- Home
- Kinders: 10 tot 13 Jaar
Kinders: 10 tot 13 Jaar

Vuil Ferdie: Eeuw!
R 180.00
In hierdie boek kan jy lees hoe Vuil Ferdie sy stinkerige hond probeer bad; vir sy juffrou groot laat skrik op ’n skooluitstappie en hoe Ferdie dit skelm regkry om self hand by te sit in die ontwerp van die nuwe skooluniforms.

Vuil Ferdie: Burp!
R 170.00
Ontmoet vir Vuil Ferdie, ’n seun wat daarvan hou om in sy neus te grou! Hy voer wildvreemde planne in die mou en is gereeld in die moeilikheid. Lees in hierdie storie hoe Ferdie ’n aaklige skoolete hou; sy hond vir honde-opleiding vat en seker maak sy sussie se partytjie loop verkeerd ...

Hoendervleis: Grillerige stories en rympies
R 200.00
Hierdie boek vol grillerige stories en rympies sal jou heerlik hoendervleis laat kry! Daar is 'n weerwolf wat saam op die skoolkamp gaan, 'n paar spokerige handskoene wat goed is met klavier speel, 'n baie vreemde onderwyseres – en iets wat jou die hardste van almal in die fliek sal laat gil! Jong grilvrate sal versot wees op hierdie versamel...

Iemand wat Verdrink
R 230.00
Hierdie bundel bevat kortverhale van 'n aantal bekende skrywers, soos Marita van der Vyver, Fanie Viljoen, Nathan Trantraal, Nanette van Rooyen en Zelda Bezuidenhout. Jong stemme soos Mercy Kannemeyer, Almero Welgemoed, Corinne Raath en Arleen Stone verskyn ook in die bundel. Die bundel bevat stories wat so aangrypend is, jy sal als in...

Uitverkies
R 220.00
Zia is nou net mooi moeg vir haar ouers se selfopgelegde isolasie en die primitiewe lewe in die bos. Sy verlang terug na die Kolonie waaruit haar ouers gevlug het toe sy klein was; verlang na ’n geboude woonstel, luukshede soos warm water en elektrisiteit, klere wat pas en winkelbrood; die gedruis van mense, ánder mense as dieselfde ...

Engela Goedhart: Superster
R 170.00
Dit mag dalk lyk of daar nie botter in Engela Goedhart se mond kan smelt nie, maar sy is beslis nie die soetste engeltjie nie! Lees in hierdie reeks van drie boeke oor al Engela se lawwe streke en hoe sy gereeld in die moeilikheid beland - al bedoel sy dit nie! Engela staan uit wanneer sy 'n nuwe vaardigheid aanleer vir die skool se talentkomp...

Engela Goedhart: Koninginby
R 170.00
Dit mag dalk lyk of daar nie botter in Engela Goedhart se mond kan smelt nie, maar sy is beslis nie die soetste engeltjie nie! Lees in hierdie reeks van drie boeke oor al Engela se lawwe streke en hoe sy gereeld in die moeilikheid beland - al bedoel sy dit nie! In die tweede boek in die reeks speel Engela bewimpelaar vir haar onderwysers; sy pro...

Dolfie Weerwolfie: Weerwolfbos
R 170.00
Op 'n dag is daar vreemde geluide in die Weerwolfbos. Daar word gekap, gesaag en gegrawe. Die bos is in gevaar. Oupa Weerwolf se boomhuis waarin hy al jare woon, is ook in gevaar. Twee besigheidsmanne, Visgraat en Meneer, wil die bos afkap. Wat nou? Protesteer! Dolfie en sy klasmaats stig 'n protesgroep W.R.O.W. (Wie Red ons Wolfbos). Maar sal d...

Dolfie Weerwolfie: Silwertand
R 170.00
Dolfie bly baie lekker by Timmie en sy ouers. En al die hoenders in die buurt leef nog! Uit die bloute kry hulle 'n besoeker met 'n rillerbrief by hom. Die brief sê dat Dolfie by die man moet gaan bly. Dolfie mag nie meer by Timmie en sy ouers bly nie. Oupa Weerwolf is onrustig. Hy herken die berugte oom Silwertand!

Engele om ons
R 230.00
’n Jaar vol engele! Hierdie unieke dagboek en joernaal vir kinders bevat nie net plek om elke dag jou gedagtes neer te skryf nie, maar is propvol engele. Engele om ons is ’n kombinasie van dagstukkies en gebede, aanhalings en idiome, gedigte en rympies, Bybelstories en ander staaltjies oor al die wonders van engele … en nog baie meer. Wendy Maar...

Justin Fortuin, seerower
R 210.00
Justin Fortuin kuier nog lekker saam met sy ma by tannie Mary in die geheimsinnige Kasteel Boekanier. Dit is 'n reenerige dag wanneer hy en sy vriend Liam ontdek dat die kasteel nie net twee geheime tonnels het nie, maar drie. Waarheen lei die derde tonnel? Die seuns besluit om die tonnel te verken en beleef 'n opwindende avontuur vol raaisels e...

Dit het alles begin by 'n hond
R 210.00
Terwyl ons stap haal Assad ’n broodjie uit sy kosblik. Ek sien ’n stukkie van wat hy wegsteek. Sou dit nie lekker wees as ons niks hoef weg te steek nie?“Wat as ons vir mense alles van onsself wys?” wonder ek skielik. “Soos die mense wat video’s maak vir TikTok en klomp foto’s sit op Instagram en . . .”“Jy dink enigeen wys alles van hulleself op...

Lewe se vuil houe, Die
R 200.00
Niemand mag uitvind van die vuil hou wat die Lewe vir Dewie gegee het nie. "Jy sal nie iets doen wat jou ma sal seermaak nie, nè, Dewie?” vra sy amper pateties. Sy hart slaan ’n slag oor. “Nee, Ma.”“Belowe?” Dewie Koster leef onder sy ma se berge opgaargoed. Dit word elke dag erger. Sy koop en koop en koop. Alles pak sy in hulle woonstel. Alles....

Monster in my melkskommel
R 230.00
Lexi word deur ’n monster gejag. ’n Zombie … nee, ’n zombie gekruis met ’n tokkelossie. ’n Zombeloshé. Niemand glo haar nie, behalwe haar nuwe vriende by die traumasensitiewe skool waarnatoe sy nou moet gaan nadat hulle gesin aangeval is tydens ’n inbraak. Saam met Zinzi, Taliep en Michael besluit Lexi: sy gaan die monster vang en uitvind wie da...

50 Beste Bybelbreinblokkies
R 140.00
50 Bybelblokkiesraaisels, woordsoeke en ander woordspeletjies en aktiwiteite vir ure se pret! Help jou kind om hul taalvermoëns te verbeter en terselfdertyd ook hulle Bybelkennis te toets en op te skerp met hierdie bekostigbare en prettige aktiwiteitsboek.

Professor Fungus Omnibus 3
R 260.00
Kom kuier saam met Bennie en Jenny in professor Fungus se laboratorium en keer die De Vries-tweeling om hulle bose plannetjies uit te voer, help om Jenny te genees wanneer sy per ongeluk 'n formule drink wat haar pers maak en veroorsaak dat sy 'n stert groei, veg teen 'n onsigbare vyand, vang al die klone van Professor Fungus se konyn, … ...