Kinders
Avontuurland
R 200.00
Helena J.F. Lochner se verhaalbundels (waaronder Kammaland, Kinderland en Kleuterland) het van haar die "Hans Christian Andersen" van Afrikaans gemaak. Hier is nog 'n boek met pragtige bekende en onbekende verhale en volkleur-illustrasies wat die avontuurlus en verbeelding van enige jong kind sal prikkel.
Klein Plakpoppies: Katjies
R 130.00
’n Betowerende plakkerboek vir jong dogtertjies met poppies om aan te trek en katjies om mee te speel. Die agterflap vou uit sodat ekstra plakkers gebêre kan word terwyl die poppe aangetrek word. Dit is ’n kreatiewe boek van die Britse uitgewershuis Usborne wat Protea Boekhuis in Afrikaans vertaal en aan ’n Suid-Afrikaanse ma...
Voëltjie wat nie kon fluit nie
R 160.00
In 'n woud noord van Bosrand woon 'n swerm voels soos... wel, soos hierdie geveerde diere gewoond is om te lewe. Hulle vlieg rond, bou hulle neste... en hulle almal fluit. Net die klein grys spreeutjie kan nie fluit nie. Selfs die lyster kan hom nie leer om te fluit nie. Wanneer sy boeties en sussies die nes verlaat, bly die arme klein spr...
David Walliams: Karre en Kroeks
R 295.00
Jy kry allerhande soorte pa’s. Daar is vettes en maeres, langes en kortes. Daar is lawwe pa’s en ernstige pa’s, pa’s wat bulder en pa’s wat sag praat. Daar is natuurlik goeie pa’s. En daar is slegte pa’s … Frank se pa was ’n kampioen-stampkarrenjaer, die koning van die renbaan. Gilbert die Grote! Maar ná ’n aaklige ongeluk noem mense hierdie to...
David Walliams: Aardigste Onnies op Aarde
R 295.00
Het jy al die aardigste kinders op aarde ontmoet? Maak jou reg vir iets baie, baie ergers … DIE AARDIGSTE ONNIES OP AARDE!
Bullebakke: Episode 4
R 150.00
Marmelade, die bose marmotjie, het die hele wêreld in gevaar gedompel met behulp van sy weermag van zombie-katjies! Die Bullebakke sien dit as nog 'n geleentheid om hulle heldhaftigheid te bewys. Gelukkig voer hulle nie alleen die stryd teen die wollerige miaau-monsters nie. Hulle nuutste lid is nie net mooi nie (ja, Meneer Wolf kan sy oë nie v...
Tant Bettie se Broekie
R 160.00
Tant Bettie het 'n gunstelingbroekie wat op 'n dag van die wasgoeddraad afgewaai word – en wilde avonture beleef. Sal Tant Bettie ooit weer haar broekie terugkry? 'n Storie met koddige kinkels en vrolike illustrasies, perfek vir voorlees!
Ontdek die Diereryk
R 190.00
Of ’n mens nou van reenwoude, grasvlaktes, ysvelde of jou eie agtertuin praat: die diereryk is ’n skatkis vol van verstommende feite en fassinerende besonderhede. Pragtige foto's en illustrasies, feiteblokkies en boeiende brokkies maak van hierdie boek 'n ontdekkingsreis deur die wereld van soogdiere, voels en insekte.
Asterix: Asterix en die groot geveg
R 190.00
Die Galliese hoofman Disvimygrix omhels die Romeinse kultuur met groot entoesiasme. Die Romeine sien dit as ’n gulde geleentheid en plant by hom ’n idee: Hulle vra hom om die Galliese hoofman Allamapstix uit te daag tot ’n stamhoofgeveg. Die hoofman wat wen, neem beheer oor die ander stam. Gewoonlik sou Disvimygrix nie waag om Allamapstix uit te...
Richard Scarry: My Eerste Groot Woordeboek
R 180.00
In Richard Scarry se My Eerste Groot Woordeboek maak ons kennis met Buks en Bettie Beer en hul vriende in Woelstad. Leer honderde nuwe woorde met behulp van Richard Scarry se wonderlike, klassieke tekeninge. Die woorde word gegroepeer volgens tema sodat die kind op ’n heerlike prettige wyse sy of haar kennis van die wêreld kan uitbrei. ’n Plesie...
Avonture van Kuifie: Die Tempel van die Son
R 170.00
Die avonture van Kuifie (Frans: Les Aventures de Tintin et Milou) is een van die gewildste strokiesverhale wat in die twintigste eeu verskyn en is vandag steeds populêr. Die boeke word in ongeveer 60 tale vertaal. Die hoofkarakter van die verhale is die jong Belgiese verslaggewer Kuifie. Saam met sy hond, Spokie, beleef hy verskeie avonture. In ...
Muishuis, Die: Sam en Julia
R 160.00
Sam en Julia woon in die Muishuis.Julie bly saam met haar ma in 'n baie klein kamertjie op die boonste verdieping. Sy het nie 'n pa, boeties of sussies nie, en ook geen oupa of ouma nie. Julia is BAIE nuuskierig en BAIE eiewys. Sy hou van opwinding en sodra sy verveeld is, gaan sy buitentoe. Op soek na avontuur. Met haar maatjie Sam. Sam woon i...
Hoekom die Walvisse gekom het
R 160.00
Die Voelman toor en vervloek mense. Moenie met hom praat nie. Bly ver van hom af weg. Gracie en Daniel word gewaarsku om nie naby die Voelman te kom nie, maar 'n boodskap in die sand laat hulle besef dat hy anders is as wat almal dink. Hulle verdwaal een nag in digte mis en beland alleen op 'n verlate eiland. Is die Voelman se stories waar? Is ...
Karel Kameleon en die Towerdrankie van Professor Borrie (Boek 1)
R 180.00
In hierdie avontuur kry Karel Kameleon en sy vriende Sollie en Henko die opdrag om professor Borrie te vind. Die spore lei na Kwaakstad, ’n stad vol paddas en kikkers. Maar hoekom gedra hierdie diere hulle so vreemd? En waarom is die professor daarheen ontvoer? Wie was dit? En wat het die professor se towerdrankie daarmee uit te waai?
David Walliams: Aaklige Ant Alberta
R 295.00
Stella Saxby is die enigste erfgenaam van die Saxby-landgoed. Maar aaklige ant Alberta en haar reuse-uil sal enigiets doen om dit by haar af te vat. Gelukkig het Stella ’n geheime – en effens spokerige – wapen…
David Walliams: Mnr Stink
R 220.00
Meneer Stink het gestink. Hy was die ene stank. Sy stank was so erg dat dit jou asem weggeslaan het. Hy was die stinkste superstankstinker wat nog ooit gelewe het. ’n Superstank is die ergste soort reuk. ’n Superstank is erger as ’n stank. En ’n stank is erger as ’n stankie. En ’n stankie is erger as ’n klankie. Maar ’n klankie is al genoeg om...