- Home
- Volwasse: Kookboeke
- Kookboeke
Volwasse: Kookboeke
Vinnig & maklik: Muffins, koek, kleinkoekies, skywe, teebrode
R 40.00
Bak is deel van elke Suid - Afrikaner se bestaan, maar die metodes moet aangepas word om by ons moderne leefwyse te pas. Dit is wat hierdie boek poog om te doen. Al die resepte in die boek is vinnig om voor te berei.
Vars & Smullekker: Muffins en Skywe
R 40.00
Hierdie boek bevat 'n wye verskeidenheid heerlike, maklike resepte vir onverbeterlike muffins en skywe wat 'n aanwins vir enige kombuisbiblioteek sal wees.
Makietie
R 120.00
Die Kokkedoor-wenners (Tiaan en Mynhardt) se eie resepteboek wat ook aansluit by hulle TV-program genaamd Makietie. Die boek bevat dertien feesgeleenthede soos ’n boekklubete, ’n “vintage rugby-ete” (met Schalk Burger), ’n karnival-kinderpartytjie, ’n moderne braai in die wingerd en ’n tradisionele familie Sondag-middagete. Elke geleentheid be...
50 Van die Beste Volstruis Resepte
R 50.00
Volstruis het dieselfde smaak en tekstuur as beesvleis, maar met laer vet- en cholesterolvlakke is dit die perfekte maaltyd vir gesondheisbewustes wat tog 'n stukkie rooivleis wil geniet. Volstruisvleis is so veelsydig dat dit in enige vorm - van 'n sappige lendestuk tot maalvleis en wors - gekoop en voorberei kan word. 50 van die Beste Volstrui...
Kokkedoortjie
R 360.00
Kokkedoortjie is ’n kookboek vir die gesin, vir kinders en vir die kind in ons almal. Dit verweef elke dag se resepte met ’n unieke bestanddeel – die kleurvolle verbeelding van ’n kind. Dit wissel van eiernessies vir ontbyt, die beste kosblik-toebroodjies ooit, koekies vir Entrepreneursdag, trooskos, sportiewe hamburgers, piekniekslaaie, poetsba...
Liefde vir Bak, 'n
R 120.00
’n Liefde vir Bak is die eerste boek uit die pen van kosstilis van formaat, Sarah Dall. Sy was nog nooit een wat neigings slaafs navolg nie en het altyd ’n vars nuwe uitkyk – in plaas van rooifluweel-kolwyntjies, maak sy rooifluweelmakrolletjies. Die boek dek ’n groot verskeidenheid bakresepte en bevat alles vanaf koeke, kolwyntjies en nageregte...
Kook saam stap vir stap
R 80.00
Kook staam stap vir stap is 'n onontbeerlike gids vir elke kombuis. Nou kan selfs die mees onervare beginnerkok met die volste vertroue watertandgeregte berei sondder om te verbrou.
Vinnig & maklik: Koek & Muffins, Kleinkoekies, skywe & Nog
R 40.00
Na die sukses van die eerste vinnig en maklik-bakboek het menigte lojale bakkers gevra dat nog een geskep word. Dit het gebgeblyk dat diegene wat vir hul gesinne of vir koekstalletjies, oggend- en middagtees, brug-middagetes en skoolkosblikkies bak die boek uit hulle kop ken en hulle repertoire van bakwerk.
Laat die Potte Prut (VIA)
R 370.00
Die beste resepte van die gewilde potjiekosreeks op Via. Van eenvoudig tot deftig, goedkoop tot duur - maar altyd gesellig en watertand lekker. Resepte vir voor- en hoofgeregte, bykosse en selfs nageregte, alles op die vuur. Potjies soos geroomde mossels, volstruisnekkerrie, lamskenkel, waterblommetjiebredie en 'n uithaler sjokalade-toringkoe...
JanBraai: Vegetaries
R 485.00
'n Versameling van Jan se beste vegetariese resepte en nog baie nuwe kinkels, alles op die vuur. As jy iets soek vir vleislose Maandag, jou nuwe vegetariese skoondogter moet onthaal, of die kleinkinders moet kosgee - is daar geen rede waarom jy nie kan braai nie. Met Jan se liplekker braaibroodtjies, potjies, kerrie, brode, burgers tot poeding...
Marinda se Koskas
R 320.00
"Die resepte in hierdie boek het ek fyn uitgekies. Dit is kos wat ék sien as onthoukos". Marinda se koskas maak voorsiening vir ontbyt, sop en voorgeregte, brood en beskuit, slaai, seekos, vleis, groente, pasta en bygeregte, nageregte, terte, koeke en ander soetigheid. Lipleklekker kos wat jy in ’n japtrap kan berei sonder fieterjasies of vreem...
Teepartytjie (Clover): 55 Wenresepte van 20 jaar!
R 300.00
Koninklike resepte vir ’n koninklike teepartytjie.Clover nooi jou hartlik uit na ’n heerlike teeparty… soos nét die koninklikes dit kan doen! In Clover Koninklike Teepartytjie deel Clover 55 smaaklike resepte vir al daardie lekkernye wat op jou teetafel behoort te pronk. Van botterbroodjies met dekadente room en konfyt, tot veerligte sponskoek ...
Tuistafel: Kook saam met die Huiskok
R 150.00
Tuistafel trek jou in met kosmaak se klein en groot plesiere – of dit ’n eenvoudige onthoukos-gereg of ’n feesmaal saam met kleurryke kosvriende is. Tuistafel bevat resepte fyn gestippel met familie- en kindsbeenkos. Dit vertel ook van die rykdom van vriende aan tafel en kos wat sy arms wyd strek. Kos van verlange soos melkkos vat hande met avon...
1 Beslag, 100 Koeke: Bak Met Net 1 Basiese Resep 100 Verskillende Koeke
R 70.00
Een basiese koekbeslag met 'n hele honderd variasies - van gunstelingkoeke vir jou gesin, spogkoeke om jou gaste te beïndruk en fyn kolwyntjies vir teetyd tot heerlike gesonde vrugtekoeke en smullekker warm koekpoedings vir grou wintersdae! Lekker bak!
Koskaskos
R 150.00
Koskaskos gee nie net raad oor die noodsaaklike kruie, speserye en kositems wat in jou koskas hoort nie, maar die resepte gebruik ook bestanddele uit jou koskas, op vindingryke maniere voorberei, sodat alledaagse bestanddele en disse in buitengewone geregte omskep word. Daar is ook waarhede en wenke oor hoe om die regte geure te kombineer sodat ...
Maak Vyf - 1 Bestanddeel = 5 Resepte
R 120.00
Maak Vyf bevat eenvoudige en maklike resepte van bekende bestanddele wat elk op vyf verskillende maniere gebruik word. Die boek fokus op ’n seleksie van alledaagse bestanddele soos geblikte vis, hoenderfilette, eiers, pasta, rys, droë boontjies, botterskorsie en tamaties om net ’n paar te noem. Die resepte strek van vinnige maaltye, bygeregte en...