Kinders: 8 tot 10 Jaar
Praktiese geologie: Raak handig met klippe en minerale!
R 175.00
Hierdie volkleur boeke is vol interaktiewe pret en inligting. Kinders kan ekperimente doen en prakties te werk gaan met die boublokke van ons planeet. Meet byvoorbeeld ’n klip se digtheid of maak ’n vorm-en-giet-fossiel en grawe dit dan op soos ’n kundige! Vryantwoordvrae moedig verdere denke en stud...
Jy kan die wêreld verander
R 60.00 R 295.00
Ons sien elke dag probleme, iets wat ons aandag verg. Vullis gestrooi in ’n grasgroen park, plastiekwaterbottels op die strand, 'n oorvol vullisdrom wat die straat bemors. ’n Maer, verwaarloosde hond. Sommige van hierdie probleme is so groot, dit lyk onmoontlik vir een mens om hulle op te los. Maar ons kan dit regmaak as elkeen van ons ons dee...
Lewe volgens Wim Vermaak
R 185.00
Wim Vermaak se lewe is onderstebo. Hy is op die punt om graadnege te dop, omdat sy aandag in die LO-klas afgetrek word deur die nuwe meisie met die vlegsel. Sy tweelingsuster, Maddie, wil opsluit deel word van Mars One se sending na Mars en veroorsaak vir hom selfs meer probleme wanneer sy van die dak af foeter en haar enkel breek, omdat ...
Avonture van Speurhond Willem: Omnibus
R 270.00
Willem is oor die wêreld heen beroemd as speurhond. Maar 'n paar jaar gelede het 'n sending skeefgeloop en het hy in Kaapstad by die DBV beland. Dis waar Adriaan en sy ouers die oulike swart-en-wit spanjoelhondjie raakgeloop het. En van daardie dag af is Adriaan en Willem onafskeidbaar. Hierdie omnibus bevat die eerste drie avonture: hulle r...
Mooiste stories van Helena Lochner
R 225.00
“Die Hans Andersen van Suid-Afrika” – dit is die erenaam wat Helena Lochner in Noorweë gekry het. Hierdie beroemde skrywer van kinderverhale en sprokies is in 1951 oorlede, maar haar werk bly steeds gewild. Vyftien van haar mooiste verhale wat hier byeengebring is, sluit die bekendstes in soos “Ou Tante Langtand”, “Di...