Products
Goue lint-stories: Die mooiste verhale van Andersen
R 245.00
Hierdie wonderlike boek met 13 tydlose verhale, pragtige illustrasies en onvergeetlike karakters stel kinders bekend aan die betowerende wêreld van Christian Andersen.
Goue lint-stories: Die mooiste verhale van die Grimm-broers
R 245.00
Hierdie wonderlike boek met 15 tydlose verhale, pragtige illustrasies en onvergeetlike karakters stel kinders bekend aan die betowerende wêreld van die Broers Grimm.
Grap Gat
R 190.00
Verbeel jou ’n wêreld waar niks meer snaaks is nie ... Niemand lag nie. Daar is geen grappies nie, geen humor nie, niks. Net vervelige gesprekke en suur, ernstige mense. Dis ’n probleem. Veral as jy ’n grapkas is soos Jakes. Maar wat steel mense se humor? Of eerder, wie steel dit? Beste vriende Jakes, Bekka en Albert vermoed die superslinkse en ...
Grappe van A - Z
R 210.00
Wat is rooi, stroopsoet en gevaarlik? Aarbei-en-skerpioenkonfyt. Hoekom ry die ryk blondine 'n BMW? Dit is al wat sy kan spel. Hoekom het gorillas groot neusgate? Want hulle vingers is so groot. 'n Bielie van 'n lekker lawwe lagboek met grappies van A tot Z en supersnaakse SMS'e.
Great Book of Sudoku
R 230.00
This bumper collection filled with more than 900 sudoku puzzles is the ultimate treat for any fan of the popular number-placement puzzle. Packed with puzzles over various difficult levels, this collection is sure to keep you entertained for hours.
Grilgrypers 1: Vloek van Vreesbaai
R 185.00
Nie lank nadat die dertienjarige Miek saam met sy ouers in Vreesbaai kom woon nie, begin vreemde dinge gebeur. Nie net is die kusdorpie permanent toe onder digte mis nie, maar Miek word skielik gedurig gekonfronteer met sy grootste vrees: 'n monsteragtige, woedende hond. Gou lyk dit ook asof sy nuwe vriende by die skool elkeen ook 'n geheim met...
Grilgrypers 2: Web van die Mummie
R 185.00
Pippa kry nog altyd nagmerries oor haar grootste vrees: spinnekoppe. Net voordat sy hulle plaas, Moordkuil, in die karoo verlaat om ’n nuwe skooljaar in ’n koshuis in die Paarl te begin, word die gemummifiseerde liggaam van ’n meisie in ’n bergskeur op die plaas ontdek. Is dit die liggaam van haar pa se vermiste suster? Tot Pippa se skok, is ha...
Grilgrypers 3: Kamp vir monsters
R 185.00 R 215.00
Volgens Clayton se pa en sy nuwe verloofde is hy 'n probleemkind. Hy word na 'n eksklusiewe rehabilitasiekamp vir tieners gestuur, maar dis nie net die streng sekuriteit en geheimsinnige personeel wat aandui iets is nie pluis nie. Clayton is vreesbevange vir die digte bome wat die kamp omring en snags sluip vreemde gediertes in die woud rond. E...
Grilgrypers 4: Die meisie in die maanlig
R 185.00
Babette se pa gaan oorsee en sy moet by die vreemde tannie Theodora op Rustfontein gaan bly. Sy voel gou tuis, veral toe sy die aantreklike Tiaan en tannie Theodora se oulike hondjie ontmoet. Sy kan boonop haar sangtalent uitleef in die plaaslike teater se musiekproduksie. Maar alles is nie pluis in die dorp nie. Dit het iets te doen met die ges...
Grilgrypers 6: Geheim van die spookwerf
R 185.00
Vanessa se ouers was eens skatryk, maar wanneer haar pa alles verloor moet hulle trek na 'n piepklein huisie op 'n skrootwerf waar haar pa as bestuurder van 'n insleepwa gaan werk. Die motorongeluk waarin Vanessa betrokke was, spook steeds by haar. En al die gruwelike motorwrakke in die skrootwerf gee haar die horries. Wanneer sy die eienaard...
Groen Vingers
R 125.00
Sasha is mal daaroor om eksperimente te doen. Haar oupa was immers ’n wereldbekende wetenskaplike. Soms loop Sasha se eksperimente nou wel ietwat skeef – maar dis deel van die pret! Toe sy op ’n dag ’n paar vreemde pitte in haar oupa se ou trommel ontdek, besluit sy om dit te plant. Eers lyk dit of niks gaan gebeur nie ... maar dan maak ’n monst...
Grom!
R 140.00
Party oggende voel Emma brommerig en grommerig. Sy is nie lus om op te staan nie. Sy is nie lus vir pap nie. Sy is nie lus om met haar boetie te speel nie. Een oggend toe Emma in die spieel kyk, sien sy iets baie vreemds. Sy het snorbaarde, haar hele lyf is vol kolle ... Haar neus wikkel en wriemel, haar vel kriewel en kielie, haar oe blits en h...
Groot Afrikaanse Heldeboek, Die
R 250.00
Hierdie bekende kultuurhistorikus se heldeboek bevat gunstelingverhale oor onder andere bekende helde soos Racheltjie de Beer, Shaka, Dirkie Uys, Wolraad Woltemade en Klara Majola. Dit is ’n hele paar jaar dat Grobbelaar al skrywende met die mense van sy land die heldepad loop – al die mense van sy land, omdat hy met opset nie net die heldedade ...
Groot Beer
R 80.00
Ek is lief vir jou, Groot Beer! Die eerste keer toe Lara vir Groot Beer sien, is op ’n skooluitstappie. Hy lyk nes haar teddie – net baie, baie groter. Groot Beer lyk hartseer. Daarom gesels Lara met hom. “Moenie hartseer wees nie,” sê sy sag vir hom. “Ek is hier.” Sy vertel vir hom hy is nie alleen nie. Sy sê vir hom hy hoef nie bekommerd te we...
Groot Boek van Spoke en Grille, Die
R 270.00
Is jy dapper genoeg om hierdie boek oop te maak? Wat gebeur as jy te lank in Dina se donker oë staar? Wat is fout met juffrou Kupido - en watter nare geheim steek sy in haar pousekosblik weg? Wat sal gebeur as 'n vampier en 'n zombie een nag kennis maak? Dis groot. Dis gruwelik. Dit gaan jou hoendervleis gee. Dis die lekkerste versameling gril...
Groot Boek Vir Kleingoed, Die
R 100.00
Die groot boek vir kleingoed is propvol bekende en gunstelingdinge uit 'n kleuter se ervaringswereld. Die prente is kleurvol en vrolik en maak dit maklik en lekker om te leer van eerste woorde en konsepte, teenoorgesteldes, syfers, vorms, gevoelens, maniere en nog baie meer. Die aktiwiteite en speletjies sorg ook dat ouers en kinders die boek sa...