- Home
- Kinders: 10 tot 13 Jaar
- Fiksie
Kinders: 10 tot 13 Jaar
Trompie Omnibus 8
R 235.00
Die laaste omnibus in hierdie reeks bevat nóg drie gewilde Trompie-stories. Die sproetgesig Grootkaptein en die Boksombende se avonture voortgesit en Trompie en sy maats besluit om in die kloof te gaan swem en dan teen die berg op te klim en die grotte daarbo te verken. Trompie ontmoet ook die mooiste meisie wat hy nog ooit gesien het en ding me...
Absoluut Einstein
R 235.00
Christien Neser neem die vyfjarige Micha uit Amper Einstein (Tafelberg, 2013) se storie op ’n verrassende wyse verder. In Absoluut Einstein is hy in graad 9, met Matriek-IT onder die knie. Maar sy outisme het hom tot nou uit ’n “gewone” skool gehou. As hy egter aan ’n universiteit wil studeer, moet hy leer sosialiseer, en daarom b...
ASTERIX 24 IN BELGIE
R 190.00
Wie is die dapperste: die Belgiese stam of die Galliërs? Die Galliërs en die Belge hou 'n kompetisie om te kyk wie die meeste Romeinse vestingkampe kan verwoes. Wanneer die uitslag gelykop is, vra hulle vir Julius Caesar om die beoordelaar te wees. Caesar is woedend en onderneem om hulle te vermorsel…
ASTERIX 23 OBELIX EN KIE
R 190.00
Julius Caesar stuur Caius Ferregaandus, ’n slim MBA-mannetjie, om die Galliërs besig te hou deur hulle voor te stel aan die sakewêreld. Obelix val pens en pootjies vir die idee en word ’n grootmeneer in die menhirbedryf, maar sal sy welvaart geluk bring? En wat gebeur wanneer die vraag die aanbod oorskry?
Asterix 21: Caesar Se Geskenk
R 190.00
Toe legioensoldaat Romeomontagus by Caesar die titelakte kry van n Galliese dorpie in Armorica, verruil hy die dorpie aan die herbergier Ortopedix as betaling vir sy drankrekening. Ortopedix is baie opgewonde om te trek na die dorpie wat hy gekoop het.
Asterix die Gallier (boek 1)
R 190.00
Dit is die jaar 50 voor Christus. Gallie is geheel en al in Romeinse besit… Geheel en al? Nee! Een dorpie vol ontembare Galliers bied hardnekkig weerstand teen die invaller ... en maak die lewe moeilik vir die Romeinse legioensoldate wat laer trek in die vestingkampe Skinkirum, Aquarium, Hiersitwarum en Casarum... ...
Boomhuis met 78 Vloere
R 250.00
Kom kuier by Andy en Terry in hulle fantastiese nuwe boomhuis met 78 vloere. Daar is 13 nuwe vloere met opwindende nuwighede soos n deurry-karwassery, n kombinasiestasie, n krabbeltorium, n ALLE BALLE-sportstadion, Anyland, Terrystad, en n oplugfliekteater! Ja jy het reg gelees - n fliekteater! Hulle het selfs n grootkop uit Hollywood wat n flie...
13 Spookstories
R 200.00
Glo jy in spoke? Is daar regtig allerlei bangmaakgoed wat in die nag rondloop? Maak dig toe die gordyne, klim in jou bed, trek die duvet styf om jou skouers... en laat die 13 stories in hierdie boek jou koue rillings gee!
Elle-Reeks: Omnibus 4
R 330.00
In hierdie boeke in die Elle-reeks is daar superhipermega-avonture wat op Elle en haar pelle wag … Insluitend ’n nuwe storie! Terwyl Elle nog kopkrap oor haar droomrok vir die matriekdans, duik daar onverwags ’n paar nagtelike besoekers en groot moeilikheid by die koshuis op. En boonop is mevrou Bender, die skoolhoof, vasbeslote dat Elle met ’n ...
Vuil Ferdie: Kieme!
R 180.00
Vuil Ferdie is terug met nog planne! In hierdie boek probeer Ferdie om sy sussie se siekte aan te steek; saam met Ouma by ’n kompetisie te dans en om kragte te meet met die nuwe kinderoppasser wat selfs grilleriger as hy is.
Skreeu en ander verhale
R 250.00
Skreeu en ander Verhale – Soos ‘n vuishou in die maag. So tref hierdie bundel kortverhale vir tieners jou. Van die bekendste skrywers in Afrikaans span saam vir ‘n boeiende leeservaring. Al die stories in hierdie bundel het een ding gemeen – hulle is uit die perspektief van hedendaagse jongmense geskryf en takel kwessies waarmee tieners hulle st...
Spoekie
R 220.00
Hardloop is al wat Spoekie ken vandat sy pa hom en sy ma probeer skiet het. Vasgevang in 'n gewelddadige omgewing vol misdaad word Spoekie 'n moeilikheidmaker wat heeldag weghardloop van sy probleme. Tot die dag wat hy vir Coach ontmoet en 'n plek in die atletiekspan loshardloop … Kan hy uiteindelik sy verlede agterlaat?
Afkop
R 230.00
Trent se ouers is die naweek weg en los hom alleen by die huis. Ná 'n rowwe partytjienag saam met sy vriende wat met 'n wilde jaagtog en 'n motorongeluk eindig, word Trent met 'n moeilike besluit gekonfronteer: Wat moet hy doen met die geld wat hy op die ongelukstoneel gekry het?
Wonderlike ware Dierestories
R 220.00
Maak kennis met Jock, die beroemdste hond wat ooit in die Bosveld gebly het. Volg Huberta die seekoei op haar verstommende staproete. Ontmoet Max, die gorilla wat 'n skurk vasgetrek het. En skud poot met Just Nuisance, die matrooshond wat soldate tydens die Tweede Wereldoorlog geinspireer het. Van slim diere tot dapper diere - en selfs diere wat...
Vis & Tjips
R 200.00
Vis en Tjips – Watter soort ou breek by ’n akwarium in? En verf graffiti teen die muur? Of gooi bottels en ander gemors in die dolfyntenk? Kevin Pieterse, dis wie. Kevin is moeilikheid met ’n hoofletter “M”. As straf vir sy vandalisme moet hy gemeenskapsdiens by die akwarium doen. Crystal kan nie glo sy moet die hele Desembervakansie in sy gesig...
Vreesloos
R 220.00
Vreesloos? Elle is eerder vrekbang. Haar matriekjaar spoed ten einde. Sy wil brieke gooi, want sy weet nie of sy kans sien vir ’n lewe anderkant die rooibaksteenmure van Gravitas nie. Waar ander meisies planne maak vir hul groot matriekvakansie, probeer sy daarvan vergeet. Sy wil elke laaste oomblik met oorgawe geniet. Soos die matriekdans. Op ...