tydlose verhale.
Kreatiewe Kuns met Toiletrolle (Boek 2)
R 100.00
Met hierdie aktiwiteitsboek kan kinders kunsaktiwiteite doen met slegs leë toiletrolle! Die boek sluit elemente in om uit te knip asook plakkers om allerhande kleurvolle diere te maak. Kinders kan ook fyn motoriese vaardighede op hierdie manier ontwikkel. Dit is perfek om klein handjies by die huis en skool besig te hou!
Kreatiewe Kuns met Toiletrolle (Boek 1)
R 100.00
Met hierdie aktiwiteitsboek kan kinders kunsaktiwiteite doen met slegs leë toiletrolle! Die boek sluit elemente in om uit te knip asook plakkers om allerhande kleurvolle diere te maak. Kinders kan ook fyn motoriese vaardighede op hierdie manier ontwikkel. Dit is perfek om klein handjies by die huis en skool besig te hou!
Bennie Boekwurm se besige pretboek
R 130.00
Kom speel en leer saam met Bennie Boekwurm en sy maats in hierdie aktiwiteitboek - met 30 lekker legkaarte, raaisels, inkleurprente en ander speletjies soos gesien in Huisgenoot se pretbladsye vir kinders. Saam met Bennie Boekwurm, Karel Kraai, Sarel Seemonster en al die oulike inwoners van die Wielie Walie-parkie is dit groot pret om kin...
50 Vrae oor...Die menslike Liggaam
R 155.00
Kort vrae en antwoorde in hierdie boek maak dit maklik en vinnig om oor die menslike liggaam te leer. Daar is ook 'n bordspel binne-in die boek en twee bladsye met plakkers wat op die ooreenstemmende prentjies in die boek geplak kan word, én 'n geheuespel waartoe jy toegang met jou slimfoon kan kry deur 'n QR-kode te skandeer!
50 Vrae oor...Hoe om my planeet te red
R 155.00
Die kort vrae en antwoorde in hierdie boek maak dat daar maklik en vinnig oor hoe om die planeet te red, geleer kan word. Daar is ook 'n bordspel binne-in die boek en twee bladsye met plakkers wat op die ooreenstemmende prentjies in die boek geplak kan word, én 'n geheuespel waartoe jy toegang met jou slimfoon kan kry deur 'n QR-kode te...