Kinders
Klein Plakpoppies: Katjies
R 130.00
’n Betowerende plakkerboek vir jong dogtertjies met poppies om aan te trek en katjies om mee te speel. Die agterflap vou uit sodat ekstra plakkers gebêre kan word terwyl die poppe aangetrek word. Dit is ’n kreatiewe boek van die Britse uitgewershuis Usborne wat Protea Boekhuis in Afrikaans vertaal en aan ’n Suid-Afrikaanse ma...
Katastrofe
R 170.00
’n Katastrofe het Katjiesfontein getref! Die geld wat mevrou Mynie Koen vir die talentkompetisie geskenk het, is van juffrou Katoliek se lessenaar af gesteel. Leo is seker dit was daardie boelie, Spiertier. Tiere soek mos altyd skoor! Of dalk het dit iets te doen met Gato, die vreemde nuwe leerling in ...
Mieke 1: Kersfees in April
R 205.00
Mieke se lewe op Mtwana Wildlife Rescue, aan die oewer van die Limpopo, is alles behalwe saai. Tussen haar pa as die plaas se veearts, Fen se ouma Maggi wat die lodge bestuur en haar eksentrieke oupa Bosjan se natuur- en lewenswysheid kry sy skaars kans om haar ma te mis. Maar soms, veral noudat sy in Gr 7 is en...
Mieke 2: Spikkelsterre op Mtwana
R 205.00
Mieke se pad kruis met Sasha Dyssel, Miss Eco Warrior Limpopo-finalis, wat die skool en Mtwana se gas is. Fen en al die graadsewe-seuns verloor hul hart op die mooie Sasha. Maar dis Mieke wat die dieper kant van die meisie leer ken, en uitvind waarom sy en Smiley, die outjie wat gedurig 'n nuwe blouoog het, sove...
Harry Griesel 4: Die zombie-ontvoerder
R 240.00
Otto en Emily het 'n nuwe onderwyser wat baie vreemd optree en gedurig vrae vra oor Otto se vermiste oom Archibald. Harry Griesel het ook probleme: iemand het 'n onwettige deurgang na Die Oorkant oopgesluit en nou krioel die stad van zombies! Die SBI moet dadelik uitvind wie die skuldige is en Otto en sy vrie...
Waar jakkalse huil
R 290.00
Waar jakkalse huil is ’n wetenskapsfiksieverhaal wat in die Klein-Karoo en Kaapstad afspeel. Die agtienjarige Laela Nix se ouers word deur die gevreesde Genmodregering vermoor. Sy slaan op die vlug en beland op die plaas Swartfontein, ’n insekteelstasie. Sy leer die bestuurder van die plaas, Finian, en sy twe...
Harry Griesel 2: Die spookplaag
R 240.00
Daar is 'n spookplaag in die dorp! 'n Hele klomp kinders in Otto se skool word skielik deur spoke geterroriseer en 'n oorlede Spaanse bulvegter wil by Otto se tante intrek. Maar drie huisspoke en 'n pratende vlermuis is klaar genoeg - Otto het beslis nie nog 'n huismaat nodig nie. Waar kom al die spoke vandaan? En hoe...
Branderjaer
R 250.00
Deidre Anker se lewe is veilig, onder beheer. Daar is ’n plan vir haar toekoms. Sy het egter nie op Louw Swanepoel gebargain nie. Louw is een van dáárdie ouens. Die ou met die looks, met die guns van die onderwysers. Die ou wat homself in stormwaters sal gooi vir ’n gevaarlike brander of selfs teen ’n krans sal...
Mieke 3: Weerlig oor Mtwana
R 205.00
Dis al Maart. Mieke het nog nie met Fen gepraat vandat hy koshuis toe is nie. Hy bel nie, kom nie naweke huis toe nie. Op Mtwana hang daar 'n skadu van onsekerheid. Die Phiri-bende is oorkant die rivier aktief. Hulle teiken hoofsaaklik olifante. Mieke sit haar voet neer en bel vir Fen by die koshuis. 'n Boelie gr...
Harry Griesel 1: Operasie spook-redding
R 225.00
Otto woon in 'n regte spookhuis en het 'n pratende vlermuis as troeteldier. Nietemin is hy geskok om 'n Grieselgryper in sy buurman se tuin te ontdek. Maar Harry is glad nie so grieselrig soos hy lyk nie en eintlik 'n baie gawe kêrel. Wanneer Otto se huisspoke ontvoer word, vertrek hulle saam op 'n avontuur om hulle te g...
Kreatiewe Kuns met Toiletrolle (Boek 1)
R 100.00
Met hierdie aktiwiteitsboek kan kinders kunsaktiwiteite doen met slegs leë toiletrolle! Die boek sluit elemente in om uit te knip asook plakkers om allerhande kleurvolle diere te maak. Kinders kan ook fyn motoriese vaardighede op hierdie manier ontwikkel. Dit is perfek om klein handjies by die huis en skool besig te hou!
Kreatiewe Kuns met Toiletrolle (Boek 2)
R 100.00
Met hierdie aktiwiteitsboek kan kinders kunsaktiwiteite doen met slegs leë toiletrolle! Die boek sluit elemente in om uit te knip asook plakkers om allerhande kleurvolle diere te maak. Kinders kan ook fyn motoriese vaardighede op hierdie manier ontwikkel. Dit is perfek om klein handjies by die huis en skool besig te hou!
Doendinge vir elke dag van die jaar (Fanie Viljoen)
R 150.00
Vir die kind wat altyd iets soek om te doen – maar nie weet wat nie! Die boek het soveel oulike idees – jou kop sal BARS! Kunsprojekte, inkleuraktiwiteite, wetenskapeksperimente, sport, speletjies en meer! Met 366 dinge om te doen (plus bonusaktiwiteite soos Kerskaartjies maak) sal kinders nooit weer die gevreesde woorde: “Ek is verveeeeeld!” sê...
Klein Kook en Geniet
R 340.00
'n Eg Suid-Afrikaanse kookboek vir beginners van alle ouderdom. Kook & geniet se kleinsus is terug! Propvol staatmakerresepte, spesiaal uitgesoek en getoets deur Eunice van der Berg. Die meer as 55 resepte sluit als in van ou gunstelinge soos hamburgers, tjips en pizza tot 'n verskeidenheid soetgoed. Elke resep word stap-vir-stap verduideli...