Products

Ek sal jou styf vashou
R 80.00
Wanneer jy gelukkig is, hoor ek jou vrolik sing … Jy voel ligter as ’n veertjie lief vir elke liewe ding. Wanneer jy hartseer is, is ek altyd daar vir jou, om jou trane af te vee en jou teen my vas te hou. Partykeer het ons nodig om te weet dat iemand daar is vir ons. Met vertroostende woorde wat ’n wonderlike boodskap van onvoorwaardelike lie...

Elke Hond kry sy dag
R 250.00
Hierdie is ’n boeiende versameling van meer as 30 verhale van werklike honde, insluitende filmsterre met pelse, honde wat graag help, wetenskapsupersterre en oorlogshelde. Hierdie heldhaftige honde is die sterre van hulle eie stories. Lees ook oor honde wat rekords breek, honde in die letterkunde, babahonde wat roem op die internet gewerf h...

Elle-reeks Omnibus 1
R 330.00
Die eerste drie boeke van Christien Neser se gewilde Elle-reeks is nou beskikbaar in ‘n omnibus. Hierdie titels is: Kondensmelk, Koshuiskoffie en Blou sjokolade.

Elle-reeks Omnibus 2
R 330.00
Die volgende drie boeke van Christien Neser se gewilde Elle-reeks is nou beskikbaar in ʼn omnibus. Hierdie titels is: Rocksusters, Duinebesies en Franse vlegsel.

Elle-reeks Omnibus 3
R 330.00
In hierdie drie boeke in die Elle-reeks is daar superhipermega-avonture wat op Elle en haar pelle wag … Witbaadjies. Dít is hoe die prefekte by Gravitas bekend staan. Om nié op die Lys van Dertig te kom nie, is vir elkeen ’n verskrikking in Middernagklub. Van uitslip en reëls breek is daar dan geen sprake nie. Daarom hou Elle en haar pelle hulle...

Elle-Reeks: Omnibus 4
R 330.00
In hierdie boeke in die Elle-reeks is daar superhipermega-avonture wat op Elle en haar pelle wag … Insluitend ’n nuwe storie! Terwyl Elle nog kopkrap oor haar droomrok vir die matriekdans, duik daar onverwags ’n paar nagtelike besoekers en groot moeilikheid by die koshuis op. En boonop is mevrou Bender, die skoolhoof, vasbeslote dat Elle met ’n ...

Engela Goedhart
R 170.00
Dit mag dalk lyk of daar nie botter in Engela Goedhart se mond kan smelt nie, maar sy is beslis nie die soetste engeltjie nie! Lees in hierdie reeks van drie boeke oor al Engela se lawwe streke en hoe sy gereeld in die moeilikheid beland - al bedoel sy dit nie! In hierdie boek is Engela oortuig daarvan dat die hoof 'n pruik dra en sy probeer bew...

Engela Goedhart: Koninginby
R 170.00
Dit mag dalk lyk of daar nie botter in Engela Goedhart se mond kan smelt nie, maar sy is beslis nie die soetste engeltjie nie! Lees in hierdie reeks van drie boeke oor al Engela se lawwe streke en hoe sy gereeld in die moeilikheid beland - al bedoel sy dit nie! In die tweede boek in die reeks speel Engela bewimpelaar vir haar onderwysers; sy pro...

Engela Goedhart: Superster
R 170.00
Dit mag dalk lyk of daar nie botter in Engela Goedhart se mond kan smelt nie, maar sy is beslis nie die soetste engeltjie nie! Lees in hierdie reeks van drie boeke oor al Engela se lawwe streke en hoe sy gereeld in die moeilikheid beland - al bedoel sy dit nie! Engela staan uit wanneer sy 'n nuwe vaardigheid aanleer vir die skool se talentkomp...

Engele om ons
R 230.00
’n Jaar vol engele! Hierdie unieke dagboek en joernaal vir kinders bevat nie net plek om elke dag jou gedagtes neer te skryf nie, maar is propvol engele. Engele om ons is ’n kombinasie van dagstukkies en gebede, aanhalings en idiome, gedigte en rympies, Bybelstories en ander staaltjies oor al die wonders van engele … en nog baie meer. Wendy Maar...

Erik en die Kido-Dinges
R 180.00
Die kido-dinges of te wel die kidoteek, is byna soos 'n biblioteek. Maar by 'n kidoteek ruil 'n mens nie boeke om nie. By 'n kidoteek ruil 'n mens kinders om. En dis presies wat Erik se pa-hulle met hom doen. Hy beland by Meneer en Mevrou de Kommer wat hulle oor als bekommer - motorfietse, inbrekers, monsters, satelliete en insekte. Skielik lyk ...

Fantastiese Avonture van Theo die Kat
R 60.00
Theo bly saam met sy ma, sy broer en sy suster reg langs die biblioteek. Die ander katte stel net belang in kos, kattekwaad en kattemaai. Maar nie Theo nie. Hy hou van lees. En as die ander katte in die moeilikheid beland, is Theo elke keer daar met 'n blink plan om hulle te red! Hierdie boek bevat drie fantastiese stories oor die avonture van ...

Flippie word 'n Vlieg
R 170.00
Waarskuwing: Een van die hoofstukke in hierdie boek is superjiggie! Sal jy daarvan hou om plekke te ruil met ’n VLIEG? Natuurlik nie. DIT SAL AAKLIG WEES! Maar dis presies wat met Flippie Visagie gebeur. So, moet liewer nie die boek lees nie. Dit gaan jou NAAR maak. Rêrig-êrig naar!

Franse Vlegsel
R 160.00
Losloper die woord gee Elle koue rillings. Maar dit is presies wat sy vanjaar gaan wees. Alex gaan saam met een of ander stapelgek avonturier om die wereld vaar, terwyl sy stoksielalleen by Gravitas moet agterbly. 'n Kloosterkoek wat nie in ’n ander ou se rigting kyk nie en die Valentynsbal en die Graadelfdans gaan misloop.

Frikkadel die spookhond
R 170.00
Hugo Roets weet nie of hy bang moet wees nie. Hoeveel mense het al ’n spookhond gesien? Dis mos ongelooflik! Maar dit is net die begin van die storie …

Fuzz Fuzz, The (Picture flat)
R 110.00
“Next to the wallah-wallah bing bang, below the trip-trap, the same colour as see-saw-how’s-your-ma is the Fuzz-Fuzz!” Jenn and Dev are on the lookout for a Fuzz-Fuzz, but it is hiding itself very well. You may ask, what is a Fuzz-Fuzz? Well, you can find it next to the wallah-wallah bing-bang, below the trip-trap, the same colour as see-saw-how...