- Home
- Kinders: 10 tot 13 Jaar
Kinders: 10 tot 13 Jaar

Kupido.com
R 160.00
Léa weet ’n ou soos Philip Cronjé sal nooit in haar belang stel nie. Maar dan skep haar beste vriendin vir haar ’n vals profiel op Kupido.com, en kort voor lank is daar iemand wat met Léa wil gesels – Philip!

My hart klop Muffins
R 60.00
Katrina is moeg vir vervelige mense, moeg vir ’n vervelige lewe, moeg vir haar outydse naam. Sy is Kat . . . en Kat is sexy, suave en gesofistikeerd. Net jammer haar lewe bly so gewoon en saai. Naweke werk sy en Van Aardt op die kunsmark en by die skool het sy te doen met irriterende mense soos Marlé Groenewald, die girl met die supergroot boobs...

Soene Op ’n Suzuki
R 60.00
Skaars het Lizanne die supervatterige Gerhard Greeff afgesê en met Ryno Thiart begin uitgaan, of haar ma pers haar af om met Gerhard Kreefkloue op te maak. Daar is ook (kramp kramp kramp) haar “Engelse” niggie, Mandy, wat skielik bonatuurlik sexy geword het en al wéér by hulle kuier. As haar ma net wil besef dat sy wat Lizanne is, sal doodgaan a...

Liefde is nie Tjoklits Nie
R 60.00
Wat maak ’n meisie wanneer sy die eerste keer in haar lewe verlief is? Op ’n ou met oë so donker soos Bel-giese tjoklits? ’n Ou met ’n tergende lag en seesout op sy lippe? ’n Droomou soos Scott . . . Hoe vang jy hom? Dít is Tamara se probleem. En dit sou geen probleem gewees het as dit nie vir Jasmin was nie. Jasmin met die designer-klere wat al...

Ou soos jy, 'n
R 200.00
Emma is vasbeslote – dié vakansie gaan sy ’n ou kry. Hy gaan na soutwater ruik, en haar vir eens en vir altyd kan laat vergeet van haar beste vriendin se broer, Christiaan, wat haar buitendien nie eens raaksien nie. Toe sy nie lank nie na hul aankoms by Jeffreysbaai ’n sekere blonde branderplankryer raakloop, klop haar hart sommer dadelik vinnig...

Sepiesterre, Sokkies en Skobbejakke
R 140.00
Lindie en haar vriendinne is baie opgewonde oor die revue wat by die skool aangebied gaan word. Dit gaan amazing wees – en iemand gaan gekies word om in ’n sepie te speel. Dink net, een van hulle kan dalk op TV wees! Ongelukkig kry hulle ’n nare verrassing toe hulle sien wie die nuwe drama-juffrou is …

Wian Verwey het 'n Crush op my
R 80.00
Wian Verwey het 'n crush op my. En ek is nie seker hoe ek daaroor voel nie. Elke keer as ek daaraan dink, kan ek nie help om te glimlag nie, want dit klink soos die titel van een van daardie Afrikaanse liedjies waarin als rym.

Roald Dahl: Fantastiese Mnr. Vos
R 195.00
Mnr. Vos steel kos by die gemene boere Ben, Bart en Boon – een vet, een kort, een net vel en been. Hierdie drie skurke maak ’n plan om mnr. Vos by sy huis uit te grawe, maar hulle besef nie hoe fantasties mnr. Vos is en wat hy alles sal doen om sy gesin te red nie . . . Hierdie klassieke verhaal is nou vir die eerste keer in Afrikaans beskikbaar...

Elton die verskriklike April verloor dit
R 150.00
Elton April is kwater as kwaad. Sy ma is meer gereeld by die huis, maar soms moet hy vir haar instaan as verpleegster vir die aftreeoord se ingroeitoonnaels en hoofpyne. Gelukkig kry hy opleiding in noodhulp by Hoerskool Horison, waar hy nou in Gr 8 is. Sy beste pelle Dawid en Lesedi is in 'n ander skool, en Jireh, die skarminkel van Tekkie Town...

Speurder Kwaaikofski Omnibus 2 (Omnibus 3-in-1)
R 230.00
Kwaaikofski is ’n privaatspeurder. Hy het nou eenmaal ’n talent daarvoor. Gee hom ’n glas melk, Carpenters kougom en sy spesiale kep en hy is gereed vir enigiets! Hierdie omnibus bevat drie van Speurder Kwaaikofski se gewildste avonture vir beginnerlesers. Kwaaikofski word deur ouens met kaalgeskeerde blou koppe ontvoer, hy vertel hoe sy pad vir...

Roald Dahl: James en die reuse Perske
R 245.00
James se tantes, tannie Spyker en tannie Spons, maak sy lewe 'n nagmerrie. As 'n kwaai ontsnapte renoster sy ouers net nie opgeëet het nie, sou hy nooit in hierdie gemors beland het nie. Maar eendag ontmoet hy 'n geheimsinnige ou mannetjie wat vir hom 'n sak vol krokodiltonge met towerkrag gee - en so begin die avontuur van sy drome. Nuwe uitgaw...

Thomas@ Omnibus: SMS / Nagmerrie / Aksie .NET
R 300.00
Drie adrenalienbelaaide Thomas@-avonture in een omnibus! Die Thomas@-reeks is een van die grootste suksesverhale in die Afrikaanse kinderboekmark. Daar het oor die jare reeds 10 boeke in dié avontuurbelaaide topverkoper-reeks verskyn en Thomas en sy vriende se avonture het selfs tot ’n TV-reeks op kykNET gelei. Nou is drie van die gewilde Thomas...

Pippie Langkous-Omnibus
R 230.00
Pippie, die koddige klein heldin met die sproete en rooi vlegsels, vier haar 70ste bestaansjaar met hierdie spesiale omnibus-versameling. Pippie woon alleen in Huis Winderuis. Haar pa, die legendariese seekaptein Efraim Langkous, is iewers op 'n eiland, maar Pippie word geselskap gehou deur haar perd en apie. Pippie versin kostelike stories, maa...

Saartjie Omnibus 8
R 235.00
In die laaste omnibus in hierdie reeks, wat nóg drie gewilde Saartjie-stories bevat, word Saartjie Baumann, die langbeenmeisie met die wipneus, kuiltjies in die wange en duisende duiweltjies in haar oë, se avonture voortgesit. Saartjie verdedig haar boetie, Apie, wanneer hy van diefstal beskuldig word, sy moet ook tussen haar boesemvriendin en '...

Haas Das se Nuuskas: Episode 5
R 195.00
Haas Das, die geliefde nuusleser van Diereland, en sy assistent, Piet Muis, is terug met Diereland se manewales in hierdie veelkleurige leesboeke. In hierdie uitsending vind die opwindende stoeigeveg tussen die Gemaskerde Wonder en Kongo Kangaroe plaas, maar die diere moet ook vlug vir 'n gevaarlike veldbrand in Diereland. Die gewilde Haas Das-...

Roald Dahl: Matilda
R 270.00
Matilda se ouers het haar al baie verskriklike dinge genome. Maar sy is eintlik 'n genie en dis hulle wat onnosel is. Vind uit hoe sy hulle en haar bose skoolhoof, juffrou Trunchbull, laat les opsê en boonop ontdek dat sy oor 'n baie spesiale gawe beskik . . .