Kinders
Boomhuis met 78 Vloere
R 250.00
Kom kuier by Andy en Terry in hulle fantastiese nuwe boomhuis met 78 vloere. Daar is 13 nuwe vloere met opwindende nuwighede soos n deurry-karwassery, n kombinasiestasie, n krabbeltorium, n ALLE BALLE-sportstadion, Anyland, Terrystad, en n oplugfliekteater! Ja jy het reg gelees - n fliekteater! Hulle het selfs n grootkop uit Hollywood wat n flie...
Asterix: Asterix die Gladiator
R 150.00
Dit is die jaar 50 voor Christus. Gallië is geheel en al in Romeinse besit. Geheel en al? Nee! Een dorpi vol ontembarie Galliërs bied hardnekkig weerstand teen die invallers en maak die lewe moeilik vir die Romeinse Legioensoldate wat laer trek in die vestingskampe...
ASTERIX 23 OBELIX EN KIE
R 190.00
Julius Caesar stuur Caius Ferregaandus, ’n slim MBA-mannetjie, om die Galliërs besig te hou deur hulle voor te stel aan die sakewêreld. Obelix val pens en pootjies vir die idee en word ’n grootmeneer in die menhirbedryf, maar sal sy welvaart geluk bring? En wat gebeur wanneer die vraag die aanbod oorskry?
Rietrotte (5): Rietrotte lê Laag
R 195.00
Uiteindelik het Daniël 'n nuwe kamermaat, maar daar is iets baie vreemds met hom aan die gang. Waarheen verdwyn Wesley in die middel van die nag? Verder gaan die soektog na Daniël se pa voort. Die kanse begin egter baie skraal te lyk dat hy gevind sal word.
Rietrotte (4): Rietrotte en die Stropers
R 195.00
Dis die eerste oop naweek vir die graad 8's. Maar Daniël, Malebo en Antonie is gehok, met juffrou Faure van alle mense as die onderwyseres aan diens! Almal weet sy is so koud soos 'n vrieskas. Reg om jou plat te vee sonder om 'n oog te knip. Wat as Joachim reg is en sy Pieter laat verdwyn het? En dan is daar die mans met die swart pakk...
Rietrotte (2): Rietrotte en die Rowers
R 195.00
Ná 'n maand in Rietvallei Hoër is Daniël du Randt 'n Rietrot tot in sy kleintoontjienael se voorste punt. Peet Pretorius het egter steeds nie die boodskap gekry dat ontgroening, oftewel oriëntering, nie meer plaasvind nie en Daniël-hulle moet mooi loop om uit sy kloue te bly. Dat hulle boonop die kwaai juffrou Faure, wat saam met haar man '...
Rietrotte (6): Rietrotte weet te veel
R 195.00
Daniël-hulle kan dit amper nie glo nie: Hulle word genooi vir 'n naweek in Johannesburg deur Antonie se ma. Maar 'n cool video wat hulle neem van motorfietse wat agterin 'n meubelwa inry, veroorsaak dat hulle met die verkeerde mense deurmekaar raak. Die Rietrotte weet te veel en dinge raak vinnig gevaarlik vir hulle...
Rietrotte (7): Rietrotte en die rotsgrot
R 195.00
Daniël en sy vriende is al weer in die moeilikheid - hierdie keer by Peet én juffrou Faure. Hoe het hulle dit reggekry om die ergste matriekou en die ergste juffrou al twee gelyk teen hulle te hê? Gelukkig nooi Antonie se pa hulle vir die naweek Kaap toe, sommer al van die Donderdagaand af. Hulle almal sien uit na 'n sorgelose naweek by die see,...
Enid Blyton: Beroemde Vyf (3): Vyf vat saam die pad
R 210.00
“Ons wil nie hê die smokkelaars moet weetdat ons hulle speletjie agtergekom het nie.Ons wil hulle probeer vastrek!”Die vyf vriende ontdek ’n geheimsinnige trommel op Kirrin-eiland en hulle vermoed onraad. Maar dan hoor hulle ’n kind in die middel van die nag skree! Wie is saam met hulle op die eiland, en hoekom?Pragtige nuwe omslagkuns deu...
Uile (13) in die Gimnasium
R 180.00
Die vyf Uile is nou jongmanne. Hul skooldae op Kranskop is verby, maar die avontuurlus leef steeds voort waar dié ouens hulle nou bevind: die leërgimnasium. Hier is die luitenante en korporaals manne om rekening mee te hou. Dit is nou tyd om taai te word, om te leer dat ’n man nie moeg is totdat jou wil ingegee het nie – en hier mág jou wil nie ...
Uile (14) Vlieg Weer
R 180.00
Die Uile vlieg weer is ’n paar jaar ná die oorspronklike Uile-reeks geskryf. Dit handel oor die geliefde Uile se kinders wat nou in die voetspore van hul ouers volg. Philip Senekal begin sy hoërskoolloopbaan op Kranskop. Dit is sy pa se ou skool en hy weet al soveel van die koshuis en die omgewing dat hy uitsien na die avonture wat op hom wag. M...
Otters, Die (8): in die Okavango Moeras
R 180.00
Die Otters gaan saam met hulle pa’s op ’n kampeervakansie na Moremi, ’n wildreservaat in die oostelike gedeelte van die Okavango-delta. Een pa nooi ’n studentevriend van hom en dié se seun Berrie ook saam. Sommer gou besef die Otters dat Berrie deel is van die Uil-bende, en dat hulle op hom kan staatmaak. Die pad na Moremi loop lang draaie deur ...
Otters, Die (7): se Veldskoolavonture
R 180.00
Die Otters gaan veldskool toe. Hier leer hulle ’n paar dinge oor die natuur en oor hulself, en versterk die vriendskapsbande terwyl die seuns snags om ’n kampvuurtjie sit en die veldskoollied sing. Bedags moet hulle deur hindernisbane sukkel en hul weg met ’n kompas oor berge en deur dale terug na die kamp vind. Weggesteek in die digte bosveldwê...
Hoe om 'n draak te tem: Hoe 'n Seerower te Wees
R 185.00
HARWARRUS HORRIBALUS HELDEHELM DIE DERDE was ’n swaardvegter en die grootste Wiking-held wat nog ooit gelewe het. Kan Harwarrus Grombaard die Gruwelike se skat vind voor Alvin die Verraderlike sy slinkse kloue daarop kry? En wat as Harwarrus ’n kis oopmaak wat sê MOENIE OOPMAAK NIE? Sal hy lewe om die storie te vertel? “Skreeusnaaks, wonderlik g...
Muishuis, Die: By die Kermis
R 160.00
Sam en Julia woon in die Muishuis. Sam is BAIE skaam en BAIE soet, en Julia is BAIE nuuskierig en BAIE eiewys. Maar al verskil hulle so van mekaar, is hulle beste maatjies. Toe hulle op 'n dag met albasters speel, tel hulle 'n besonderse klip op - 'n gelukbringerklip. Hulle bêre dit natuurlik in hul skatkissie in hul geheime hut onder die trap. ...
Horton Hoor 'n Hoe! (Dr. Seuss)
R 175.00
Op die 15de Mei in die oerwoud van Noelterwyl Herrie Olifant swem in sy poelsou hy laat op een middag ’n ietsietjie hoor,’n klein krieselklankie wat krap in sy oor… Toe Herrie ’n klein stemmetjie om hulp hoor skree, los hy alles om sy nuwe vriend te red, want of jy groot is of klein is, jy mag van jou laat hoor! Met die snaaksste stories, die ...