Kinders
Tags
- Everything in Kinders
- Afrikaans
- Age 6 - 8
- Age 8 - 10
- Aktiwiteitsboeke
- Amanda Brandon
- Cath Jones
- CD
- Children
- Educational
- Emosies
- Fantasi
- Fiksie
- Gunther Jakobs
- Hannah Peckham
- Kate Poels
- Kinders
- Latest
- Laura Bednarski
- Michael Engler
- Nie-fiksie
- Non-Fiction
- Onder 6
- Opvoedkundig
- Sophie Schoenwald
- Stephanie Jayne
- Tracy Gunaratnam
- Under 6
Eerste Leesboeke: Slakke in die Ruimte
R 70.00
Sara droom van die buitenste ruim en om marsmannetjies te ontmoet. Selfs al spot almal haar daaroor, gaan Sara nie ophou droom nie. Sy weet dat daar eendag slakke tussen die sterre sal wees.
Slaapstories vir Vaak Ogies Volume 2 Oudioboek
R 100.00
Wil jy speel in die sneeu, in kastele, vlieg deur die lug en huppel oor die berge? Spits dan jou oortjies en luister fyn ... Hier's stories propvol kinkels en draaie om jou ver weg te voer na sprokiesland! Volume 2: Die dwergvlermuis se avontuur; Dunnelientjie; Die eekhorinkie in die berge; Die swaan met goue vere; Lenet se ponie; Die kabouters;...
Ongevalle in die Dierehospitaal Oudioboek
R 100.00
As jy jou wil slap lag, moet jy 'n slag gaan by die dierehospitaal gaan inloer. Die verpleeghasies, die hennesusters en dokter Slurp sal jou lagspiere kielie en jou blitsvinnig lagfiks en gesond kry! Dis die ideale medisyne teen alle kwinte en kwale!
Doodle Art Colouring / Krabbelkuns Inkleur 1
R 120.00
“Dis ontspannende terapie om vrylik te krabbel en in te kleur.” Só sê Marleen Visser, die kunstenaar. “My krabbels is spontane, verbeeldingryke lyntekeninge, persepsies en drome van die alledaagse lewe. Laat jou innerlike kind die klein stories binne-in ontdek en verken. Laat die kreatiewe reis jou inspireer en jou hart en gedagtes na wonderlik...
Krimpvarkies: Wegkruipertjie, Die
R 80.00
Kasper en Karla is heel beste maats. Een herfsdag is die krimpvarkies baie hartseer omdat die blare van die bome begin afval. Hulle vergeet egter die hartseer toe hulle maats maak en wegkruipertjie speel met ’n diertjie wat piep. Maar wat van al die bome met die leë takke?
Liewe Grapste Grapboek 2
R 75.00
Die eerste Afrikaanse grapboek saamgestel uit lesers se bydraes vir kinders van alle ouderdomme. Selfs die traagste leser sal nou ook ervaar dat lees pret en plesier kan wees.
Liewe Grapste Grapboek
R 75.00
Die eerste Afrikaanse grapboek saamgestel uit lesers se bydraes vir kinders van alle ouderdomme. Selfs die traagste leser sal nou ook ervaar dat lees pret en plesier kan wees.
Lekker Lawwe Lagboek Omnibus 1
R 90.00
Die eerste Afrikaanse grapboekreeks vir kinders van alle ouderdomme. Selfs die traagste leser sal ervaar dat lees pret en plesier kan wees. Geillustreer met spotprentjies.
Geliefde Sprokies Bundel
R 275.00
Kom deel in die wonderwereld van sprokies … 'n hele fantasiewereld saamgevat in ses klassieke stories vir ure se lees- en kykgenot vir jonk 'n oud. Die besondere illustrasies deur Valentine Iokem verryk die teks en voer die kind mee op 'n onvergeetlike ontdekkingsreis diep die verbeeldingswereld in - Eendag, lank, lank gelede …
Sprokie-Perde 2: Aandster en die Meermin
R 80.00
Aandster is 'n vliende perdjie wat by die see woon. Hy en sy maats duik en speel graag tussen die wolke bo die strand. Op 'n aand kry Aandster 'n gestrande meermin op 'n rots. Hy wil haar help, maar om haar te red, moet hy iets doen wat hy nog nooit gedoen het nie. Sal hy dit regkry om oor die groot, wye oseaan te vlieg
Sprokie-Perde 1: Vonkel Die Eenhoring
R 80.00
Vonkel is die kleinste eenhorinkie in die Wonder-Woud. Almal is sy te klein om te help bessies soek, en te klein om speletjies te speel. Maar Vonkel is moeg daarvan om altyd eenkant toe geskuif te word. Op 'n dag besluit Vonkel om te wys hoe dapper sy is. Op haar eie gaan verken sy die diepste deel van die woud
Slaapstories vir Vaak Ogies
R 275.00
Al gehoor van die bokkie wat limonade wou drink? Van Dunnelientjie wat so lig was dat die wind haar weggewaai het? Wat van die donkie wat ?n trui wou dra? Weet jy hoekom gloeiwurms gloei of hoe jakkalse hulle kleur gekry het? Nee? Lees dan gerus hierdie betowerende boek propvol slaaptydstories! Francois Ruyer se pragtige, prettige illustrasies m...
Albertus Die Jakkalsie: … Om n Ouboet Te Wees
R 50.00
Vandag is Albertus kwaad. Hanno, sy jonger boetie, het hom baie kwaad gemaak. Gelukkig is Pappa daar om die gemoedere te sus. Regtigwaar, dit is nie maklik om ’n ouboet te wees nie.
Albertus Die Jakkalsie: … Wil Nie Slaap Nie
R 50.00
Vanaand wil Albertus nie gaan slaap nie!O nee, hy is nou groot en wil eerder sy boek lees voordat hy aan die slaap raak! Pappa besluit om nie kwaad te word nie.Hy het 'n blink plan wat ál die jakkalsies gaan verras.
Oulike Stories vir Slaaptyd Deel 2
R 120.00
Buksie ontdek 'n wonderwêreld in stories, dis soos 'n regte droom! Kom ontmoet Bangjan die bang dinosourus en geniet stories saam met jou kleuter - net om slaaptyd bietjie uit te rek.Deel oomblikke van pure deernis en saamwees tydens bedtyd of net wanneer julle lus het.Geniet die reis deur die land van oulike stories …
Trippel maak maats
R 90.00
’n verdwaalde parkiet en ’n eensame ou apie. Saam met hulle leer hy om sy vrese en uitdagings aan te durf en dapper te wees. Hy ontdek dis lekker om vriendelik te wees en ander te help.