- Home
- Volwasse: Kookboeke
- Aleit Apteit
Aleit Apteit
AleitApteit is ’n boek gevul met stories van die geliefde Aleit Swanepoel. Kom reis en kook saam met hom met ongeveer 50 resepte uit sy pen. Die Sondagaand voor Aleit se afsterwe was hy volstoom aan die gang, besig om onder meer sy alombekende lamsboud gaar te maak.
Die bestanddele is gekoop en die span was reg vir ’n week van kosmaak. Kom beleef saam die nostalgie, sy spesiale menswees en die heerlike kos wat hy nie net smullekker kon maak nie, maar ook mooi kon laat lyk: die ‘Aleit-Way’. Deel sy hartskos – veral sy Sondagmiddagetes in sy ouerhuis, net soos sy ma dit gemaak het. Dit was spesiaal vir hom, en hy wou dit graag oordra en met sy mense deel. Hy het aande gesit en skryf, en dit dan baie opgewonde aan sy span gestuur en gesê: “Julle! Ek het nog ’n storie!!” AleitApteit is ’n hoofstuk van sy nalatenskap en ’n manier waarop hy vir altyd in mense se hart, kombuis en lewe kan voortleef. Dit is ’n pragkookboek, maar ook een wat deel van jou kombuis se bestanddele moet uitmaak – gevul met bekende hartskos en bypassende stories geskryf deur ’n legende.
Related Products
Volgehoue Energie vir Kinders
Volgehoue Energie vir Kinders
R 80.00
Kinders benodig spesifieke voedingstowwe om te voldoen aan die daaglikse vereistes van die lewe, om behoorlik te groei en te ontwikkel en om gesonde, produktiewe grootmense te word. Volgehoue energie vir kinders bied smaaklike, voedsame resepte en riglyne om jou kinders gesonde eetgewoontes aan te leer. Die wye verskeidenheid resepte bevat tipie...
Beste van Eet vir Volgehoue Energie
Beste van Eet vir Volgehoue Energie
R 120.00
Gabi en Liesbet het die beste en gewildste resepte uit die Eet vir Volgehoue Energie reeks wat 4 titels insluit saamgestel vir elke dag se lekker eet. Die gesinsvriendelike resepte sluit lae-GI-weergawes in van gewilde geregte soos Lamsbrijani, ontbytmuffins en selfs kaaskoek – en bewys dat gesonde kos ook smulkos kan wees. Die volledige inleid...
Kook Met Blikkies en Pakkies
Kook Met Blikkies en Pakkies
R 120.00
Die topverkoper Kook met blikkies en pakkies het in 1997 vir die eerste keer verskyn. Vandag is dié gewilde staatmaker terug, volledig hersien en met ’n splinternuwe verpakking. ’n Kookboek spesiaal geskryf vir besige ma’s, haastige kokke en almal wat soms desperaat wonder wat om met die inhoud van hul kos- en yskas aan te vang! Vindingryke rese...
Soet en Sout Gebak vir Volgehoue Energie 1
R 80.00
Gabi Steenkamp en Jeske Wellmann, die twee uiters bekwame dieetkundiges wat ook die medeskrywers was van Volgehoue energie vir kinders, plaas met Soet en Sout vir volgehoue energie die langverwagte kersie op die koek van enige partytjieboekversameling.
Huisgenoot Top 500 Wenresepte 2
Huisgenoot Top 500 Wenresepte 2
R 120.00
This second compilation in the hugely successful YHuisgenoot Top 500 Wenresepte series contains the best recipes from the Huisgenoot kitchen from the last seven years. With its nearly 600 recipes, the book offers 60 pages more than the first Top 500. The addition of hints and variations also adds value and turns it into an essential kitchen refe...
Een Pot, Pan, Bakplaat
Een Pot, Pan, Bakplaat
R 120.00
Callie en Mari-Louis maak jou lewe makliker met maaltye in een pot, braai- of oondpan – spaar elektrisiteit en arbeid met boonop die minimum skottelgoed. Heerlike en moeite-vrye resepte vir bees-, hoender- of varkvleis, asook wors, spekvleis en ham, frikkadelle en selfs vleislose geregte. Elk met ’n stysel en groente om ’n volledige maaltyd te m...
Volgehoue Energie vir Glutenvrye Eters
R 120.00
Volgehoue Energie Vir Glutenvrye Eters is die resultaat van die samewerking tussen een van Suid-Afrika se voorste dieetkundiges, Liesbet Delport, en haar voormalige pasiënt Sharon Alderson. Sharon moes herstel van ernstige siekte en sy en Liesbet het ’n reeks gesonde, lekker, lae GI glutenvrye resepte ontwikkel as ’n alternatief tot die gewoonl...
Huisgenoot Smulkos
Huisgenoot Smulkos
R 120.00
Lus vir lekker eet? Dus presies waarna jy kan uitsien met die smulresepte in dié boek. Met die eerste oogopslag sien jy ou bekendes: worsies, hoender, mieliebrood, vlakoekies ... Maar Huisgenoot-lesers wat Esther Malan se weeklikse resepte ken, weet dat daar niks alledaags aan dié slim kok se disse is nie. Maak jou gereed vir worsies in uie-b...
Onthaal op Groot Skaal
Onthaal op Groot Skaal
R 150.00
Hoe meer siele, hoe meer vreugde! Hierdie boek is vir elkeen wat al vir 12 mense of meer moes kosmaak. Onthaal word maklik met wonderlike disse wat jy sonder groot moeite op skaal kan voorberei. Bestanddele word gebruikersvriendelik in tabelle ingedeel van 12, 25 en 50 porsies. Daar is ook ’n spesiale hoofstuk vir spyseniering by skool- of sport...
Kokkedoor 2: Versamelresepte
Kokkedoor 2: Versamelresepte
R 120.00
Die tweede boek van die uiters gewilde realiteits televisie-reeks Kokkedoor. Dié kookboek bevat die watertand-resepte van die reeks, en daar word al te lekker agter die skerms gekuier. Hierdie boek sluit ook die resepte van die beoordeldaars in, asook die resepte van bekende kospersoonlikhede wat op die Kokkedoorstel ingeloer het. Leer die deeln...
Rooi Rose: Kuierkos
Rooi Rose: Kuierkos
R 120.00
In Kuierkos kuier ons saam met ons hartsmense – familie en vriende. Ons hou familiefeeste en vier Moedersdag en hou ’n fyn tee vir ouma, want so word ons herinner aan waar ons vandaan kom. Kuier saam met vriende is ook hoog op die prioriteitslys te wees, want wat is nou lekkerder as om in die winter ’n sop-opskop te hou, in die somer te braai of...
Koffiebeker-koeke
Koffiebeker-koeke
R 70.00
Waarvoor wag jy? Bak sommer vandag nog 'n heerlike koffiebekerkoek!