- Home
- Kinders: 10 tot 13 Jaar
Kinders: 10 tot 13 Jaar
Eerste Liefde (Omnibus 1)
R 120.00
Drama, humor . . . en natuurlik liefde en liefdesdriehoeke. Drie van die gewildste Eerste Liefde-stories in een. In Rugbyballe en bikini’s kan niks Anelle se vakansie op Duinebaai bederf nie. Maar hoekom laat Martin haar so anders voel? In Daar’s’n ou in my aarbei-smoothie steek ’n geheime bewonderaar boodskappe in Yolandé se tas weg. In My hart...
Kies-jou-avontuur 2: Die gevaarlikste boek op aarde
R 180.00
Gretha maak ’n groot fout wanneer sy haar stiefsussie se sprokiesboek uit wraak vernietig. Want nou bevind sy en haar beste vriend, Hannes, hulle in die koninkryk van Fantastorië, waar ongekende gevare wag. Saam met die iesegrimmige kabouter Kabous moet hulle die sprokieswêreld deursoek vir vyf unieke legkaartstukke, sodat die Towerspieël hulle ...
Ouma Hester en die Superkomeet (Boek 4)
R 180.00
Meeluister-apparate, gesplitste olifantmis en geheime reaktors! Sabotasie, staatsgeheime en slymerig slakke! Die gewetenlose generaal Kerbhala en Spesiale Taakmag T-01 is warm op ouma Hester se spoor. Hoe gaan hulle uit die boosaardige folteraar se kloue ontsnap? Voor hulle weet, word ouma Hester, Tian en Lisa betrek by ’n gemene pakt met eienaa...
Liewe Heksie se groot omnibus
R 410.00
Hierdie reuse-omnibus bevat al 41 van Verna Vels se oorspronklike Liewe Heksie-stories waarin die bekoorlike klein karaktertjie en haar maats, Blommie Kabouter, Karel Kat, Kwaaitjie Kabouter, Koning Rosekrans en vele meer weer oud en jonk laat skaterlag met hulle mannewales. Die stories is 'n versameling uit die bundels: Die Liewe Heksi...
Regte-egte raaisels: Help verklaar die onverklaarbare!
R 230.00
In Regte-egte raaisels kan jy lees oor die grootste kopkrappers in die geskiedenis. Die raaisels wat ondersoek word, wissel van narige, harige gediertes, vreemde vlieende voorwerpe tomonsters uit die dieptes. Lees die verstommende stories oor die raaisels en kyk dan na elkeen se raaiseldossier met feite oor wat regtig gebeur het. Boonop is da...
Wat Werner doen met sy Drie Miljoen
R 230.00
Wat sal jy doen as jy die LOTTO wen? Dit is die vraag wat Werner, TC en Einstein hulself afvra een pouse. Soos die meeste graad 9 seuns, droom hulle oor sportmotors en privaat vliegtuie. Vir die grap besluit die drie seuns om regtig elkeen ’n LOTTO-kaartjie te koop. Hulle vat vir Oupa Ig (Werner se oupa wat Alzheimers het) om “roomys” te koop, e...
As Mens Geluk Kon Proe
R 220.00
Soms is geluk soos ’n vergete peperment in jou skoolbaadjiesak. Toe Arnelia en haar ma van Kaapstad na Potchefstroom verhuis, besluit sy dit is die ideale geleentheid om die draaiboek van haar lewe te herskryf. ’n Nuwe dorp en ’n nuwe skool is die perfekte geleentheid om haarself te heront-werp. ’n Nuwe blaadjie om te slaan. Operasie Nuwe Arnel...
Wêreld van Wolwe: Eerste Bloed (Boek 1)
R 230.00
Alle kinders is bang vir iets. As hulle sê hulle is nie, lieg hulle.” Joshua Reinders maak ’n groot fout. As hy net nie so bang was nie, het sy pa nooit daardie aand ’n kind geskiet nie. Dis hoekom hulle na Droomhoek moes vlug. Maar ook in Droomhoek teister die vrees hom. Skaduwees is nie net skaduwees nie. Geluide is nie net geluide nie. En men...
Asterix: Asterix en die groot geveg
R 190.00
Die Galliese hoofman Disvimygrix omhels die Romeinse kultuur met groot entoesiasme. Die Romeine sien dit as ’n gulde geleentheid en plant by hom ’n idee: Hulle vra hom om die Galliese hoofman Allamapstix uit te daag tot ’n stamhoofgeveg. Die hoofman wat wen, neem beheer oor die ander stam. Gewoonlik sou Disvimygrix nie waag om Allamapstix uit te...
Op die maat van Maya
R 200.00
Toe Maya en Joe mekaar een aand by ’n kuierplek raakloop waar hulle dieselfde Franco de Jong-liedjie sing, begin haar netjies-beplande lewe verander. Te danke aan Joe vergeet sy van haar eks, Mark, en die rampspoedige einde van hulle verhouding. Sy kry die geleentheid om in Joe se band te sing, en nou is sy nie meer so seker dat sy medies wil ga...
David Walliams: Die Aakligste kinders op Aarde 1
R 295.00
Ontmoet vyf stuitige seuns en vyf mislike meisies! Soos Ruda – ’n meisie wat so baie op die rusbank sit en TV kyk dat sy aan die bank vasgroei! Of Dries Drup-drup – ’n seun wie se kwyl hom op ’n skooluitstappie in allerhande moeilikheid laat beland! En moenie vergeet van Sanet Skreenet nie – ’n monsteragtige ouer suster wat liederlike leuens ve...
Percy Jackson en die Olimpiers: Weerligdief
R 180.00
Percy Jackson is op die punt om uit sy kosskool geskop te word … al weer. En dis die minste van sy probleme. Die afgelope tyd maak allerhande mitologiese monsters en die gode van Olimpus hul opwagting in Percy se lewe, asof hulle so reg uit die blaaie van ’n handboek oor die Griekse mitologie gestap kom. Boonop is ’n paar van hulle woedend vir ...
Dagboek van 'n Wimpy kid 15: Diepkant
R 180.00
Wanneer Greg Heffley en sy gesin koers kies op 'n langpad kampeeruitstappie, is hulle gereed vir 'n grootste avontuur. Maar hulle planne loop skeef en hulle beland sonder uitkomkans in 'n woonwpark wat allermins 'n somerparadys is. Dinge raak net erger vir die Heffleys wanneer die reen neerstort en die watervlak begin styg, en hulle wonder of hu...
Dagboek van 'n Wimpy kid 10: Goeie ou Dae
R 180.00
Die lewe was beter in die ou dae. Of nie? Dis die vraag wat Greg Heffley in Dagboek van ’n Wimpy Kid #10: Goeie Ou Dae homself afvra terwyl sy dorp alle elektroniese toerusting afskakel. Maar die hedendaagse lewe het sy geriewe, en Greg is nie vir ’n ouderwetse wêreld uitgeknip nie. Gaan Greg ’n manier vind om te oorleef terwyl spanning binne en...
My Ruimte Atlas
R 145.00
Hierdie atlas is vol fassinerende feite, geïllustreerde kaarte, pragtige tekeninge en fantastiese foto's oor die ruimte. Dit bevat ook plakkers om op die uitvoubare plakkaat en in die boek te plak. Hierdie atlas leer kinders van verskeie aspekte, onder andere planete en sterre. Maak reg vir 'n reis na die ruimte!
Rowley Jefferson se Vreeslike Vriendelike Spookstories
R 170.00
Gryp ’n flitslig, trek die beddegoed oor jou kop en verdiep jou in Rowley Jefferson se verwronge verbeelding , wat onverwags ook skreeusnaaks is. Jy sal jou vasloop in zombies, vampiere , spoke en veel meer in hierdie komies vreesaanjaende verhale. Rowley se spookstories sal jou dalk laat lag, maar pasop dalk sal jy met die lig aan wil slaap