Kinders
Enid Blyton: Beroemde Vyf (2): Vyf en 'n tweede avontuur
R 210.00
Toe die vyf vriende 'n antieke kaart ontdek wat hulle na 'n geheime paadjie lei, kan hulle skaars wag om verdere ondersoek in te stel. Dan verdwyn oom Quentin se belangrike dokumente, en die soektog ontaard in 'n ware skattejag. George en Timmy het hond se gedagtes oor wie nou eintlik die skurk is ... maar kan die vyf vriende saamwerk om die...
Otters, Die (5): se "Fietstoer"
R 180.00
Buks, Kassie en Litte – oftewel die Otters – skryf briewe aan hul ouers sodat hulle fietse vir ʼn fietstoer kan bekom. Na heelwat beplanning, vertrek die seuns met ʼn gesonde voorraad blikkieskos en water in groot rugsakke na die Tuliblok langs die Limpoporivier. Wanneer hulle besef dat hulle oor die 400 km sal moet ry, kry hulle rygeleenthede saa...
Richard Scarry se Beste Storieboek ooit
R 295.00
Hierdie storieboek is 'n versameling boeiende stories en rympies wat die gevierde kinderboekillustreerder Richard Scarry se immergewilde dierekaraktertjies insluit. Die vrolike verhale en prettige illustrasies maak dit die beste storieboek ooit....
Tot siens, Vos en Haas
R 150.00
Lees net hier: "Haai, Vos! Haai, Haas!" Dit is Uil wat so roep. Hy sit in sy boom en wink deur die venster. "Dis snaaks," se Haas. "Baie snaaks," se Vos. Want vandat Uil 'n eier het, wil hy niemand sien nie. Vos en Haas, uit Sylvia Vanden Heede en illustreerder The Tjong-Khing se eerste Vos en Haas-"groeiboek", het die harte van ontelbare eerst...
Krygsperd
R 170.00
Krygsperd (War Horse in die oorspronklike Engels) vertel die aangrypende verhaal van die dapper Joey, 'n perd wat in 1914 verkoop word en kort daarna as oorlogsperd in die middel van die choas en ontbering van die Eerste Wereldoorlog beland. Die boek het aanleiding gegee tot Steven Spielberg se gewilde gelyknamige rolprent, wat in 2011 op die g...
Uile (8) by die See
R 180.00
Hoe goed kan die vyf Uile swem? Toe Jorsie se ouers sy vier vriende saam see toe nooi, het hulle geweet dit sal nie ’n rustige vakansie wees nie. Maar die gevaar en opwinding wat sou volg, kon hulle nooit voorsien nie. Dit beteken natuurlik nie dat Jorsie, Philip, Vaatjie, Berrie en Hennie – wat hulleself die Uile noem – na moeilikheid soek nie,...
Uile (4) in die Wildtuin
R 150.00
’n Bosveld- en wildtuinvakansie hou vir die Uile onverwagte avonture in … Philip, Hennie, Berrie, Vaatjie en Jorsie, die vyf vriende bekend as die Uile, reken die grootste vakansie-avonture wag vir hulle op ’n bosveldplaas. Toe Philip, die Groot Uil, ’n luiperd uit ’n boom plattrek, dink hulle die vakansie kan nou net rustiger raak. Maar toe bes...
Uile (12) in Mosambiek
R 180.00
Wit strande, tropiese visse, vakansie … en gevaar! Gevaar en avontuur volg die vyf Uile net waar hulle gaan. Vir hierdie vriende is ’n tropiese vakansie in asemrowende Mosambiek gou veel meer as pret en plesier. Sal ’n noue ontkoming met ’n haai die einde van die drama wees? Of is dit net die begin? Dalk lê die antwoord op ’n geheimsinnige kaart...
Uile (11) Vyf Uile en 'n Tier
R 180.00
Diefstal, spoke, skobbejakke … en ’n tier! Op Kranskop is daar nie ’n tekort aan koshuisstreke, avontuur of raaisels wat opgelos moet word nie. Wanneer ’n groot sirkustier boonop uit sy hok ontsnap, is dit die begin van selfs meer aksie. Philip en sy vriende – die Uile – word nie toegelaat om aan die gewapende soektog deel te neem nie en besluit...
Uile (10) in die Stad
R 180.00
’n Paar blink klippies, ’n vreemde stad en ’n gevaarlike smokkelbende … Onderweg na Johannesburg versteek iemand geroofde diamante in Jorsie se tas. So beland hy en sy vriende – bekend as die Uile – in ’n ondergrondse netwerk van misdaad. En wanneer die moeilikheid hulle na ’n verlate mynskag lei, raak dinge éérs gevaarlik. Sal die Uile Lan Fu s...
Moeps die Toeris
R 160.00
Moeps gaan saam op reis, maar dit was dalk nie die beste idee om hom saam te neem nie. Oral waar dié stoute mopshond gaan, veroorsaak hy chaos! Hy sit beslis nie sy beste pootjie voor nie. Maar soos die gesegde lui: Elke hond kry sy dag ...Nog 'n lekkerlag rympiesboek vir Moeps se aanhangers!
Boomhuis met 39 Vloere, Die
R 250.00
Andy en Terry het nóg vloere aangebou by hulle fantastiese boomhuis! Nou is daar 39 vloere met allerhande prettige byvoegings – soos die wêreld se vreesaanjaendste tuimeltrein, ’n maller-as-mal-mallemeule, ’n reusetrampolien, en ’n disko om maar net ’n paar goed te noem. En die beste byvoeging van als? ... Terry se nuutste uitvindsel ... ’n mas...
Bullebakke: Episode 6
R 150.00
Die Bullebakke is nou in die buitenste ruimte. En hulle verdwyn een na die ander!! ’n Gruwelike ruimtewese met vreeslik baie tande en heeltemal te veel boude raap hulle een vir een op! Is dit die einde vir die goeie ouens wat so graag helde wou wees?
Bullebakke: Episode 7
R 150.00
Die Bullebakke het die ruimtewesens ontkom deur een of ander knoppie – OEPS – te druk! En het in die tyd van die dinosourusse beland! Ja, julle het reg gehoor! Die helde word deur dinourusse gejag ... Maar wie moet nou eintlik bang wees vir wie?
Daar's 'n grak in my sak (Dr. Seuss)
R 185.00
Was daar al ooit ’n grak in jou sak? Of ’n benster in jou venster? Wat van ’n noeknak op jou boekrak? Met ’n kombinasie van skreeusnaakse stories, lawwe karakters en die raarste rympies maak Dr. Seuss lees pret. Lees Dr. Seuss se gewilde There’s a Wocket in My Pocket vir die eerste keer in Afrikaans!
Kat kom terug (Dr. Seuss)
R 185.00
Die kat met die hoed is terug met ’n span piepklein moeilikheidmakers, en daar wag nog ’n holderstebolder avontuur op Sonja en haar boetie. Hierdie is ’n nuwe Afrikaanse uitgawe van Dr. Seuss se The Cat in the Hat Comes Back, vertaal deur die bekroonde kinderboekskrywer en -vertaler, Jaco Jacobs.