- Home
- Kinders: 10 tot 13 Jaar
- Fiksie
Kinders: 10 tot 13 Jaar
Vasbyt Vyf: Die ontvoering
R 200.00
Toe Jaco per ongeluk sy rugbybal oor die kwaai buurman se muur skop, het hy nie ’n idee gehad in watter gemors dit hom gaan laat beland nie. Saam met Handré, sy beste vriend, probeer hy die bal terugkry – net om te ontdek die buurman hou twee ontvoerde meisies in sy huis aan! Wat maak hulle nou? Die grootmense glo hulle nie, maar Jaco en Handré ...
Woud van Sneeu en Ys, Die
R 260.00
“ … Ons noem jou Mysti,” sê Ravka, “dit pas by jou ... dis misterieus en mooi.”Mysti word in die sneeu in Lapland wakker. Verkluim. Met geen idee wie sy is of waar presies sy is nie.Ravka ontferm hom oor haar. Hy en sy ma Tóva neem Mysti onder hulle vlerk terwyl sy haar geheue probeer herwin. Intussen help sy Ravka by die rendiersentrum in Menet...
David Walliams: Dingeth
R 220.00
Klara Klein het alles wat sy moontlik kan begeer. Maar alles is nie genoeg nie. Sy wil nog en nog en nóg goed hê! Op ’n dag besluit Klara sy wil ’n DINGETH hê, maar daar is net een probleem. Wat is ’n DINGETH?Mnr. en mev. Klein sal enigiets doen om hul dierbare doggie gelukkig te hou, selfs al beteken dit hulle moet by die kelder onder die bibli...
David Walliams: Gedierte In Die Gange
R 295.00
BRITTANJE. DIE TOEKOMS. DIE JAAR 2120. Londen lê in puin, die mense is honger en die hele koninkryk is in pikdonker gehul. Prins Albert, ’n tingerige boekwurm, het nog nooit die veiligheid van Buckingham-paleis verlaat nie. Maar nou gebeur daar vreemde dinge tussen die mure van die paleis – en Alfred se lewe gaan vir ewig verander. Snags dwaal...
Boomhuis met 39 Vloere, Die
R 250.00
Andy en Terry het nóg vloere aangebou by hulle fantastiese boomhuis! Nou is daar 39 vloere met allerhande prettige byvoegings – soos die wêreld se vreesaanjaendste tuimeltrein, ’n maller-as-mal-mallemeule, ’n reusetrampolien, en ’n disko om maar net ’n paar goed te noem. En die beste byvoeging van als? ... Terry se nuutste uitvindsel ... ’n mas...
Toe ons Oneindig was
R 210.00
Kara Immelman se lewe is eintlik nogal uitgesorteer. Sy is in matriek en hoewel sy heeltemal te skaam is om gewild te wees, het sy vir Eduard, haar beste vriend van laerskooldae af. Sy is ook haar skool se topswemmer en die moontlikheid van ’n swembeurs wink. Al gebeur daar nie veel op die dorpie waar hulle woon nie, het sy en Eduard groot plan...
Maltrap
R 140.00
Maak jou sitplekgordel vas vir ’n monster-avontuur! Adriaan hou van karre. En motorfietse. En vliegtuie. Hoe groter en vinniger, hoe beter. Op ’n dag ontdek hy en sy pa die wrak van ’n ou monsterbakkie in ’n stowwerige motorhuis. Sy pa besluit om die monsterbakkie reg te maak … en dit is die begin van ’n maltrap-avontuur!
Flaffie
R 130.00
Moeg vir jou planeet se troeteldiere? Bestel vandag nog ‘n troeteldier van ‘n ander planeet! Rudi en Judy baklei gedurig soos kat en hond. Hulle stem oor byna niks saam nie. Maar een aand bestel hulle per ongeluk in plaas van pizza … ‘n ruimtewese! Kort voor lank is daar groot moeilikheid …
Trompie Omnibus 3 (3-in-1)
R 235.00
In hierdie omnibus, wat nog drie gewilde Trompie-stories bevat, word die sproetgesig Grootkaptein en die Boksombende se avonture voortgesit! Titels in hierdie omnibus: Trompie die kragman, Trompie die hartedief en Trompie die held. Die ondeunde Trompie het ’n sjarme wat tot oud en jonk spreek en nuwe lesers sal dadelik deur Trompie en die Boksom...
Speurder Kwaaikofski (Omnibus 3-in-1) nr 1
R 230.00
Kwaaikofski is al ’n privaatspeurder vandat hy kan onthou. Selfs as ’n baba het hy elke boublokkie weer gekry, en ook elke lekker wat iewers in die sandput verdwyn het. Hy het nou eenmaal ’n talent daarvoor. Gee hom ’n glas melk, Carpenters kougom en sy spesiale kep – wat sorg dat sy brein altyd teen die optimale temperatuur funksioneer – en hy ...
Ouma Hester en die Dreadnought (Boek 3)
R 180.00
Die Dreadnought is reg vir aksie, ouma Hester se harnaspakke is gelaai met plofbare verrassings en haar yskas kreun onder die smulgoed! Maar wat gaan sy in Kanada maak en nogals by PESBEHEER, PILLE & PREPARATE van alle plekke? Sal Mamma vir Tian en Lisa laat saamgaan? En wat vang die bose dokter Lewendkerwen alles in haar onderwaterse labora...
Avonture van Anna Atoom
R 290.00
Anna Atoom woon op 'n eiland in die Indiese Oseaan saam met haar ouers; wetenskaplikes wat gereeld ingeroep word om die wêreld van ondergang red. Anna se avonture begin met die ontdekking van 'n seerowerswaard en die skip, die Chivonne. Sy het skaars hierdie raaisel opgelos, of haar pa se agterbakse kollega, Uranus Draak, stel sy...
Grotbaba (Julia Donaldson)
R 205.00
Broeps die grotbaba voel allenig en verveeld. Sy ma verf ure aaneen en sy pa jag pal vir kos vir die pot. Toe Broeps Mamma se verfkwas optel, is sy ouers smoorkwaad. Hulle dreig om hom te voer vir die groot, honger beer! Dan daag daar 'n vriendelike mammoet op . . . en Broeps maak 'n hele klomp nuwe vriende. ’n Heerlik ondeunde avontuurverhaal d...
Meisie met uitroeptekens in haar oë, Die
R 200.00
Of jy nou glo in die noodlot of blote geluk of liefde met die eerste oogopslag, alle liefdesverhoudings moet iewers begin. Dié bundel bevat verhale oor eerste ontmoetings deur gevestigde skrywers soos Jaco Jacobs, Zelda Bezuidenhout, Refiloe Moahloli en Sally Partridge en nuwe stemme soos Cliffordene Norton en Mercy Kannemeyer. Die verhale i...
Pienk is nie vir Sissies nie
R 225.00
Nicci is 'n willewragtig op 'n bergfiets. Die heel lekkerste is om die seuns se reaksie te sien wanneer hulle besef 'n meisie het vir hulle ore aangesit. Tot die dag wat Nicci wreed aangeval en van haar fiets beroof word. Haar wêreld tuimel ineen. Wie sal so iets doen? Stuk-stuk pas Nicci en haar vriende Felicity en Godfrey die legkaart inme...
Rietrotte (3): Rietrotte en die Raaisel
R 195.00
Dis die eerste oop naweek vir die graad 8's. Maar Daniël, Malebo en Antonie is gehok, met juffrou Faure van alle mense as die onderwyseres aan diens! Almal weet sy is so koud soos 'n vrieskas. Reg om jou plat te vee sonder om 'n oog te knip. Wat as Joachim reg is en sy Pieter laat verdwyn het? En dan is daar die mans met die swart pakk...