Kinders
Jaco Jacobs se groot klop-klop-grappieboek
R 150.00
Die GROOTSTE versameling KLOP-KLOP-grappe NOG OOIT IN AFRIKAANS! Hierdie boek sal vir jou en jou maats maagpyn gee van die lag! Boonop bevat die boek prettige illustrasies. Dit is die perfekte aankoop om vir enige kind ure lank besig te hou! Klop-klop. Wie’s daar? Kamele. Kamele wie? Kamele hare, dis amper tyd vir skool.
Ek Lees! Krok en Dil: Waar is die Maan?
R 45.00
Om te leer lees is een van die grootste avonture wat op enige kind wag - en Krok en Dil is die perfekte maats om dié opwindende reis mee aan te pak! Dié nuwe leesreeks uit die pen van Jaco Jacobs stel kinders deur middel van prettige stories aan verskillende klanke bekend. Die reeks het ’n sterk strokiesprent-aanslag, met volop spraakborrels en ...
101 Jokes (8-in-1)
R 390.00
Lawwe grappies oor talle onderwerpe vir jou en jou vriende!Jaco Jacobs se 101 Grappe-reeks sal jou laat lê van die lag! Daar is grappe oor skool, vakansie, diere, goggas, spoke, sport en meer. Hierdie lawwe grappies waarborg ure se vermaak.Koop nou al 8 titels saam in een waarde-vir-geld bokspak – beskikbaar in Afrikaans en Engels!
101 Grappe (8-in-1)
R 390.00
Lawwe grappies oor talle onderwerpe vir jou en jou vriende!Jaco Jacobs se 101 Grappe-reeks sal jou laat lê van die lag! Daar is grappe oor skool, vakansie, diere, goggas, spoke, sport en meer. Hierdie lawwe grappies waarborg ure se vermaak.Koop nou al 8 titels saam in een waarde-vir-geld bokspak – beskikbaar in Afrikaans en Engels!
13 Spookstories
R 190.00
Glo jy in spoke? Is daar regtig allerlei bangmaakgoed wat in die nag rondloop? Maak dig toe die gordyne, klim in jou bed, trek die duvet styf om jou skouers... en laat die 13 stories in hierdie boek jou koue rillings gee!
Minki en haar maats (boek 2)
R 120.00
Minki se skool hou ’n dieredag. Sy en haar maats kan nie wag om soos hulle gunstelingdiere aan te trek nie. Almal weet Natalie is mal oor ponies. Maar Danika sê ponies is vervelig. Minki het ’n plan …
Minki en haar maats (boek 1)
R 120.00
Minki verjaar … en haar grootste wens word waar! Sy kry uiteindelik haar eie hondjie. Die babahondjie is baie oulik. Maar hoe gaan sy vir hom die perfekte naam kies?
Riek en Niek: N Draak op n Skaatsplank
R 120.00
Die skool hou ’n talentkompetisie … en die wenner gaan op TV verskyn! Riek en Niek kan nie wag om deel te neem nie. Riek gaan sy HEEL BESTE skaatsplanktoertjies doen. Niek gaan almal laat SKATER van die lag. Maar Nanja gaan ook deelneem – en sy is vasbeslote om te wen. Daarom maak sy ’n NARE PLAN om seker te maak Riek en Niek staan nie ’n kans n...
Riek en Niek: Superslak
R 120.00
Spoetniek is nie ’n gewone slak nie. Hy is GROTER as al die ander slakke in die skool se tuin. En VINNIGER ook. Riek en Niek laat hom resies jaag teen die ander slakke. Hy wen elke keer. Maar nare Nanja hou nie van slakke nie. Daarom kla sy by juffrou Burp … e … juffrou Burk … en kort voor lank is arme Spoetniek se lewe in gevaar! Kan Riek en Ni...
Krok en Dil se Rooi Rympieboek
R 45.00
Krok en Dil hou van rympies! Hierdie rooi rympieboek is propvol prettige rympies. Voer dit op! Leer dit uit jou kop! Of lees dit net vir die pret! Perfek vir voorlees en selflees.
Krok en Dil se Blou Alfabetboek
R 45.00
Krok en Dil het pret van A tot Z! Maak kennis met die letters van die alfabet in hierdie prettige, kleurvolle boek, perfek vir beginnerlesers.
Krok en Dil se Geel Woordsoekboek
R 45.00
Hierdie boek is propvol woorde - woorde net waar jy kyk! Help Krok en Dil om die woorde te soek. Dié woordsoekboek is nie vet pret nie, dit help kinders ook om hul woordeskat uit te brei, beter te spel en ure lank besig te bly!
Krok en Dil Vlak 3 Boek 4
R 45.00
Om te leer lees is een van die grootste avonture wat op enige kind wag - en Krok en Dil is die perfekte maats om dié opwindende reis mee aan te pak! Krok en Dil ontmoet n nuwe maat. Hy hou van lees, net soos Krok. Hy hou van kosmaak, net soos Krok. Hy kan vinnig ry en toertjies op sy skaatsplank doen. Gaan hy dalk Krok se nuwe beste maat word?
Krok en Dil Vlak 2 Boek 4
R 45.00
Om te leer lees is een van die grootste avonture wat op enige kind wag - en Krok en Dil is die perfekte maats om dié opwindende reis mee aan te pak! Dil wil graag reis. Hy wil op n boot seil, met n trein ry en die wereld sien. Maar Krok is nie lus vir reis nie. Hy wil by die huis bly.
Krok en Dil Vlak 3 Boek 2
R 45.00
Om te leer lees is een van die grootste avonture wat op enige kind wag - en Krok en Dil is die perfekte maats om dié opwindende reis mee aan te pak! Dil sien n gat in die grond. Die gat is groot en rond! Wat sal hy en Krok daarmee doen? Sal hulle daarin bad, n boom daarin plant... of dalk net loer war daarin is?
Krok en Dil Vlak 3 Boek 1
R 45.00
Om te leer lees is een van die grootste avonture wat op enige kind wag - en Krok en Dil is die perfekte maats om dié opwindende reis mee aan te pak! Krok lees n boek. Hy is nie vandag lus vir speel nie. Dil is verveeld. Wat kan hy doen? Dalk kan hy uitvind hoe dit voel om Krok te wees...