Kinders
Tags
- Everything in Kinders
- 13+
- Afrikaans
- Age 10 - 13
- Age 13+
- Age 6 - 10
- Age 6 - 8
- Age 8 - 10
- Aktiwiteit
- Aktiwiteitsboeke
- Children
- Christelik
- Educational
- Emosies
- English
- Fiksie
- Gedigte
- Graded Reading Level 3
- Graded Reading Level 4
- Grappe
- Jaco Jacobs
- Kinders
- Lapa
- Latest
- Nie-fiksie
- Non-Fiction
- On Sale
- Onder 6
- Opvoedkundig
- Picture Flats
- Rympies
- Skool Hulpmiddels
- Stalmaats
- Stokperdjie
- Stories met Lesse
- Under 6
- Volwasse
Zinzi en Saffraan (4): Katjievlinders en Ys
R 140.00
'n Groot sneeustorm veroorsaak baie moeilikheid vir die magiese diere wat in die woud bly in die vierde boek van die Zinzi en Saffraan-reeks. Zinzi en Saffraan probeer om die eiers van 'n katjievlinder te red, maar begaan 'n fout. Voordat die diertjies uitbroei, moet Zinzi en Saffraan hulle fout probeer regstel.
Zinzi en Saffraan (3): Meerperdjies en Borrels
R 140.00
In die derde boek van hierdie reeks ontdek Zinzi en Saffraan dat die meerperdjies wat in die stroom woon in groot gevaar is. Die twee maats moet vinnig aan 'n plan dink om die stroom en die diere wat daarbinne woon, te help.
Zinzi en Saffraan (2): Monsters en Muf
R 140.00
Die skuur in Zinzi en Saffraan se agterplaas is 'n veilige hawe vir beseerde, magiese diere. In die tweede boek in die reeks het Gorp, 'n bosmonster, hulp nodig. Gorp kry 'n bietjie skaam oor sy probleem, maar Zinzi verseker hom dat sy vinnig kan help. Wanneer Zinzi se eerste paar oplossings egter nie vir Gorp help nie, huil hy lang trane. Zinz...
Webslim: Hoe om aanlyn veilig te Bly
R 170.00
Word www.webslim.co.za. Kom ontdek die wonders van die internet saam met Anzil en Chris, en leer hoe om veilig te wees terwyl jy die web verken. Of jy nou veilig wil bly op sosiale media, jou slimfoon of e-pos wil gebruik sonder om nare verrassings af te laai, of deur kuberboelies lastig geval word, hierdie boek is ’n briljante gids vir jou lewe...
Monster Pizza
R 150.00
Zia se pa se werk is om pizza af te lewer. Vanaand gaan Zia vir die heel eerste keer saam met hom op sy bromponie ry. Maar as ’n mens pizza aflewer, kan jy vreemde mense ontmoet … en baie vreemde dinge kan gebeur!
Diere onder die Son: Aktiwiteitsboek 4
R 40.00
Diere onder die son is 'n heerlike aktiwiteitsboekie, saamgestel uit Vrouekeur se gewilde weeklikse kinderbladsy. Vian Oeloefsen is die skepper van hierdie vindingryke aktiwiteite met prettige dierekarakters.
Zane en Zenobia: Lees en Inkleurboek
R 20.00
Zane en Zenobia is 'n prettige, bekostigbare lees-en-inkleurboek vir kleuters. Woorde wat deur sketse vervang is, maak die kleuter deel van die leesproses en die oulike prentjies om in te kleur, help om kleuters besig te hou.
Rondomtalie: Rympies en Liedjies (Boek + CD)
R 210.00
Maak gereed vir hope kleuterpret in hierdie pragboek met ’n CD by! Wat kry jy wanneer drie van die land se talentvolste kunstenaars kragte saamspan en ’n kleuterboek die lig laat sien? Hope pret, natuurlik! In Rondomtalie verskyn ’n prettige keur uit die gewilde en bekroonde kinderrympie-koning Jaco Jacobs se kleuterversies, pragtig deur die ta...
Rugby
R 170.00
Hierdie volledige eenstopgids vir rugby is volgepak met alles wat jy moet weet: van die Sesnasies- tot die Rugbywêreldbeker-toernooi. Die boek is propvol warm wenke, prettige feite en beroemde gesigte. Rugby is ’n moet-hê gids vir enige jong rugbyondersteuner en is die perfekte strydgenoot vir die opkomende Wêreldbeker.
Lulu: Oe la la, Lulu
R 145.00
Vergeet van wiskunde en skoolwerk! Lulu wil 'n modeontwerper word. Nes haar pa en ma. Niks maak haar gelukkiger as om fantastiese ontwerpe in haar tekenboek te skets nie. Eendag gaan haar klere nog op die loopplanke van Parys en Milaan pryk – wag maar!
Dans, Jenna!
R 135.00
Jenna is versot op dans. Die afgelope paar weke kan sy voel haar dansskoene is amper te klein, maar sy het nie die moed om haar ma vir nuwe skoene te vra nie. As ’n mens se pa oorlede is en jou ma twee werke doen net om kop bo water te hou, is balletklasse eintlik ’n onbetaalbare luukse. Om vir nuwe skoene te wens is so goed soos dagdromery. Sy...
Nog 13 Spookstories
R 210.00
Het jy senuwees van staal? Is jy nie bang om laatnag alleen in die bed te le en lees terwyl die wind buite waai en die takke teen jou ruite krap nie? Skrik jy nie vir stories oor gedaantes wat snags in die donker rondsluip nie? Dan is hierdie net die boek vir jou! Hierdie splinternuwe versameling bevat nog 13 verhale wat jou bloed yskoud sal laa...
Nova Omnibus 1 (3-in-1)
R 250.00
By die Nova-weermagbasis word geheime weggesteek. Gevaarlike geheime. Iets is nie pluis op die weermagdorp Nova nie. Nadat Lucas een aand vreemde ligte in die naghemel gewaar, begin hy allerlei geheime oopkrap. Geheime oor besoekers uit die buitenste ruimte. Geheime waarby nie net Lucas nie, maar ook sy beste vriende en selfs sy gesin betrokke ...
Oupa se Medalje
R 100.00
Marko se oupa is die dapperste mens wat hy ken – hy het selfs ’n medalje om dit te bewys! Saam gaan hulle op allerhande avonture soos ruimtereise en wilde jagtogte – sonder om eers die huis te verlaat! Maar toe Oupa alleen op sy laaste avontuur moet gaan is dit Marko se beurt om dapper te wees. Maar Oupa het vir hom ’n baie spesiale verrassing a...
In Opleiding: Brandbestryder
R 170.00
Brandbestryder in opleiding bevat brokkies inligting oor brandveiligheid en sal jou alles leer van die belangrike werk wat brandbestryders doen. Deel van die In opleiding-reeks met oorgenoeg nuttige inligting en interessante feite oor die lewens van verskillende beroepsmense. Hierdie boeke sal jong lesers leer hoe om diere te versorg, hoe om ‘...
In Opleiding: Atleet
R 170.00
Atleet in opleiding bevat alles wat jong lesers moet weet oor hoe om ’n atleet, sportman of sportvrou te wees. Kinders kan meer leer oor hoe om ’n topatleet te wees en ’n prettige toets doen om te sien in watse sportsoort hulle die beste sal presteer. Deel van die In opleiding-reeks met oorgenoeg nuttige inligting en interessante feite oor die ...