Kinders
Otters, Die (3): op die Bosveldplaas
R 180.00
Waar die Otters is, is daar nou eenmaal nie vrede nie. En ’n vakansie is vir die drie nie sommer net ’n gewone kuiertjie nie. Met die intrapslag loop dinge in Die Otters op die Bosveldplaas skeef: daar is oornag by die kuikenhokke gepeuter: Bykans al die kuikens het deur groot gate in die sifdraad ontsnap en Litte is juis ’n man wat half sentime...
Avonture van Kuifie: In die land van Swart Goud
R 170.00
Die avonture van Kuifie (Frans: Les Aventures de Tintin et Milou) is een van die gewildste strokiesverhale wat in die twintigste eeu verskyn en is vandag steeds populêr. Die boeke word in ongeveer 60 tale vertaal. Die hoofkarakter van die verhale is die jong Belgiese verslaggewer Kuifie. Saam met sy hond, Spokie, beleef hy verskeie avonture. In ...
David Walliams: Die Aakligste kinders op Aarde 1
R 295.00
Ontmoet vyf stuitige seuns en vyf mislike meisies! Soos Ruda – ’n meisie wat so baie op die rusbank sit en TV kyk dat sy aan die bank vasgroei! Of Dries Drup-drup – ’n seun wie se kwyl hom op ’n skooluitstappie in allerhande moeilikheid laat beland! En moenie vergeet van Sanet Skreenet nie – ’n monsteragtige ouer suster wat liederlike leuens ve...
Kammaland
R 200.00
Kammaland is ’n pragtige kinderboek met stories en pragtige illustrasies vir kinders uit die verhaleskat van Helena J.F. Lochne. Dit is lekkerleesstories vir voorlees en selflees deur kinders in Graad 3 en hoer. Hierdie verhale kom oorspronklik uit ’n reeks van ses bundels, onder andere Diereland, Storieland, Kleuterland en Avontuurland.
Wat Speel ons?
R 220.00
Wolf, Wolf, hoe laat is dit? Almal ken hierdie geliefde kinderspeletjie: As die Wolf uitroep Etenstyd! dan moet jy laat spat. Wat speel ons? is ’n versameling speletjies wat kinders al vir jare lank speel. Albasterspeletjies, blikaspaai, sakreisies, touspringspeletjies en ander gunstelinge word in hierdie boek opgeneem en met foto’s en sketse ge...
Uile (7) langs die Limpopo
R 180.00
Tussen die bome langs die Limpoporivier wag daar allesbehalwe ’n rustige kampvakansie … ’n Vakansie langs die Limpopo hou ongetwyfeld avonture vir die Uile-bende in – veral omdat hul goeie vriend Wadda, die woestynmens, saamgaan. Maar die afgeleë boswêreld is nie net vir dié vriende aanloklik nie. Vir ’n meedoënlose smokkelbende is dit die ideal...
Uile (6) in die Verlore Stad
R 180.00
Hoe ontaard ’n heerlike vakansie ver weg van die beskawing in ’n stryd om oorlewing? Vir die vyf dapper vriende wat hulleself die Uile noem, is dit opwindend om na die skatte van ’n geheimsinnige, verlore stad in die Kalahari te gaan soek. Opwindend, ja, maar ook lewensgevaarlik. Want in die Kalahariwoestyn is die enigste bedreigings nie net die...
100 Papiervliegtuie
R 160.00
Word 'n vliegkampioen met hierdie pragtige papiervliegtuie. Daar is 100 blaaie wat jy kan uitskeur om allerlei opwindende vliegtuigies te vou - van vegvliegtuie tot ruimtevuurpyle tot vreemde vlieënde goggas. - Vol pragtige ontwerpe vir papiervliegtuie, om te vou en mee te vlieg. - Gedruk op spesiale uitskeur-bladsye; elke papiervliegtuig is uni...
Storie van Sterre en Planete, Die
R 230.00
Wanneer ’n mens na die naghemel opkyk, sien jy nie net sterre nie. Die swart leegte van die ruimte is deurspek met voorwerpe van elke denkbare vorm en grootte – van enorme brandende sterre tot piepklein stofvlekkies. Hierdie boek verken die geheimenisse van sterre en planete en ontsluit die raaisels van astronomie: die wetenskap van die buitenst...
Waar's Willie nou?
R 150.00
Kom saam met Willie op reis deur al die tonele in hierdie wonderwêreldboek. Soek vir Willie in die groot vrugtegeveg, die wedstryd van 'n leeftyd, die speelgoedkamer, die koekfabriek, Tronkvoël se moeras en nog vele meer!
Boomhuis Met 91 Vloere, Die
R 250.00
Andy en Terry se boomhuis brei net verder uit!
Uile (9) in die Wapad
R 180.00
Sal die Uile hierdie keer weer uit die moeilikheid kan kom? Die vyf vriende bekend as die Uile kan aan geen lekkerder manier dink om hul somervakansie te spandeer as ’n fietstoer deur Mpumalanga nie. Natuurlik is dié avontuur nie sonder onvoorsiene uitdagings nie. Die asems word opgehou wanneer Berrie se fietsketting breek op ’n smal bruggie ter...
Rietrotte (3): Rietrotte en die Raaisel
R 195.00
Dis die eerste oop naweek vir die graad 8's. Maar Daniël, Malebo en Antonie is gehok, met juffrou Faure van alle mense as die onderwyseres aan diens! Almal weet sy is so koud soos 'n vrieskas. Reg om jou plat te vee sonder om 'n oog te knip. Wat as Joachim reg is en sy Pieter laat verdwyn het? En dan is daar die mans met die swart pakk...
Omdat ek so lief is vir jou
R 160.00
Ysie ysbeer weet al baie: waar die lekkerste visse swem, hoe om 'n sneeuvlokkie te smaak, dat die wind kan streel en byt, en wanneer die son of die maan skyn. Hy weet ook hoe ver hy van sy mamma af kan dwaal sonder dat hy in gevaar is. Daar is natuurlik dinge wat Ysie nog nie heeltemal verstaan nie, maar die antwoord op die belangrikste vraag ke...
Bullebakke: Episode 3
R 150.00
Vandag is 'n baie slegte dag vir die Bullebakke! Mnr Wolf en sy bende wat so hard probeer om goeie ouens te wees, het 'n rukkie gelede met die verkeerde Marmotjie gelol. En hierdie nare klein donsklos wil nou wraak neem. Sal die Bak Bulle Klub dit oorleef? Sal hulle helde wees? Miskien as hulle ophou om mekaar te probeer opeet..... Maak gereed v...
Richard Scarry: Beste rympies Ooit
R 185.00
Richard Scarry is wêreldwyd een van die gewildste illustreerders van kinderboeke. In hierdie versameling verras hy met ’n sprankelende kyk op vyftig klassieke kleuterryme. Daniel Hugo se vertalings van ou bekendes soos “Little Miss Muffet”, “Simple Simon”, “Old Mother Hubbard” en “Georgie Porgie” gee hulle ’n onverwagse nuwe lewe in Afrikaans.