- Home
- Kinders: 10 tot 13 Jaar
Kinders: 10 tot 13 Jaar
Regte-egte Rampe: Ondersoek wat regtig gebeur het!
R 230.00
In Regte-egte rampe word ondersoek ingestel om uit te vind hoekom sekere rampe gebeur het en hoe dit in die toekoms voorspel en verhoed kan word. Die rampe wat ondersoek word, wissel van reuse-uitbarstings, die dinoramp tot vreesaanjaende mensgemaakte katastrofes. Lees die verstommende stories oor die rampe en kyk dan na elkeen se rampdo...
Dagboek van ’n dork 4: Stories van 'n nie-so-elegante ysprinses
R 120.00
Brandon doen vrywilligerwerk by ’n diereskuiling en dit verbaas Nikki nie. Hy’s so oulik – natuurlik sal hy die arme honde wil help. Maar dan hoor sy hulle wil die skuiling toemaak. Wanneer haar skool ’n skaatskompetisie hou om geld vir liefdadigheid in te samel, besluit Nikki sy en Chloe en Zoey moet die skuiling help. Kan sy betyds van...
Kies-jou-avontuur: Die gevaarlikste speletjie op aarde
R 180.00
Mario is die skool se rekenaarspeletjie-kampioen. Maar wanneer hy deur 'n eienaardige nuwe speletjie weggevoer word na die kuberruim, moet hy veg vir sy lewe. 'n Geheimsinnige wese genaamd Gigabyte verduidelik dat hy na die sewe wonders van die antieke wêreld moet reis om ses goue muntstukke te vind, voordat hy kan terugkeer huis toe. Lewensgeva...
Bitterbosbende (2): Die Been in die Bos
R 175.00
Die Bitterbosbende kamp langs die rivier. Toe Zia en Nieke een aand badkamer toe loop, begin 'n hond verwoed blaf. Toe is daar die geluid van 'n trein wat kwaai rem aanslaan en dan 'n harde botsing. Dis eers toe Zia gil dat Nieke sien wat in haar hand is . . . 'n been? En so begin die soeke na die geheimsinnige stoomlokomotief wat pass...
Grilgrypers 6: Geheim van die spookwerf
R 200.00
Vanessa se ouers was eens skatryk, maar wanneer haar pa alles verloor moet hulle trek na 'n piepklein huisie op 'n skrootwerf waar haar pa as bestuurder van 'n insleepwa gaan werk. Die motorongeluk waarin Vanessa betrokke was, spook steeds by haar. En al die gruwelike motorwrakke in die skrootwerf gee haar die horries. Wanneer sy die eienaard...
Elf dae in New York
R 245.00
Frances en Helene, haar modeontwerper-stiefma, gaan kuier by haar stiefsussie Amie in New York. Helene wil haar reeks eko-vriendelike handsakke by 'n groot modehuis gaan wys. As jy dit in New York kan maak, is die wêreld joune! Manhattan is adrenalien. Frances is mal oor die stad met sy groot park en asemrowende argitektuur. Maar sommer gou ...
Lotta se lewe (11): Slange en Hansworse
R 220.00
Lotta se klas moet 'n VERSKEIDENHEIDSKONSERT hou! Juffrou Knacker het besluit wie saam met wie moet werk – en Lotta se spanmaat is Benni! ’n Rocker! Chantelle doen saam met die Skaapkop Leigh-Anne (verraaier!) ’n klomp cool hondetoertjies en Rémi ry op ’n eenwielfiets, maar Lotta moet HANSWORSSTREKE uithaal. Dis onregverdig! Dankie tog sy het...
Bitterbosbende (3): Die Grafsteensangers
R 175.00
Die Bitterbosbende besluit om in die skoolkoor te sing. Maar meneer Louw is nie die vriendelikste nie en boonop is daar nuwe koorlede wat Kurt nog nooit in die skool opgemerk het nie en wat blykbaar vir die res van die bende onsigbaar is. Dan ontdek Nieke 'n stuk papier met snaakse simbole, amper soos bladmusiek, in haar geskiedenisb...
Dolfie Weerwolfie
R 170.00
Toe Dolfie wakkerword is dit nog pikdonker. Die maan skyn deur die venster. Dis ’n spesiale nag. Sewe, dink Dolfie. Uiteindelik is ek sewe jaar oud! Dan skrik hy. Skielik het hy hare regoor sy lyf! Sy hande en voete is nou pote. En hy het sowaar ’n stert! Hy is … ’n weerwolf! Toe sy vriend Timmie opdaag, kla Dolfie “Ek wil nie ’n weerwolf wees n...
Dolfie Weerwolfie: Volmaan
R 170.00
Dolfie is saam met sy klasmaats op ’n skoolkamp. Hope pret en kattekwaad wag net om die draai … Een aand sit al die kinders om die kampvuur. Dis volmaan, en die onderwyser vertel ’n storie. Skielik begin Dolfie kriewel. Hy is weer besig om wolf te word! Hy hardloop geskok in die bos in. Niemand mag weet wat hy is nie! Maar Noura kom agter iets i...
Elle-reeks Omnibus 1
R 330.00
Die eerste drie boeke van Christien Neser se gewilde Elle-reeks is nou beskikbaar in ‘n omnibus. Hierdie titels is: Kondensmelk, Koshuiskoffie en Blou sjokolade.
Meisie op die Dak, Die
R 230.00
Estelle is skaam vir hulle nuwe huis. Sy wens die ding met haar pa het nooit gebeur nie. Sy wens sy hoef nie terug te gaan skool toe nie. Dan ontmoet Estelle vir Aiden. Aiden wat saans op die motorhuis se dak sit en kondensmelk eet. Aiden wat haar dalk weer in wonderwerke kan laat glo.
Projek-Reeks, Die
R 280.00
Hierdie reeks bestaan uit drie titels: Projek Paddaprins, Projek Boontjierank en Projek Doringrosie. Al drie titels is nou saamgebundel. Angelette, Soekie en Toni is soort van maats. Hulle is nie, soos die meeste maats, saam op skool nie. Hulle bly nie eers in dieselfde buurt nie. Hulle is maats omdat hulle winkelkinders is. Hulle ouers het w...
Thomas@omnibus 3
R 300.00
Die Thomas@-reeks is een van die grootste suksesverhale in die Afrikaanse kinderboekmark. Daar het oor die jare reeds 10 boeke in dié avontuurbelaaide topverkoper-reeks verskyn, en Thomas en sy vriende se avonture het selfs tot ’n TV-reeks gelei. Hierdie waarde-vir-geld-omnibus bevat vier titels: Thomas@geraamte.net, Thomas@rock-ster.net, Tho...
Losprys in Parys
R 240.00
Dienke kan glad nie glo dat haar lewe wat gister nog so reg was, so lelik ontspoor het nie. Vir die eerste keer in 'n baie lang tyd is daar 'n ou wat in haar, Dienkie de Wet, belangstel, en nou wil haar ouers he sy moet net halsoorkop verdwyn? En Frankryk toe van alle plekke? Parys toe? Sy weet dis heel moontlik "koebaai, Eddie" en dit voel vir...
Eggo's in die Skimberge
R 80.00
Mattie klim elke aand hoog op in die ou eikeboom voor haar kamervenster om die Skimberge beter te kan sien. Sy dink die berge bewaar 'n geheim, want waarom anders val daar sterretjies uit die naghemel bo hulle? Sy vertel vir Henk daarvan omdat hy die enigste een is wat nie sal lag nie. Met 'n vlot wat aan Mattie se oupa behoort het, vaar sy en H...