- Home
- Kinders: 10 tot 13 Jaar
Kinders: 10 tot 13 Jaar
Elf dae in New York
R 215.00
Frances en Helene, haar modeontwerper-stiefma, gaan kuier by haar stiefsussie Amie in New York. Helene wil haar reeks eko-vriendelike handsakke by 'n groot modehuis gaan wys. As jy dit in New York kan maak, is die wêreld joune! Manhattan is adrenalien. Frances is mal oor die stad met sy groot park en asemrowende argitektuur. Maar sommer gou b...
Lotta se lewe (11): Slange en Hansworse
R 195.00
Lotta se klas moet 'n VERSKEIDENHEIDSKONSERT hou! Juffrou Knacker het besluit wie saam met wie moet werk – en Lotta se spanmaat is Benni! ’n Rocker! Chantelle doen saam met die Skaapkop Leigh-Anne (verraaier!) ’n klomp cool hondetoertjies en Rémi ry op ’n eenwielfiets, maar Lotta moet HANSWORSSTREKE uithaal. Dis onregverdig! Dankie tog sy het...
Bitterbosbende (3): Die Grafsteensangers
R 155.00
Die Bitterbosbende besluit om in die skoolkoor te sing. Maar meneer Louw is nie die vriendelikste nie en boonop is daar nuwe koorlede wat Kurt nog nooit in die skool opgemerk het nie en wat blykbaar vir die res van die bende onsigbaar is. Dan ontdek Nieke 'n stuk papier met snaakse simbole, amper soos bladmusiek, in haar geskiedenisbo...
Dolfie Weerwolfie
R 170.00
Toe Dolfie wakkerword is dit nog pikdonker. Die maan skyn deur die venster. Dis ’n spesiale nag. Sewe, dink Dolfie. Uiteindelik is ek sewe jaar oud! Dan skrik hy. Skielik het hy hare regoor sy lyf! Sy hande en voete is nou pote. En hy het sowaar ’n stert! Hy is … ’n weerwolf! Toe sy vriend Timmie opdaag, kla Dolfie “Ek wil nie ’n weerwolf wees n...
Dolfie Weerwolfie: Volmaan
R 170.00
Dolfie is saam met sy klasmaats op ’n skoolkamp. Hope pret en kattekwaad wag net om die draai … Een aand sit al die kinders om die kampvuur. Dis volmaan, en die onderwyser vertel ’n storie. Skielik begin Dolfie kriewel. Hy is weer besig om wolf te word! Hy hardloop geskok in die bos in. Niemand mag weet wat hy is nie! Maar Noura kom agter iets i...
Elle-reeks Omnibus 1
R 300.00
Die eerste drie boeke van Christien Neser se gewilde Elle-reeks is nou beskikbaar in ‘n omnibus. Hierdie titels is: Kondensmelk, Koshuiskoffie en Blou sjokolade.
Elle-reeks Omnibus 2
R 300.00
Die volgende drie boeke van Christien Neser se gewilde Elle-reeks is nou beskikbaar in ʼn omnibus. Hierdie titels is: Rocksusters, Duinebesies en Franse vlegsel.
Meisie op die Dak, Die
R 200.00
Estelle is skaam vir hulle nuwe huis. Sy wens die ding met haar pa het nooit gebeur nie. Sy wens sy hoef nie terug te gaan skool toe nie. Dan ontmoet Estelle vir Aiden. Aiden wat saans op die motorhuis se dak sit en kondensmelk eet. Aiden wat haar dalk weer in wonderwerke kan laat glo.
Projek-Reeks, Die
R 270.00
Hierdie reeks bestaan uit drie titels: Projek Paddaprins, Projek Boontjierank en Projek Doringrosie. Al drie titels is nou saamgebundel. Angelette, Soekie en Toni is soort van maats. Hulle is nie, soos die meeste maats, saam op skool nie. Hulle bly nie eers in dieselfde buurt nie. Hulle is maats omdat hulle winkelkinders is. Hulle ouers het w...
Thomas@omnibus 3
R 300.00
Die Thomas@-reeks is een van die grootste suksesverhale in die Afrikaanse kinderboekmark. Daar het oor die jare reeds 10 boeke in dié avontuurbelaaide topverkoper-reeks verskyn, en Thomas en sy vriende se avonture het selfs tot ’n TV-reeks gelei. Hierdie waarde-vir-geld-omnibus bevat vier titels: Thomas@geraamte.net, Thomas@rock-ster.net, Tho...
Vakansiepret 4: Sand, see en dolfyne
R 140.00
’n Dag saam met die dolfyne op Duinebaai! Jana en Alisha is beste vakansiemaats en groot opwinding heers in Duinebaai – ’n nuwe glyplank is by die swembad opgerig! Jana, Alisha, Tiaan en Rudie is gretig om by die nuwe glyplank af te gly. Ongelukkig vir die maats is die res van Duinebaai ook opgewonde oor die glyplank en is dit stampvol by die ...
Kate in Harmonie
R 90.00 R 210.00
Kom verloor jou hart op ’n perd. Kate se hele lewe is op sy kop gekeer. Nadat haar pa sy werk verloor, trek hulle gesin sak en pak na ’n plaas naby die Paarl. Dit beteken Kate moet haar hele lewe in Johannesburg en die Fab-susters, haar beste vriendinne, agterlaat om graad elf in ’n nuwe skool te begin, terwyl sy probeer aanpas by die rustige...
Nina en die crazy klere
R 190.00
"Geen speurdramas nie, hoor!" waarsku haar ma toe sy vir Nina en haar beste vriendin, Jessie by die Eksotiese Eksperimente Ekspo aflaai. Speurdramas? Wat kan dan nou verkeerd gaan by 'n ekspo waar daar hope opwindende nuwe wetensakplike uitvindings gaan wees? Boonop is hierdie ekspo die perfekte plek om meer te probeer uitvind oor Nina se swart-...
Losprys in Parys
R 210.00
Dienke kan glad nie glo dat haar lewe wat gister nog so reg was, so lelik ontspoor het nie. Vir die eerste keer in 'n baie lang tyd is daar 'n ou wat in haar, Dienkie de Wet, belangstel, en nou wil haar ouers he sy moet net halsoorkop verdwyn? En Frankryk toe van alle plekke? Parys toe? Sy weet dis heel moontlik "koebaai, Eddie" en dit voel vir...
Eggo's in die Skimberge
R 80.00
Mattie klim elke aand hoog op in die ou eikeboom voor haar kamervenster om die Skimberge beter te kan sien. Sy dink die berge bewaar 'n geheim, want waarom anders val daar sterretjies uit die naghemel bo hulle? Sy vertel vir Henk daarvan omdat hy die enigste een is wat nie sal lag nie. Met 'n vlot wat aan Mattie se oupa behoort het, vaar sy en H...
Emma en die Middernagman
R 189.00
Juffrou Beaulah Bonthuys, Kosterkloof se nuwe skoolhoof, lyk aanvanklik baie gaaf. Emma hou veral van die hoof se oulike ma-kat en haar kleintjies wat ook in die koshuis kom woon. Maar wie is die vreemde figuur in die swart mantel wat snags om middernag in die tuin verskyn? Daar is ook twee nuwe meisies in Emma se klas. Hulle is beeldskoon en bo...