Products
Gevaarlike Lopies / Duskant die Doodlyn: 2 in 1
R 220.00
Fantastiese nuus vir jong sportliefhebbers! Vir die eerste keer verskyn twee van Jaco Jacobs se supergewilde sportstories saam in een omnibus! In Gevaarlike lopies kan Henk nie wag vir die kriekettoer om te begin nie. Wat kan nou lekkerder wees as om saam met jou vriende die land plat te toer en die een krieketwedstryd ná die ander te speel! Maa...
Glam Divas Omnibus
R 290.00
Stylvol en swierig: Talia, Didi en Lienka begin ’n stylagentskap om mode-advies uit te deel en partytjies te hou in hulle graad 10-jaar. Terselfdertyd moet hulle die populêre meisies hanteer en hulle liefdeslewens uitsorteer!
Glam Divas: Didi
R 70.00
Didi, Lienka en Talia is al van kleuterskooldae af beste vriendinne. Saam is hulle die Glam-divas, 'n funky agentskap wat partytjies reel, fantastiese klere ontwerp en modewenke gee. Toe Didi voorspel dat die tweede kwartaal vervelig gaan wees, het sy geen benul hoeveel drama die komende Meidans gaan oplewer nie. Wat is Hlomla Khuni se storie? ...
Goeiedag vir Boomklim, 'n
R 240.00
Marnus is moeg daarvoor om in sy twee broers se skadu te leef. Maar toe ’n meisie genaamd Leila hom een oggend vra om ’n petisie teken, is dit die begin van ’n onverwagse avontuur. Marnus beland saam met Leila bo in ’n boom in ’n desperate poging om te keer dat dit afgekap word. En uiteindelik kry Marnus ’n kans om raakgesien te word…
Goggas
R 80.00
Maak gereed vir ’n wereld van ontdekking en vind meer uit oor insekte en ander goggas. Hierdie fantastiese boek verken allerlei goggas, van ’n insek wat soos ’n stok lyk tot ’n skoenlapper wat met sy pote proe! Van mierleeus wat in die woestynsand wegkruip tot besige bye – daar is allerlei interessante goggas wat wag om ontdek te word. Ontmoet...
Gom vir jou stukkende wêreld
R 190.00
Met dekades se ervaring in die geestelike- en jeugbediening en 'n hele paar jeugverhale agter sy naam skryf Jan Vermeulen hierdie insiggewende, Bybelse gids vir tieners. GOM vir jou stukkende wêreld bevat 5 belangrike Bybelse waarhede wat tieners kan bekwaam om: Die kernboodskap van die Bybel beter te verstaan. Antwoorde op hul geestelike ...
Grappe van A - Z
R 210.00
Wat is rooi, stroopsoet en gevaarlik? Aarbei-en-skerpioenkonfyt. Hoekom ry die ryk blondine 'n BMW? Dit is al wat sy kan spel. Hoekom het gorillas groot neusgate? Want hulle vingers is so groot. 'n Bielie van 'n lekker lawwe lagboek met grappies van A tot Z en supersnaakse SMS'e.
Groen Vingers
R 125.00
Sasha is mal daaroor om eksperimente te doen. Haar oupa was immers ’n wereldbekende wetenskaplike. Soms loop Sasha se eksperimente nou wel ietwat skeef – maar dis deel van die pret! Toe sy op ’n dag ’n paar vreemde pitte in haar oupa se ou trommel ontdek, besluit sy om dit te plant. Eers lyk dit of niks gaan gebeur nie ... maar dan maak ’n monst...
Grom!
R 140.00
Party oggende voel Emma brommerig en grommerig. Sy is nie lus om op te staan nie. Sy is nie lus vir pap nie. Sy is nie lus om met haar boetie te speel nie. Een oggend toe Emma in die spieel kyk, sien sy iets baie vreemds. Sy het snorbaarde, haar hele lyf is vol kolle ... Haar neus wikkel en wriemel, haar vel kriewel en kielie, haar oe blits en h...
Groot Beer
R 80.00
Ek is lief vir jou, Groot Beer! Die eerste keer toe Lara vir Groot Beer sien, is op ’n skooluitstappie. Hy lyk nes haar teddie – net baie, baie groter. Groot Beer lyk hartseer. Daarom gesels Lara met hom. “Moenie hartseer wees nie,” sê sy sag vir hom. “Ek is hier.” Sy vertel vir hom hy is nie alleen nie. Sy sê vir hom hy hoef nie bekommerd te we...
Groot Boek van Spoke en Grille, Die
R 270.00
Is jy dapper genoeg om hierdie boek oop te maak? Wat gebeur as jy te lank in Dina se donker oë staar? Wat is fout met juffrou Kupido - en watter nare geheim steek sy in haar pousekosblik weg? Wat sal gebeur as 'n vampier en 'n zombie een nag kennis maak? Dis groot. Dis gruwelik. Dit gaan jou hoendervleis gee. Dis die lekkerste versameling gril...
Groot Jaco Jacobs-Storieboek, Die
R 280.00
Vyf fantastiese Jaco Jacobs-boeke in een omnibus! Vir die eerste keer word vyf van Jaco Jacobs se gewilde kinderverhale saam in een waarde-vir-geld omnibus aangebied! Geniet hierdie fantastiese verhale oor onbeskofte feetjies, 'n geheimsinnige meermin, 'n superheld-boetie, 'n baie stink poets en 'n klomp raserige dinosourusse! Pasop vir die ...
Groot Katte
R 80.00
Vertrek op 'n opwindende safari en leer ken die konings van die oerwoud. Sien sluipende luiperds, skugter poemas en blitsige jagluiperds in aksie. Kyk hoe 'n jaguar sy prooi bekruip, soek saam na die seldsame Bengaalse tier en ontmoet die koning van die diere, die magtige leeu. Toets jou kennis en geniet agt bladsye vol prettige aktiwiteite!
Groot tree: Ek gaan kleuterskool toe
R 160.00
Hierdie reeks boekies is ontwerp met die doel om ouers en hul kleuters te help om nuwe ervaringe en alledaagse dinge soos slaaptyd, kleuterskool, doktersbesoeke en goeie maniere op ‘n lekker manier onder die knie te kry. Speel saam met al die flappies en meganismes! Hierdie reeks bevat verskeie nuttige wenke vir ouers en versorgers wat saam met ...
Groot tree: Ek wil nie slaap nie
R 150.00
Hierdie reeks boekies is ontwerp met die doel om ouers en hul kleuters te help om nuwe ervaringe en alledaagse dinge soos slaaptyd, kleuterskool, doktersbesoeke en goeie maniere op ‘n lekker manier onder die knie te kry. Speel saam met al die flappies en meganismes! Hierdie reeks bevat verskeie nuttige wenke vir ouers en versorgers wat saam met ...
Groot tree: Kan jy asseblief se?
R 160.00
Hierdie reeks boekies is ontwerp met die doel om ouers en hul kleuters te help om nuwe ervaringe en alledaagse dinge soos slaaptyd, kleuterskool, doktersbesoeke en goeie maniere op ‘n lekker manier onder die knie te kry. Speel saam met al die flappies en meganismes! Hierdie reeks bevat verskeie nuttige wenke vir ouers en versorgers wat saam met ...