- Home
- Kinders: 10 tot 13 Jaar
- Fiksie
Kinders: 10 tot 13 Jaar
Elf dae in Amsterdam
R 230.00
Millie is in Amsterdam om haar tante te help aansterk na ’n knie-operasie. Maar toe die tante langer in die hospitaal moet bly, is Millie gestrand! Sy leer ken toevallig vir Pim, 'n Amsterdammer met wortels in Suid-Afrika. Maar hoekom het haar ma haar ouma se dagboek uit haar tienerjare in Amsterdam tydens die Tweede Wêreldoorlog in haar tas ...
Anderkant die blou
R 170.00
Lienke en Dezi se Kalkbaai-vakansie is vol verrassings. By die hotel ontmoet hulle vir Danroy, wat daar vakansiewerk doen. Saam met hom leer ken hulle al die mooiste plekke in die baai. Ook Danroy se "skwad", en sy geliefde Uncle Kaz. Dan is daar 'n tragedie op see wat Danroy en sy ma se lewe omkeer. Soos Uncle Kaz altyd sê: "Mens het net...
Raaiselster
R 225.00
Leopold se wêreld stort in duie wanneer sy ma sterf en sy familie se rykdom verdwyn. Hy ontmoet ’n togryer –’n boggelrugman met ’n vreemde wit hond – wat hom ompraat om by die transportwa aan te sluit na die diamantvelde om sy fortuin te soek. Onderweg kruis sy pad met dié van Sara, op soek na die merk van haar voormense. Hy ontmoet ook ...
Anna Atoom en die seerower se dolk (skooluitgawe)
R 185.00
’n Ekologiese ramp tref die aarde: alge begin die oseane oorgroei en bedreig alle lewe in die see. Terwyl Anna se ouers probeer uitvind wat dit veroorsaak het, en hoe om dit te keer, stel Anna net in een ding belang: ’n antieke dolk wat sy in die see gevind het. Sy glo dit het meer as tweehonderd jaar gelede aan ’n beroemde seero...
Anna Atoom en die digitale draak
R 240.00
Dis somervakansie en tyd vir Darius om op MonPetit te kom kuier. Anna kan nie wag nie! Sy wil vir hom die grotte op die eiland gaan wys, en hulle gaan vir professor Sabatina help met haar navorsing vir die AardWag oor vulkaniese aktiwiteit. Maar iemand anders stel ook belang in die vulkane om die eiland, veral ’n spesifieke ondersese vulkaan bek...
Saak van lewe of dood
R 195.00
Zander mis sy sussie. En daarmee saam voel dit vir hom asof hy besig is om sy ouers ook te verloor. Maar gelukkig is daar genoeg om sy aandag van dinge by die huis af te lei. Hy en sy pelle, Mieke, Bongani en Ruben, gaan ’n kortfilm maak vir die kunsfees en hulle gaan seerowers wees! Hulle het selfs die perfekte plek om die video te skiet ...
Lotta se lewe (13): Woef-waff!
R 220.00
Lotta se klas gaan hierdie week na hulle ouers se werksplek toe om te kyk wat hulle beroep is. Pappa is een van die ouers. Net die gedagte dat hulle na sy skool toe gaan, gee haar ’n NAAR KOL op haar maag. Gelukkig gaan hulle darem van ander cool beroepe ook leer. Leigh-Anne se ma werk by ’n hondesalon, en hulle gaan ook inloer by die DIE...
Raaiselklip
R 225.00
Gabriel skrik wakker in 'n vreemde stad sonder enige herinnering van hoe hy daar gekom het. Was hy die vorige dag nog in Amsterdam? Tot sy verbasing bevind hy hom in die Kaap van Storms, die VOC se ou halfwegstasie - en in die begraafplaas is 'n graf met sy naam op. Die mooi slawemeisie, Zytia, probeer hom help om uit te vind wie hy ...
Avonture van Kuifie: In die land van Swart Goud
R 170.00
Die avonture van Kuifie (Frans: Les Aventures de Tintin et Milou) is een van die gewildste strokiesverhale wat in die twintigste eeu verskyn en is vandag steeds populêr. Die boeke word in ongeveer 60 tale vertaal. Die hoofkarakter van die verhale is die jong Belgiese verslaggewer Kuifie. Saam met sy hond, Spokie, beleef hy verskeie avonture. In ...
David Walliams: Aardigste Onnies op Aarde
R 295.00
Het jy al die aardigste kinders op aarde ontmoet? Maak jou reg vir iets baie, baie ergers … DIE AARDIGSTE ONNIES OP AARDE!
David Walliams: Karre en Kroeks
R 295.00
Jy kry allerhande soorte pa’s. Daar is vettes en maeres, langes en kortes. Daar is lawwe pa’s en ernstige pa’s, pa’s wat bulder en pa’s wat sag praat. Daar is natuurlik goeie pa’s. En daar is slegte pa’s … Frank se pa was ’n kampioen-stampkarrenjaer, die koning van die renbaan. Gilbert die Grote! Maar ná ’n aaklige ongeluk noem mense hierdie to...
Hoe om 'n draak te tem: Hoe 'n Seerower te Wees
R 185.00
HARWARRUS HORRIBALUS HELDEHELM DIE DERDE was ’n swaardvegter en die grootste Wiking-held wat nog ooit gelewe het. Kan Harwarrus Grombaard die Gruwelike se skat vind voor Alvin die Verraderlike sy slinkse kloue daarop kry? En wat as Harwarrus ’n kis oopmaak wat sê MOENIE OOPMAAK NIE? Sal hy lewe om die storie te vertel? “Skreeusnaaks, wonderlik g...
Otters, Die (7): se Veldskoolavonture
R 180.00
Die Otters gaan veldskool toe. Hier leer hulle ’n paar dinge oor die natuur en oor hulself, en versterk die vriendskapsbande terwyl die seuns snags om ’n kampvuurtjie sit en die veldskoollied sing. Bedags moet hulle deur hindernisbane sukkel en hul weg met ’n kompas oor berge en deur dale terug na die kamp vind. Weggesteek in die digte bosveldwê...
Otters, Die (8): in die Okavango Moeras
R 180.00
Die Otters gaan saam met hulle pa’s op ’n kampeervakansie na Moremi, ’n wildreservaat in die oostelike gedeelte van die Okavango-delta. Een pa nooi ’n studentevriend van hom en dié se seun Berrie ook saam. Sommer gou besef die Otters dat Berrie deel is van die Uil-bende, en dat hulle op hom kan staatmaak. Die pad na Moremi loop lang draaie deur ...
Otters, Die (3): op die Bosveldplaas
R 180.00
Waar die Otters is, is daar nou eenmaal nie vrede nie. En ’n vakansie is vir die drie nie sommer net ’n gewone kuiertjie nie. Met die intrapslag loop dinge in Die Otters op die Bosveldplaas skeef: daar is oornag by die kuikenhokke gepeuter: Bykans al die kuikens het deur groot gate in die sifdraad ontsnap en Litte is juis ’n man wat half sentime...
Otters, Die (5): se "Fietstoer"
R 180.00
Buks, Kassie en Litte – oftewel die Otters – skryf briewe aan hul ouers sodat hulle fietse vir ʼn fietstoer kan bekom. Na heelwat beplanning, vertrek die seuns met ʼn gesonde voorraad blikkieskos en water in groot rugsakke na die Tuliblok langs die Limpoporivier. Wanneer hulle besef dat hulle oor die 400 km sal moet ry, kry hulle rygeleenthede saa...