- Home
- Kinders: 8 tot 10 Jaar
- Fiksie
Kinders: 8 tot 10 Jaar
Bullebakke: Episode 2
R 150.00
10 000 hoenders is vasgevang in ’n hoë-tegnologie-hoenderplaas. Wie sal hulle kan red? Dit klink soos ’n missie vir die nuutgestigte Goor Gawies-klub. Mnr. Wolf, mnr. Haai, mnr. Slang en mnr. Piranha is gereed vir die uitdaging. Maar daar is een klein probleem ... Een van hulle is baie lief vir hoendervleis. Maar toemaar, hulle is mos nou Goeie...
Monster Pizza
R 170.00
Zia se pa se werk is om pizza af te lewer. Vanaand gaan Zia vir die heel eerste keer saam met hom op sy bromponie ry. Maar as ’n mens pizza aflewer, kan jy vreemde mense ontmoet … en baie vreemde dinge kan gebeur!
Lulu: Olke Bolke, Lulu
R 190.00
Lulu droom daarvan om ’n modeontwerper te word! Dan verskyn ’n vreemde reuk in Lulu-hulle se huis – ’n baba-reuk! Dis groot pret om vir hom babakleertjies te maak. Maar Greta, die nuwe meisie in die klas, dink sy is ’n baie beter modeontwerper as Lulu – en hulle besluit om ’n modevertoning te hou!
Dans, Jenna!
R 135.00
Jenna is versot op dans. Die afgelope paar weke kan sy voel haar dansskoene is amper te klein, maar sy het nie die moed om haar ma vir nuwe skoene te vra nie. As ’n mens se pa oorlede is en jou ma twee werke doen net om kop bo water te hou, is balletklasse eintlik ’n onbetaalbare luukse. Om vir nuwe skoene te wens is so goed soos dagdromery. Sy...
David Walliams: Aaklige Ant Alberta
R 295.00
Stella Saxby is die enigste erfgenaam van die Saxby-landgoed. Maar aaklige ant Alberta en haar reuse-uil sal enigiets doen om dit by haar af te vat. Gelukkig het Stella ’n geheime – en effens spokerige – wapen…
Boelie, 'n Bangbroek en 'n Bende - Laerskool-Stories, 'n
R 130.00
n Boelie, ’n bangbroek en ’n bende gaan oor die fiktiewe lewens van kinders in Laerskool Steenbras en fokus op die hoofkarakter (Dewaldt) en sy vriende wat deel is van ’n bende. Dit is gebaseer op karakters en ware gebeurtenisse uit die skrywer se kinderdae en word op ’n vars manier vertel deur teks en illustrasies te kombineer. Die leser lee...
Max die dapper Gorilla
R 180.00
Ongelooflike ware dierestories wat jou asem sal wegslaan. Ontmoet ’n paar dapper en interessante diere van regoor die wêreld! Vind uit hoe Max die dapper gorilla van die Johannesburgse Dieretuin dit reggekry het om ’n skurk vas te trek, reis meer as 1 600 kilometer ver saam met Huberta die seekoei wat besluit het om die land te verken, en ontm...
Aksieheld Austin - Nag van Grille
R 180.00
Ewald is nog op laerskool, maar sy naam is reeds op almal se lippe. G’n wonder nie – hy is immers die ster van die gewilde Aksieheld Austin-rolprente. In die flieks is hy ’n dapper held met vuiste soos kanonkoeëls wat skurke laat les opsê! Die tweede fliek, Aksieheld Austin: Nag van grille, is pas voltooi, en Ewald kan nie wag vir die bekends...
Sprokie-Perde Omnibus
R 220.00
Ontmoet vir Aandster, Sprakel, Krulkop en Vonkel in hierdie vier pragsprokies vol vriendskap en avontuur.
Storieland
R 200.00
'n Versameling van 26 bekende en onbekende kinderstories met pragtige illustrasies uit die verhaleskat van Helena J.F. Lochner. Die splinternuwe uitgawe van stories waarmee generasies Afrikaanse kinders grootgeword het verseker dat 'n nuwe geslag kinders vreugde sal put uit klassieke verhaaltjies. Lochner se lekkerlees-stories is perfek vir voo...
Kleuterland
R 200.00
Kleuterland is ‘n pragtige kinderboek met 40 stories en pragtige illustrasies vir kleuters uit die verhaleskat van Helena J.F. Lochner en was oorspronklik deel van ’n reeks van ses bundels, onder andere Diereland, Storieland, Kammaland en Avontuurland. Dit is lekker-lees stories vir voorlees aan kleuters. Die stories in die bundel word volgens b...
Kinderland
R 200.00
Kinderland is 'n pragtige kinderboek met 21 bekende en onbekende stories en pragtige illustrasies vir kinders uit die verhaleskat van Helena J.F. Lochner en was oorspronklik deel van 'n reeks van ses bundels, onder andere Kammaland, Diereland, Storieland, Kleuterland en Avontuurland. Dit is lekker-lees stories vir voorlees aan jong kinders en s...
My Ouma is 'n Film-ster
R 180.00
Rikus se ouma is anders as ander oumas. Sy het haar eie rockgroep. Haar hare is groen gekleur. Sy rits in 'n rooi sportmotor rond. Sy is gedurig in die koerante en tydskrifte. Sy gaan na partytjies toe saam met TV-sterre en staatspresidente.Toe Ouma boonop 'n rol in 'n nuwe fliek losslaan, is Rikus baie opgewonde. Maar 'n filmstel kan soms 'n ge...
Ouma Hester en die Arnosterfant
R 60.00
Renosters tel, olifantmis en 'n lugskip met hittesoekende sensors en 'n meganiese slurp . . . ’n vakansie saam met ouma Hester is nooit vervelig nie! Maar wie is Wang Mang? Hoekom het hy 'n tenk vol rooi-en-wit gespikkelde vissies in sy helikopter? Wat wil hy met Thembi en Joe se mak renoster, Mafuta, maak? En wat het al hierdie dinge met ol...
Lea lief apies 3: Grypdiewe en gevaar
R 120.00
Lea se ma is ’n veearts en haar pa is ’n diereregte-aktivis en joernalis. Om diere te red, is in haar bloed! Lea en haar klasmaats is op pad na ’n primaatskuiling toe om vir ’n paar dae as vrywilligers te werk. Sy kan nie wag nie, maar ’n paar van die seuns het heeltamal die verkeerde idee en dink sowaar die apies is troeteldiere! Boonop dwin...
Lea lief Honde 2: Hik hik hoera!
R 120.00
Om diere te red, is in Lea se bloed! Lea en haar maats, Nikita en Hazel, is kliphard besig om gereed te maak vir die skool se groot honderatsheidskompetisie. Om dinge erger te maak, vind Lea-hulle uit dat daar ’n hondemeule is wat honde in aaklige omstandighede teel net vir wins. Sy en haar maats moet iets doen om hulle te red voor dit te...