- Home
- Kinders: 10 tot 13 Jaar
Kinders: 10 tot 13 Jaar

Elle-reeks Omnibus 1
R 330.00
Die eerste drie boeke van Christien Neser se gewilde Elle-reeks is nou beskikbaar in ‘n omnibus. Hierdie titels is: Kondensmelk, Koshuiskoffie en Blou sjokolade.

Meisie op die Dak, Die
R 230.00
Estelle is skaam vir hulle nuwe huis. Sy wens die ding met haar pa het nooit gebeur nie. Sy wens sy hoef nie terug te gaan skool toe nie. Dan ontmoet Estelle vir Aiden. Aiden wat saans op die motorhuis se dak sit en kondensmelk eet. Aiden wat haar dalk weer in wonderwerke kan laat glo.

Projek-Reeks, Die
R 280.00
Hierdie reeks bestaan uit drie titels: Projek Paddaprins, Projek Boontjierank en Projek Doringrosie. Al drie titels is nou saamgebundel. Angelette, Soekie en Toni is soort van maats. Hulle is nie, soos die meeste maats, saam op skool nie. Hulle bly nie eers in dieselfde buurt nie. Hulle is maats omdat hulle winkelkinders is. Hulle ouers het w...

Thomas@omnibus 3
R 300.00
Die Thomas@-reeks is een van die grootste suksesverhale in die Afrikaanse kinderboekmark. Daar het oor die jare reeds 10 boeke in dié avontuurbelaaide topverkoper-reeks verskyn, en Thomas en sy vriende se avonture het selfs tot ’n TV-reeks gelei. Hierdie waarde-vir-geld-omnibus bevat vier titels: Thomas@geraamte.net, Thomas@rock-ster.net, Tho...

Vakansiepret 4: Sand, see en dolfyne
R 150.00
’n Dag saam met die dolfyne op Duinebaai! Jana en Alisha is beste vakansiemaats en groot opwinding heers in Duinebaai – ’n nuwe glyplank is by die swembad opgerig! Jana, Alisha, Tiaan en Rudie is gretig om by die nuwe glyplank af te gly. Ongelukkig vir die maats is die res van Duinebaai ook opgewonde oor die glyplank en is dit stampvol by die ...

Losprys in Parys
R 240.00
Dienke kan glad nie glo dat haar lewe wat gister nog so reg was, so lelik ontspoor het nie. Vir die eerste keer in 'n baie lang tyd is daar 'n ou wat in haar, Dienkie de Wet, belangstel, en nou wil haar ouers he sy moet net halsoorkop verdwyn? En Frankryk toe van alle plekke? Parys toe? Sy weet dis heel moontlik "koebaai, Eddie" en dit voel vir...

Eggo's in die Skimberge
R 80.00
Mattie klim elke aand hoog op in die ou eikeboom voor haar kamervenster om die Skimberge beter te kan sien. Sy dink die berge bewaar 'n geheim, want waarom anders val daar sterretjies uit die naghemel bo hulle? Sy vertel vir Henk daarvan omdat hy die enigste een is wat nie sal lag nie. Met 'n vlot wat aan Mattie se oupa behoort het, vaar sy en H...

Emma en die Middernagman
R 189.00
Juffrou Beaulah Bonthuys, Kosterkloof se nuwe skoolhoof, lyk aanvanklik baie gaaf. Emma hou veral van die hoof se oulike ma-kat en haar kleintjies wat ook in die koshuis kom woon. Maar wie is die vreemde figuur in die swart mantel wat snags om middernag in die tuin verskyn? Daar is ook twee nuwe meisies in Emma se klas. Hulle is beeldskoon en bo...

Speurder Kwaaikofski Omnibus 3 (Omnibus 3-in-1)
R 230.00
Kwaaikofski is ’n privaatspeurder. Hy het nou eenmaal ’n talent daarvoor. Gee hom ’n glas melk, Carpenters kougom en sy spesiale kep en hy is gereed vir enigiets! Hierdie omnibus bevat drie van Speurder Kwaaikofski se gewildste avonture vir beginnerlesers. Hierdie keer krap ’n ander speurder krap in sy slaai, hy moet uitvind wie Olga se luukse m...

Sterre vir die Donker
R 220.00
Dit is aaklig om op amper sewentien so baie dinge nie te weet nie. Nie te weet of jou ma dalk reg is en jy net ’n pil moet drink om die donkerte tekeer nie, nie te weet of jou broer se ambisie hom die kluts gaan laat kwyt raak nie. Om nie eers te praat oor die feit dat jy glád nie te weet wat jy met die res van jou vreeslike gemiddelde lewe wil...

Professor Fungus Omnibus 2
R 260.00
Kom kuier saam met Bennie en Jenny in professor Fungus se laboratorium en keer ’n blikbrein wat buite beheer is, maak kennis met ’n klomp vreemde ruimtewesens, ontmoet ’n skurk met ’n nare breinspoel-plan, duik saam onderwater op soek na ’n eienaardige seegedierte … en veg saam teen ’n weermag tuinkabouters! Vyf fantastiese Professor Fung...

Ouens is nie pizzas nie!
R 200.00
Anja en Zanelle werk vir die Desembervakansie in 'n pizzarestaurant by die see. Anja steur haar soos gewoonlik nie aan al Zanelle se praatjies oor ouens of aan die tydskrifartikels wat sy lees nie - soos die een oor ouens en pizzas.... Stap 1: Moenie 'n Hawaiian-pizza bestel as jy pynappel haat nie. Stap 2: Maak seker van die bestanddele voor j...

Tyd om te skaats
R 210.00
Hannah is vasgekeer...... Tussen die boom se blare waar sy soms vir haar lewe wegkruip en per ongeluk vir Lua, die coolste meisie wat sy ken, afloer. Sy is vas tussen die soet geure van haar ma se koekskeppings en haar uitgewaste jeans. Vas tussen haar pa se rugbesering terwyl hy plastiek-warlord speel en die wereld vanuit sy studeerkamer probe...

Waldo En Die Draak Met Die Groen Tong
R 150.00
Is jy gereed vir ’n skubberige avontuur? Waldo en Connie is warm op die spoor van ’n inbreker. ’n Kosbare voorwerp word uit ’n antiekwinkel gesteel. Kan Waldo sy geheimsinnige nuwe talent gebruik om dit te probeer terugkry? Kort voor lank is hy en Connie deel van ’n holderstebolder-avontuur – en hulle ontdek ’n eeue oue geheim wat ten alle ko...

Droomoog Diepgrawer
R 230.00
Lank-lank gelede was die Diepgrawers 'n groot erdfamilie, maar nou is daar net ses van hulle oor – Ouma Smakkie, Pa Vasgryp, Ma Uilverskrik en die drieling, Droomoog, Witstert en Snoetie. Die ander erdfamilies maak al hoe meer snuffelpraatjies oor die Diepgrawers, nie net omdat hulle so min is nie, maar ook omdat hulle allerhande on-erdse dinge ...

Moenie hierdie boek eet nie!
R 300.00
Moenie hierdie boek eet nie! bevat 365 rympies (en ’n bonusrympie vir ’n skrikkeljaar) wat kinders (én grootmense!) heeljaar sal laat skaterlag! Daar’s rympies oor oupas en oumas, goggas, krieket, ruimtevaarders, seerowers, spoke, skool-toilette, Kersvader en krokodille ...