- Home
- Kinders: 10 tot 13 Jaar
- Fiksie
Kinders: 10 tot 13 Jaar
Flippie word 'n Vlieg
R 170.00
Waarskuwing: Een van die hoofstukke in hierdie boek is superjiggie! Sal jy daarvan hou om plekke te ruil met ’n VLIEG? Natuurlik nie. DIT SAL AAKLIG WEES! Maar dis presies wat met Flippie Visagie gebeur. So, moet liewer nie die boek lees nie. Dit gaan jou NAAR maak. Rêrig-êrig naar!
Pippie Langkous Omnibus: 75 Jaar
R 275.00
Met hierdie heruitgawe van die Pippie Langkous-omnibus vier Pippie haar 75ste bestaansjaar. Lesers sal hulle opnuut verlustig aan Pippie se manewales in hierdie nuwe uitgawe, waarin die 1975-vertaling deur Nerina Ferreira in hedendaagse Afrikaans deur bekroonde skrywer, Jaco Jacobs, hersien is. Die spesiale versameling sluit drie klassieke Pippi...
Tania Brink Omnibus 1
R 290.00
Lees nou drie van Tania Brink se gewildste tienerliefdesverhale in een lekkerleesliefdesomnibus! My hart is vol graffiti Lara het die perfekte ou. Maar wanneer sy en haar beste vriendin, Vanessa, ’n artikel vir ’n tienertydskrif moet skryf oor graffiti, ontmoet hulle ’n regte graffitikunstenaar wat hulle aan ’n opwindende nuwe wêreld bekend s...
Boomhuis met 52 Vloere, Die
R 250.00
Andy en Terry se immer groter wordende boomhuis het nou al 52 vloere! En hulle nuwe prettige byvoegings sluit onder andere in: 'n golfmasjien, 'n regte-egte slangetjies-en-leertjies-speletjie met regte slange en lere, en 'n hoëtegnologie speuragentskap met die nuutste speurtegnologie wat baie handig te pas kom. Want hulle uitgewer, mnr. Groot...
Dagboek van 'n Wimpy kid 13: Koue Voete
R 180.00
'n Sneeustorm veroorsaak dat Greg Heffley se skool moet sluit, en sy buurt verander in 'n ysige slagveld. Vyandige groepe baklei om grondgebied, bou enorme sneeuforte en voer epiese sneeubalgevegte. En Greg en sy getroue beste vriend, Rowley Jefferson, beland in die spervuur. Greg en Rowley moet bondgenootskappe, verraad en oorlogbendes in 'n st...
Dagboek van 'n Wimpy kid 14: Breekyster
R 180.00
'n Onverwagse erflating gee Gregg Heffley se gesin 'n kans om groot veranderinge aan hul huis aan te bring. Maar hulle besef gou huisverbeteringe is nie kinderspeletjies nie. Die oomblik wanneer die mure platgeslaan word, duik probleme oral op. Verrotte hout, giftige skimmel, onwelkome gediertes en iets meer onheilspellends laat Greg en sy gesin...
Eerste Liefde (Omnibus 1)
R 120.00
Drama, humor . . . en natuurlik liefde en liefdesdriehoeke. Drie van die gewildste Eerste Liefde-stories in een. In Rugbyballe en bikini’s kan niks Anelle se vakansie op Duinebaai bederf nie. Maar hoekom laat Martin haar so anders voel? In Daar’s’n ou in my aarbei-smoothie steek ’n geheime bewonderaar boodskappe in Yolandé se tas weg. In My hart...
Kies-jou-avontuur 2: Die gevaarlikste boek op aarde
R 180.00
Gretha maak ’n groot fout wanneer sy haar stiefsussie se sprokiesboek uit wraak vernietig. Want nou bevind sy en haar beste vriend, Hannes, hulle in die koninkryk van Fantastorië, waar ongekende gevare wag. Saam met die iesegrimmige kabouter Kabous moet hulle die sprokieswêreld deursoek vir vyf unieke legkaartstukke, sodat die Towerspieël hulle ...
Ouma Hester en die Superkomeet (Boek 4)
R 180.00
Meeluister-apparate, gesplitste olifantmis en geheime reaktors! Sabotasie, staatsgeheime en slymerig slakke! Die gewetenlose generaal Kerbhala en Spesiale Taakmag T-01 is warm op ouma Hester se spoor. Hoe gaan hulle uit die boosaardige folteraar se kloue ontsnap? Voor hulle weet, word ouma Hester, Tian en Lisa betrek by ’n gemene pakt met eienaa...
Liewe Heksie se groot omnibus
R 410.00
Hierdie reuse-omnibus bevat al 41 van Verna Vels se oorspronklike Liewe Heksie-stories waarin die bekoorlike klein karaktertjie en haar maats, Blommie Kabouter, Karel Kat, Kwaaitjie Kabouter, Koning Rosekrans en vele meer weer oud en jonk laat skaterlag met hulle mannewales. Die stories is 'n versameling uit die bundels: Die Liewe Heksi...
Dagboek van 'n Dork 2: Stories van 'n nie-so-gewilde partytjiepop
R 120.00
Nikki begin uiteindelik in haar nuwe skool aanpas. Sy het twee cool vriende en Brandon het haar uiteindelik begin raaksien. Nikki wil saam met Brandon na die skooldans gaan, maar wanneer MacKenzie begin spog dat sy saam met Brandon gaan, besluit Nikki om liewer na haar sussie se partytjie te gaan. Later vind sy uit dat MacKenzie gejok het, en Ni...
Dagboek van 'n Dork 1: Stories van 'n nie-so-fantastiese lewe
R 120.00
Nikki Maxwell is nie gewild nie. Eintlik is sy die teenoorgestelde van gewild. Sy’s ’n absolute dork! Nikki hoop sy kan vriende by die nuwe skool maak en dat haar dorkdae nou verby is. Maar die lewe is nie so eenvoudig nie. Wanneer sy vir die kunskompetisie inskryf, vind sy uit dat die mislikste meisie in die skool ook nou haar grootste kompetis...
Wat Werner doen met sy Drie Miljoen
R 230.00
Wat sal jy doen as jy die LOTTO wen? Dit is die vraag wat Werner, TC en Einstein hulself afvra een pouse. Soos die meeste graad 9 seuns, droom hulle oor sportmotors en privaat vliegtuie. Vir die grap besluit die drie seuns om regtig elkeen ’n LOTTO-kaartjie te koop. Hulle vat vir Oupa Ig (Werner se oupa wat Alzheimers het) om “roomys” te koop, e...
Meisie Wat Gedink Het Haar Ma Is 'n Meermin, Die
R 190.00
’n Aangrypende, fantastiese avontuur buite en onder die water…Stella is nog altyd die eenkantkind in die familie gewees. Sy loop in haar slaap en sy is bang vir die water alhoewel sy geboei is daardeur. Die grootste raaisel vir Stella is haar ma, wat oorlede is toe Stella agt jaar oud was. Wie was haar ma? Hoekom het sy vir Stella ‘n hangertjie...
As Mens Geluk Kon Proe
R 220.00
Soms is geluk soos ’n vergete peperment in jou skoolbaadjiesak. Toe Arnelia en haar ma van Kaapstad na Potchefstroom verhuis, besluit sy dit is die ideale geleentheid om die draaiboek van haar lewe te herskryf. ’n Nuwe dorp en ’n nuwe skool is die perfekte geleentheid om haarself te heront-werp. ’n Nuwe blaadjie om te slaan. Operasie Nuwe Arnel...
Op die maat van Maya
R 200.00
Toe Maya en Joe mekaar een aand by ’n kuierplek raakloop waar hulle dieselfde Franco de Jong-liedjie sing, begin haar netjies-beplande lewe verander. Te danke aan Joe vergeet sy van haar eks, Mark, en die rampspoedige einde van hulle verhouding. Sy kry die geleentheid om in Joe se band te sing, en nou is sy nie meer so seker dat sy medies wil ga...