- Home
- Kinders: 10 tot 13 Jaar
Kinders: 10 tot 13 Jaar
Tags
- Everything in Kinders: 10 tot 13 Jaar
- 13+
- Afrikaans
- Age 10 - 13
- Age 13+
- Age 6 - 10
- Age 6 - 8
- Age 8 - 10
- Aktiwiteit
- Aktiwiteitsboeke
- Christelik
- christelike uitgewersmaatskappy
- Colouring Books
- Eva Amores
- Fiksie
- Jaco Jacobs
- Kinders
- Lapa
- Latest
- Matt Cosgrove
- NB
- Nie-fiksie
- On Sale
- Opvoedkundig
- Pan Macmillan
- Penguin
- Protea
- Stalmaats
Per Ongeluk Parys
R 210.00
Sergio is hot! Hy is die eerste prys! Soos ’n gratis vliegkaartjie Ysland toe met al jou verblyf betaal! En nou het hy vir Dienkie genooi om Vrydagaand in Parys saam met hom te gaan rolskaats. Sy weet nie of sy moet gaan nie. Want Sergo is ’n hunk. ’n Franse hunk. En die probleem is eenvoudig: Dienkie hou baie van hom. Eintlik miskien te veel. ...
Perde-omnibus 1: Sonder Chocolate Charlie en ander gunstelinge
R 270.00
In Sonder Chocolate Charlie moet Nell die ongeluk wat haar geliefde Charlie se lewe geëis het, verwerk. Brigadier en die raaiselponie is die verhaal van susters Zahn en Alex en hulle pa se stram verhouding, met 'n raaisel wat in die Knysna-bos ontrafel word deur Zahn en Brigadier. In City Girl en die swart hings is Nicole teen haar sin saam m...
Stoutste klas op aarde
R 195.00
Volgens die skoolhoof is 4B die stoutste klas op aarde. Sy sê skool gaan nie oor leeglê en lyf wegsteek, of pret hê nie. Dit gaan oor leer en dis hoogtyd dat 4B harder dáárin probeer uitblink. Maar Alex en Manjit het letterlik nie bedoel om hulle hele klas siek te maak met tuisgemaakte koekies nie. 4B is miskien die stoutste klas op aarde, maar ...
Stoutste klas op aarde word stouter, Die
R 195.00
Volgens die skoolhoof is 4B DIE STOUTSTE KLAS OP AARDE. Sy sê skool gaan nie oor leeglê en lyf wegsteek, of pret hê nie. Dit gaan oor LEER. Maar Alex en Manjit het LETTERLIK nie bedoel om die toilette te verstop terwyl hulle die skoolgrond moes oppas nie. En hulle het definitief nie bedoel om LETTERLIK 'n pikkewyn vanaf die dieretuin skool toe t...
Eerste Liefde Omnibus 2
R 120.00
Drama, humor . . . en natuurlik liefde en liefdesdriehoeke. In Ouens is nes ekstra bagasie moet Barbara die vakansie by die Turkana-meer spandeer waar haar pa opgrawings doen en dokumentêre films maak. In Liefde is nie tjoklits nie is Tamara vir die eerste keer in haar lewe smoorverlief en ’n makeover is haar enigste hoop. In Soene op’...
Tussen die lyne
R 120.00
Kreatiewe skryfwenke van die beste van die beste! Wil jy FANTASTIESE stories en SKREEUSNAAKSE rympies skryf? Is jy gereed om jou VERBEELDING vrye teuels te gee? Kort jou opstelle ’n bietjie WOEMA? Wel, hier is goeie nuus … Jy is nooit te jonk om te begin skryf nie! Tussen die lyne van hierdie prettige aktiwiteitsboek help die gewilde topverko...
Maroelaboomstories
R 300.00
Elke aand teen skemer klim die trop bobbejane tot bo in die groot maroelaboom. Die son sak vinnig en die nag is op pad ... Wil jy ook soos die klein bobbejaantjies weet waarom olifante nie in neste woon nie; waar koedoes aan hul gedraaide horings kom en hoe buffels hulle strepe verloor het? Dan is hierdie storiebundel met 15 diereverhale ne...
Wêreld van Wolwe: Derde Mag (Boek 3)
R 230.00
“Jou pa is ’n moordenaar,” sis Wolfgang. “Hy moor my weerwolwe. Eendag gaan hy jou ook skiet. Wag maar, daardie dag kom.” Joshua Reinders se lewe is ’n gemors. Hy dra ’n groot geheim: Hy is ’n weerwolf. En sy pa is ’n weerwolfjagter. Die spanning verhoog egter toe Wolfgang Lycaon in Droomhoek opdaag. Die afskuwelike leier van die Wêreld van Wolw...
David Walliams: Die Aardigste kinders op Aarde 2
R 295.00
Wees gewaarsku! In hierdie boek is daar tien splinternuwe stories oor die vyf mislikste meisies en die vyf stuitigste seuns ooit. Jy sal onder andere kennis maak met Hompie die honger baba, wat sy ouers se huis van hoek tot kant leeg eet en hulle dan boonop ook verslind.En Grillerige Griselda gaan jou die horries gee met die poetse wat sy almal...
Roald Dahl: Charlie en die Groot Glashyser
R 255.00
Charlie en Mnr Willy Wonka van Charlie en die Sjokoladefabriek is terug in nog ’n opwindende avontuur. Laas was hulle in die Glashyser besig om deur die fabriek te sweef. In hierdie storie bevind Mnr Wonka, Charlie en die hele Bucket-gesin hulself in die buitenste ruim! Pragtige nuwe uitgawes van hierdie klassieke kinderboeke om Roald Dahl se 10...
Avonture van Speurhond Willem: Omnibus 2
R 270.00
'n Paar jaar gelede het 'n sending van die beroemde Willem skeefgeloop en het hy in Kaapstad by die DBV beland. Dis waar Adriaan en sy ouers die oulike swart-en-wit spanjoelhondjie raakgeloop het. En nou is Adriaan en Willem onafskeidbaar. Hierdie tweede omnibus bevat nog drie lekkerleesavonture: Hulle reis na die Internasionale Ruimte...
Roald Dahl: Die Groot Sagmoedige Reus (GSR)
R 250.00
Sophie word in die middel van die nag uit haar bed gegryp en weggedra deur ’n reus met tennisbaan-treë en enorme groot ore. Maar Sophie is gelukkig. Die GSR is baie sagmoediger as sy afgryslike bure, wat vir ’n tydverdryf elke nag slapsoetige kidderen opgopsel . . .
Roald Dahl: Charlie en die Sjokolade-Fabriek
R 255.00
Charlie Bucket hoor dat die wonderlike sjokoladefabriek se misterieuse eienaar, Willie Wonka, ’n Goue Kaartjie gaan gee wat ’n paar gelukkiges deur die hekke van die fabriek gaan neem. Hy wens met sy hele hart dat hy ’n kaartjie sal wen – en dan gebeur dit! Dit blyk die fabriek is nie net ’n lekkergoed- en sjokoladehemel nie en Charlie word vasg...
Speurder Kwaaikofski Omnibus 4 (Omnibus 3-in-1)
R 230.00
Hierdie omnibus-uitgawe bevat nóg drie van Speurder Kwaaikofski se gewildste avonture vir beginnerlesers. In Die stinkstorie moet hy uitvind waarom Olga se koerante verdwyn. In Soene en sirkusse roep een van die beroemde Sirkus Zampona se jongleurssy hulp in. En in Muise en gespuise lei sy nuutste saak hom op ’n geheimsinnige dwaalspoor tot d...
Stoutste klas op aarde daag jou uit!
R 195.00
Volgens die skoolhoof is 4B DIE STOUTSTE KLAS OP AARDE. Sy sê skool gaan nie oor leeglê en lyf wegsteek, of PRET hê nie. Dit gaan oor LEER en dis hoogtyd dat 4B dáárin probeer UITBLINK. Maar Stanley en Manjit laat hulle nie onderkry nie. Hulle het 'n PERFEKTE PLAN om LUISE te vang en die grootste UITDAGING ooit te aanvaar! Maar dit kan dalk G...
Dryf
R 285.00
Mense glo daar’s ’n vloek oor Stormwater. Die see roep elke jaar sy slagoffers. Is dit waarom Caleb se pa se vliegtuig neergestort het? Caleb moet sy matriekvakansie opoffer om om die geheim te ontrafel. Freya word ook gedwing om haar somer in die vreemde kusdorp deur te bring – asof vars lug 'n kitskuur sal wees vir haar kroniese siekte...