- Home
- Kinders: 8 tot 10 Jaar
- Fiksie
Kinders: 8 tot 10 Jaar
Lulu en die Pikkewynfeetjie
R 80.00
Die reeks is geskik vir jonger lesers van 6 tot 9. Lulu Bell is agt jaar oud. Sy geniet elke oomblik van haar lewe, maar is soms bietjie baasspelerig. Dis nodig dat iemand prakties is in haar weird gesin. Haar sussie, Vera, is ses en dra graag engelvlerke en skoene wat skitter. Haar driejarige boetie weier om enige iets anders as sy superhero-...
Boomhuis met 65 Vloere, Die
R 250.00
Andy en Terry se fantastiese boomhuis het nou ’n verstommende 65 vloere, en een daarvan is Jill se eie troeteldiersalon waar sy al haar diertjies kan mooimaak! Die opwindende byvoegings tot die boomhuis sluit in: ’n kamer vol ontploffende oogballe, ’n suigstokkiewinkel, ’n dryfsandput, ’n mierplaas, en ’n kamer waar dit altyd jou verjaardag i...
Bullebakke: Episode 4
R 150.00
Marmelade, die bose marmotjie, het die hele wêreld in gevaar gedompel met behulp van sy weermag van zombie-katjies! Die Bullebakke sien dit as nog 'n geleentheid om hulle heldhaftigheid te bewys. Gelukkig voer hulle nie alleen die stryd teen die wollerige miaau-monsters nie. Hulle nuutste lid is nie net mooi nie (ja, Meneer Wolf kan sy oë nie v...
Jock van die Bosveld
R 190.00
Lekkerleespret vir jong diereliefhebbers! Ontmoet ’n paar dapper en interessante diere van regoor die wêreld! Ontdek die wonderlike verhaal van Jock, die Suid-Afrikaanse hond wat wêreldberoemd geword het; ontmoet ’n brilpikkewyn met die naam Gregory Peck wat mense geïnspireer het om nie die see te besoedel nie; en skud poot met Just Nuisance, ’n...
Prinses Pampoenpit
R 170.00
Pampoenpit het ’n geheim … Sy hou glad nie van haar hare nie! Haar wilde, woeste krulle weier om getem te word. Sy kry dit ook nie weggesteek nie. Hoekom kan haar hare nie net soos die ander kinders s’n lyk nie? Maar op ’n dag ontdek sy dat jou verskille iets is waarop jy trots kan wees … ’n Treffende verhaal oor hoe om dit wat jou spesiaal m...
Pampoenpit se Groen Gevoel
R 170.00
Hierdie storie vertel hoe ’n mens jou omgee moet vind wanneer jy ’n groen gevoel van jaloesie kry ... “Pampoenpit voel aaklig. Haar skooldag was so goor. Megan het ’n prys gewen. Pampoenpit het verloor. Haar kwaad begin te rammel. Dit SIS en GROM en HAP. Dit word ’n groot groen monster wat dreig om te ontsnap. Die kwaad stoot in haar keel o...
Aksieheld Austin - Doodskreet van die Dino's
R 190.00
LIGTE, KAMERA, AKSIE! Ewald is die ster van die gewilde Aksieheld Austin-rolprente. In die flieks is hy ’n dapper held met vuiste soos kanonkoeëls wat skurke laat les opsê! Diep in ’n oerwoud in Afrika – dis waar die nuwe Aksieheld Austin-fliek verfilm word. Ewald en sy pel Cardo verwonder hulle oor die asemrowende medespelers: Drie gro...
Bennie Boekwurm se besige pretboek
R 130.00
Kom speel en leer saam met Bennie Boekwurm en sy maats in hierdie aktiwiteitboek - met 30 lekker legkaarte, raaisels, inkleurprente en ander speletjies soos gesien in Huisgenoot se pretbladsye vir kinders. Saam met Bennie Boekwurm, Karel Kraai, Sarel Seemonster en al die oulike inwoners van die Wielie Walie-parkie is dit groot pret om kin...
Avonture van Speurhond Willem: Omnibus 2
R 270.00
'n Paar jaar gelede het 'n sending van die beroemde Willem skeefgeloop en het hy in Kaapstad by die DBV beland. Dis waar Adriaan en sy ouers die oulike swart-en-wit spanjoelhondjie raakgeloop het. En nou is Adriaan en Willem onafskeidbaar. Hierdie tweede omnibus bevat nog drie lekkerleesavonture: Hulle reis na die Internasionale Ruimte...
Tjoppie se verjaardag
R 125.00
Tjoppie is ’n nuuskierige klein hondjie. Vandag is sy verjaardag! Hy kry baie geskenke. Maar saam met wie van sy maats moet hy eerste speel? Dit is tog die lekkerste as almal leer om saam te speel. Tjoppie se prettige, kleurvolle avonture is perfek vir storietyd saam met peuters en kleuters.
Tjoppie en die muskiet
R 125.00
Tjoppie is ’n nuuskierige klein hondjie. Vandag is daar 'n aaklige gogga wat vir Tjoppie pla en steek. Dit jeuk oral! Gelukkig ontmoet hy ook vir Tonkie die spinnekop wat hom kan help. Tjoppie se prettige, kleurvolle avonture is perfek vir storietyd saam met peuters en kleuters.
Kaptein Onderbroek #1: Die avonture van Kaptein Onderbroek
R 220.00
George en Harold het die grootste superheld in die geskiedenis van hulle laerskool geskep – en nou gaan hulle lewe aan hom gee! Ontmoet kaptein Onderbroek! Sy ware identiteit is só ’n groot geheim dat selfs hý nie weet wie hy is nie!Lees hierdie reeks deur dieselfde skrywer as Hondman. Skreeusnaaks en perfek vir eerste of trae lesers!
Kaptein Onderbroek #2: Kaptein Onderbroek en die geveg teen die tandetoilette
R 220.00
George en Harold is gewoonlik verantwoordelike kinders – wanneer daar amok is, is George en Harold gewoonlik daarvoor verantwoordelik! Hierdie keer boemerang hulle jongste poets en hulle skep per ongeluk ’n hele weermag tandetoilette. Gelukkig ken hulle ’n superheld wie se onderbroekrek ’n gevaarlike wapen is. Dit lyk na nóg ’n opdrag vir Kap...
Avontuurland
R 200.00
Helena J.F. Lochner se verhaalbundels (waaronder Kammaland, Kinderland en Kleuterland) het van haar die "Hans Christian Andersen" van Afrikaans gemaak. Hier is nog 'n boek met pragtige bekende en onbekende verhale en volkleur-illustrasies wat die avontuurlus en verbeelding van enige jong kind sal prikkel.
Bullebakke: Episode 7
R 150.00
Die Bullebakke het die ruimtewesens ontkom deur een of ander knoppie – OEPS – te druk! En het in die tyd van die dinosourusse beland! Ja, julle het reg gehoor! Die helde word deur dinourusse gejag ... Maar wie moet nou eintlik bang wees vir wie?
Bullebakke: Episode 6
R 150.00
Die Bullebakke is nou in die buitenste ruimte. En hulle verdwyn een na die ander!! ’n Gruwelike ruimtewese met vreeslik baie tande en heeltemal te veel boude raap hulle een vir een op! Is dit die einde vir die goeie ouens wat so graag helde wou wees?