Kinders
Uile (1) van Kranskop
R 180.00
Op ’n geheimsinnige brief wat Philip Senekal vir Hennie Pretorius in die Wiskundeklas stuur, staan in groot drukletters: “UITERS GEHEIM – WYS VIR NIEMAND NIE”. Die brief is onderteken deur Die Groot Uil en Hennie moet hom tweede pouse by die bome agter die skietbaan ontmoet. Wat kan dit beteken? Dit is nie net Hennie wat so ’n vreemde boodskap v...
Goorgomgaai, Die
R 190.00
'n Muis gaan stap deur die donker bos. 'n Vos sien die muis en hy dink aan kos. Loop verder saam met die vindingryke muis deur die donker bos en ontdek wat gebeur wanneer hy 'n vos, 'n uil en 'n honger goorgomgaai raakloop...
100 Mense wat die Wêreld verander het
R 200.00
Drie hoera's vir die HELDE wat ons wêreld gemaak het wat dit vandag is. 100 Mense wat die wêreld verander het is propvol ware lewensverhale. Toer deur die wêreldgeskiedenis saam met beroemdes soos Aristoteles, Marie Curie en Mark Zuckerberg en leer ken die mense wat hulle stempel op die wêreld afgedruk het. Maak kennis met van die grootste en in...
Groot Poefwedstryd, Die
R 160.00
Koning Kuttel het 'n bietjie bly vassteek in sy piepie- en poeffase. Elke jaar laat kom hy sy minister van Binnelandse Poefsake om die Groot Poefwedstryd te organiseer. Vanaf sy kasteel se balkom sien Koning Kuttel dan 'n optog van verriklike poefkunswerke voor hom verbykom. Wie se naam gaan die koninklike kneg hierdie jaar uitbeitel in die gede...
Raai Raai Riepa!
R 190.00
Raai, raai, riepa! geel is my piepa, groen is my doedelsak waaraan my piepa hang. (Die antwoord? ’n Wortel!) Raai raai riepa is ’n versameling van Afrikaanse raaisels wat enigiemand sal laat kopkrap. As jy heeltemal in die duister is oor die antwoord op die raaisel, kan dit agter in die boek opgesoek word. Die tweede deel van Raai raai riepa bev...
Reus van der Bees
R 160.00
Die reus Van der Bees is ’n nare ou brompot, en as hy honger raak, dan more en knor die grompot: Hierdie boek geskryf deur Elli Woollard en pragtig geillustreer deur die bekende en bekroonde Benji Davies, vertel die verhaal van die reus wat op soek is na ’n kind vir sy maaltyd. ’n Seun genaamd Jan het ’n ander reus by ’n boontjierank uitoorle – ...
Boomhuis met 52 Vloere, Die
R 250.00
Andy en Terry se immer groter wordende boomhuis het nou al 52 vloere! En hulle nuwe prettige byvoegings sluit onder andere in: 'n golfmasjien, 'n regte-egte slangetjies-en-leertjies-speletjie met regte slange en lere, en 'n hoëtegnologie speuragentskap met die nuutste speurtegnologie wat baie handig te pas kom. Want hulle uitgewer, mnr. Groot...
Skoenlapperleeu, Die
R 160.00
“Ek sal my lewe lank aan jou dink, ek belowe ek sal. Ek sal jou nooit vergeet nie.” Bertie red 'n wit leeuwelpie uit die veld in Afrika. Hulle is onafskeidbaar, maar dan word Bertie ver weg na 'n kosskool in Engeland gestuur en die leeu word aan 'n sirkus verkoop. Bertie sweer hulle sal mekaar eendag weer sien, maar die skoenlapperleeu maak seke...
David Walliams: Die Middernag Bende
R 265.00
Toe ’n krieketbal Tom se kop tref, moet hy Lord Funt-hospitaal toe gaan, waar hy ontvang word deur ’n man met die skrikwekkendste voorkoms wat hy nog ooit gesien het. En net toe hy dink dat dinge nie erger kan word nie, ontmoet hy die bose matrone wat in beheer is van die kinderafdeling…
Vos en Haas
R 150.00
Hierdie boek begin met eenvoudige woorde en kort sinne en word dan geleidelik ’n bietjie moeiliker. Die boek is egter so boeiend en snaaks dat die beginner-lesertjie dit nie eens sal agterkom nie! Vos en Haas is ’n boek wat saam met die kind se leesvermoë “groei”. Maar dit is ook ’n boek om weer en weer te lees. Die warmte en humor van die stori...
Uile (5) in die Kalahari
R 180.00
Die lede van die Genootskap van die Groot Uil staar nuwe, vreemde bedreigings in die gesig … Philip Senekal, die leier van ’n vyftal vriende wat hulleself die Uile noem, oortuig sy pa om hulle almal saam te neem op ’n jagvakansie in die Kalahari. Maar dié opwindende vakansie draai anders uit as wat hierdie seuns van Kranskop verwag het. Kort voo...
Uile (3): Breuk onder die Uile
R 180.00
Die Uile is nie meer vyf nie maar vier … Toe Berrie du Toit vriende maak met Ernest Fouché, gebeur die onverwagse: Berrie breek weg van die eens hegte groep Kranskopse vriende wat hulleself die Uile noem. Hoekom is Berrie nou vriende met Ernest wat die skoolreëls oortree en so ’n bullebak is teenoor Jorsie Neethling, die kleinste Uil? Kan daar t...
Moeps die Ster
R 160.00
Die wêreld se mees selfgesentreerde mopshond neem aan ’n prettige fotosessie deel. Hy trek allerhande lawwe kostuums aan en dans rond – hy wil graag die ster van die dag wees. Maar dan sien die fotograaf Worsie raak. Moeps is nie juis bly daaroor dat Worsie die kollig steel nie en probeer alles om sy sterstatus terug te kry! Nog ’n ...
Knorrige Kwevoel
R 150.00
Kwevoel sit rustig in haar nes hoog daar bo, met haair grys opwipkuid en haar wakker kraaloe. Die ander voels wil graag met haar speel en gesels, maar Kwevoel wil net uitgelos word. Toe sy egter in die moeilikheid beland, besef Kwevoel dad ons almals n vriend of twee nodig het.
Amok Op N Besemstok
R 150.00
Die heks het n kat en n puntige hoed. En gemmerrooi hare, gevleg soos dit moet. En soos hulle vlieg op die waai van die wind, kan jy Heksie hoor lag en katertjie spin.
Rietrotte (1): Rietrotte van Valeihoër
R 195.00
As Rietrot moet jy jou plek ken, besef Daniël du Randt met die intrapslag in Rietvallei Hoër. Almal sê daar bestaan nie iets soos ontgroening nie, maar hierdie matrieks het duidelik nog nie die boodskap gekry nie. Gelukkig het hy vriende soos Malebo, Antonie en Giovanni, want Peet Pretorius eet graad 8's vir ontbyt en spoeg hulle soos fyngeko...