- Home
- diskontobooks
- Afrikaans
diskontobooks

Grilgrypers 4: Die meisie in die maanlig
R 200.00
Babette se pa gaan oorsee en sy moet by die vreemde tannie Theodora op Rustfontein gaan bly. Sy voel gou tuis, veral toe sy die aantreklike Tiaan en tannie Theodora se oulike hondjie ontmoet. Sy kan boonop haar sangtalent uitleef in die plaaslike teater se musiekproduksie. Maar alles is nie pluis in die dorp nie. Dit het iets te doen met die g...

Grilgrypers 6: Geheim van die spookwerf
R 200.00
Vanessa se ouers was eens skatryk, maar wanneer haar pa alles verloor moet hulle trek na 'n piepklein huisie op 'n skrootwerf waar haar pa as bestuurder van 'n insleepwa gaan werk. Die motorongeluk waarin Vanessa betrokke was, spook steeds by haar. En al die gruwelike motorwrakke in die skrootwerf gee haar die horries. Wanneer sy die eienaard...

Groeipyne: Baba, Kleuter of Tiener - Hier is Raad! (RSG)
R 130.00
Om gelukkige kinders groot te maak, is nie ’n gelukskoot nie! Alle ouers wil goeie ouers wees wat hulle kinders op die regte manier grootmaak. Dit gebeur egter nie vanself of oornag nie. Dis harde werk en sal elke pa, ma, voog, ouma, oupa, meneer en juffrou soms teen die mure uitdryf. Maar dis die moeite werd. En jy hoef dit nie alleen aan te ...

Groen Vingers
R 125.00
Sasha is mal daaroor om eksperimente te doen. Haar oupa was immers ’n wereldbekende wetenskaplike. Soms loop Sasha se eksperimente nou wel ietwat skeef – maar dis deel van die pret! Toe sy op ’n dag ’n paar vreemde pitte in haar oupa se ou trommel ontdek, besluit sy om dit te plant. Eers lyk dit of niks gaan gebeur nie ... maar dan maak ’n monst...

Grom!
R 140.00
Party oggende voel Emma brommerig en grommerig. Sy is nie lus om op te staan nie. Sy is nie lus vir pap nie. Sy is nie lus om met haar boetie te speel nie. Een oggend toe Emma in die spieel kyk, sien sy iets baie vreemds. Sy het snorbaarde, haar hele lyf is vol kolle ... Haar neus wikkel en wriemel, haar vel kriewel en kielie, haar oe blits en h...

Groot Afrikaanse Heldeboek, Die
R 250.00
Hierdie bekende kultuurhistorikus se heldeboek bevat gunstelingverhale oor onder andere bekende helde soos Racheltjie de Beer, Shaka, Dirkie Uys, Wolraad Woltemade en Klara Majola. Dit is ’n hele paar jaar dat Grobbelaar al skrywende met die mense van sy land die heldepad loop – al die mense van sy land, omdat hy met opset nie net die heldedade ...

Groot Beer
R 80.00
Ek is lief vir jou, Groot Beer! Die eerste keer toe Lara vir Groot Beer sien, is op ’n skooluitstappie. Hy lyk nes haar teddie – net baie, baie groter. Groot Beer lyk hartseer. Daarom gesels Lara met hom. “Moenie hartseer wees nie,” sê sy sag vir hom. “Ek is hier.” Sy vertel vir hom hy is nie alleen nie. Sy sê vir hom hy hoef nie bekommerd te we...

Groot Boek van Spoke en Grille, Die
R 270.00
Is jy dapper genoeg om hierdie boek oop te maak? Wat gebeur as jy te lank in Dina se donker oë staar? Wat is fout met juffrou Kupido - en watter nare geheim steek sy in haar pousekosblik weg? Wat sal gebeur as 'n vampier en 'n zombie een nag kennis maak? Dis groot. Dis gruwelik. Dit gaan jou hoendervleis gee. Dis die lekkerste versameling gril...

Groot Boek Vir Kleingoed, Die
R 100.00
Die groot boek vir kleingoed is propvol bekende en gunstelingdinge uit 'n kleuter se ervaringswereld. Die prente is kleurvol en vrolik en maak dit maklik en lekker om te leer van eerste woorde en konsepte, teenoorgesteldes, syfers, vorms, gevoelens, maniere en nog baie meer. Die aktiwiteite en speletjies sorg ook dat ouers en kinders die boek sa...

Groot Jaco Jacobs Pretboek
R 200.00
An activity book with 160 pages packed full of tricky tongue twisters, silly rhymes, word search blocks, laughter-inducing questions, jokes, riddles, ideas for pranks, a funny story, and much more! Whether in the classroom, in the car, or at home – every page of this book is crammed with fun things to do, discover, search, and say.

Groot Jaco Jacobs-Storieboek, Die
R 260.00
Vyf fantastiese Jaco Jacobs-boeke in een omnibus! Vir die eerste keer word vyf van Jaco Jacobs se gewilde kinderverhale saam in een waarde-vir-geld omnibus aangebied! Geniet hierdie fantastiese verhale oor onbeskofte feetjies, 'n geheimsinnige meermin, 'n superheld-boetie, 'n baie stink poets en 'n klomp raserige dinosourusse! Pasop vir die ...

Groot Katte
R 80.00
Vertrek op 'n opwindende safari en leer ken die konings van die oerwoud. Sien sluipende luiperds, skugter poemas en blitsige jagluiperds in aksie. Kyk hoe 'n jaguar sy prooi bekruip, soek saam na die seldsame Bengaalse tier en ontmoet die koning van die diere, die magtige leeu. Toets jou kennis en geniet agt bladsye vol prettige aktiwiteite!

Groot Poefwedstryd, Die
R 160.00
Koning Kuttel het 'n bietjie bly vassteek in sy piepie- en poeffase. Elke jaar laat kom hy sy minister van Binnelandse Poefsake om die Groot Poefwedstryd te organiseer. Vanaf sy kasteel se balkom sien Koning Kuttel dan 'n optog van verriklike poefkunswerke voor hom verbykom. Wie se naam gaan die koninklike kneg hierdie jaar uitbeitel in die gede...

Groot Storie, Die
R 200.00
God se Woord is ons lewensbrood, maar vir die jonger geslag kan dit uitdagend wees om die Bybel te bestudeer. Die formele ou styl van aanbieding steel dikwels die varsheid van dié "brood". Die groot storie is anders: Dit is ’n handleiding gerig op tieners met ’n vars, moderne aanslag. Dit bied tieners ’n meer verstaanbare grondslag vir hul gelo...

Groot Tandeborseldag in die Dieretuin
R 100.00
Die dieretuin is in die knyp - daar hang 'n slegte reuk in die lug. Niemand borsel meer hul tande nie! Gelukkig kom Oom Alfie, die dieretuinbaas, met 'n blink plan tot die redding. Hy stuur Natie Peperment Krimpvarkie, met 'n klomp tandepasta op sy rug, op 'n waaghalsige tog. Van groot slagtande tot rye lemmetjieskerp tande - Natie moet almal sk...

Groot tree: Ek gaan kleuterskool toe
R 160.00
Hierdie reeks boekies is ontwerp met die doel om ouers en hul kleuters te help om nuwe ervaringe en alledaagse dinge soos slaaptyd, kleuterskool, doktersbesoeke en goeie maniere op ‘n lekker manier onder die knie te kry. Speel saam met al die flappies en meganismes! Hierdie reeks bevat verskeie nuttige wenke vir ouers en versorgers wat saam met ...