Volwasse
Nog maklike soet happies vir kinders
R 70.00
Elke hoofstuk in Nog Maklike soet happies vir kinders bevat 'n ander partytjietema, insluitende treine, monsters, skape, skoenlappers, bye, superhelde, lappoppe en dinosourusse. Elke hoofstuk in Nog Maklike soet happies vir kinders bevat 'n ander partytjietema, insluitende treine, monsters, skape, skoenlappers, bye, superhelde, lappoppe en dinos...
Maaltye: Maklike geregte vir elke geleentheid
R 435.00
Die bereiding van lekker en voedsame maaltye vir die gesin is gewoonlik hoog op die lys van uitdagings wat ons elke dag die hoof moet bied. In Maaltye – maklike geregte vir elke dag kan jy slim oplossings kry vir middagetes, aandetes en onthaalmaaltye wat jou familie en vriende sal geniet en weer voor sal vra. Geïnspireer deur mense wat gr...
Aleit Apteit
R 380.00
AleitApteit is ’n boek gevul met stories van die geliefde Aleit Swanepoel. Kom reis en kook saam met hom met ongeveer 50 resepte uit sy pen. Die Sondagaand voor Aleit se afsterwe was hy volstoom aan die gang, besig om onder meer sy alombekende lamsboud gaar te maak. Die bestanddele is gekoop en die span was reg vir ’n week van kosmaak. Kom bele...
Low Carb is Lekker Twee
R 340.00
Om laekoolhidraat-maaltye voor te berei hoef nie vervelig of saai te wees nie. Inè Reynierse, outeur van die topverkoper ‘Low-carb’ is lekker, bring alledaagse disse weer terug na die laekoolhidraat-hoëvet-spyskaart. Met haar unieke deegresepte kan jy nou brood, muffins, oliebolle, nachos, pizza, vetkoek en selfs koeksisters geniet, maar sonder ...
Low Carb is Lekker
R 340.00
Low carb is Lekker is die skepping van Inè Reynierse, wie se missie was om die voordele wat ’n lae-koolhidraatleefstyl het, haalbaar en bekostigbaar vir vriende en familie te maak. Haar ‘lae-koolhidraat’-weergawes van Suid-Afrika se mees gewilde en geliefde resepte het vinnig opslae in sosiale netwerke gemaak en sy het besef dat daar werklik ...
Huisgenoot Smulkos
R 120.00
Lus vir lekker eet? Dus presies waarna jy kan uitsien met die smulresepte in dié boek. Met die eerste oogopslag sien jy ou bekendes: worsies, hoender, mieliebrood, vlakoekies ... Maar Huisgenoot-lesers wat Esther Malan se weeklikse resepte ken, weet dat daar niks alledaags aan dié slim kok se disse is nie. Maak jou gereed vir worsies in uie-b...
Soetgoed
R 40.00
In Soetgoed bring Marlene van der Westhuizen bekende Kaapse staatmakers en heerlike ouwereldse smake uit die Franse platteland bymekaar. Die boek bevat net meer as 60 resepte vir nagereg wat ingedeel is volgens die seisoene. Hou die familie gelukkig met Griet se neuterige piesangbrood en Ouma Mollie se lemoenpoeding, of beindruk jou vriende met ...
Tydlose Eenskotteltreffers
R 120.00
Na die wegholsukses van haar vroeere kookboeke het die skrywer nou saam met haar dogter resepte vir smaaklike eenskottelmaaltye geskep. Hierdie versameling van tydlose en kontemporere resepte sal onmisbaar wees in elke huis en jou inspireer om nuwe idees op die proef te stel om jou spyskaart uit te brei. Die geregte is maklik om gaar te maak en...
Suid-Afrikaanse Lugbraaier Kookboek, Die
R 360.00
Die lugbraaier is ’n veelsydige kombuistoestel wat toenemend gewild raak. Baie mense gebruik lugbraaiers net om voorafbereide kos soos krummellaaghoender of bevrore vis en aartappelskyfies gaar te maak, maar dit kan ook vir talle uithalergeregte, selfs gebak, ingespan word. Die boek fokus op ou bekende gunstelinge soos malvapoeding, bobotie, app...
Partytjies Is Pret 2
R 60.00
Deesdae behels ’n kinderpartytjie meer as net koek bak en ballonne opblaas. Jy stort baie tyd, liefde en geld in om dié dag ekstra spesiaal vir jou kind te maak. Maar vir baie ma’s is die blote gedagte aan die reëlings en voorbereiding vir die partytjie vreesaanjaend. Gelukkig wys Partytjies is pret 2 jou hoe maklik dit is om ’n partytjie te h...
Mariana se vier seisoene: Kos Uit Die Tuin Vir Die Tafel
R 160.00
Op die agterstoep van Marianas eet 'n mens happie vir happie met 'n uitsig op die plek waar jou maaltyd gebore is - nou word dié lekkerte in 'n boek omskep. In 2000 het Mariana Esterhuizen en haar man Peter op die pragtige klein dorpie Stanford 'n restaurant - Marianas - oopgemaak. Sedertdien het dié restaurant een van die land se top-eetplekke...
Martelize Kook! Jy's genooi - Kookboek (RSG)
R 120.00
RSG-omroeper en glanspersoonlikheid Martelize Brink bring vir jou die heerlikste kuierdisse. Die versameling van meer as 80 resepte strek van brode, uithanghappies, vis en seekos en watertandhoofdisse met vleis, wild en hoender, tot by die maaltye wat sy graag na 'n lang werkdag in haar warm kombuis geniet. Die geregte is uniek, smaaklik en suiw...
Suid-Afrikaanse Melktert Versameling, Die
R 120.00
Daar is ’n melktert vir elke okkasie en na elkeen se smaak: met ’n skilferkors-kraag, krummelrige broskors, koekiekrummelkors of sonder kors; gegeur met kaneel, naartjieskil, perskeblare, neutmuskaat of vanielje, amandel, karamel, sitrusskil of kardemom; gebruik as ’n tert (gebak of ongebak), nagereg, skommeldrankie, “shooter”, melkskommel of as...
Suid-Afrikaanse lugbraaier kookboek 2, Die
R 370.00
Topverkoperskrywer Louisa Holst weet wat die lugbraaiermark wil hê en het weer plaaslike geure na vore gebring! Resepte sluit in springbokkie-kaaskoek, brandewyn-en-coke-hoendervlerkies, snoek- en appelkoosfilo-samosas, en 'n visvinger-Gatsby vir die honger kinders wat hulle self kan opslaan. Peri-peri-hoenderpastei, gammon (ja – dit kan in die ...