- Home
- Kinders: 8 tot 10 Jaar
Kinders: 8 tot 10 Jaar
Tags
- Everything in Kinders: 8 tot 10 Jaar
- 13+
- Afrikaans
- Age 10 - 13
- Age 6 - 10
- Age 6 - 8
- Age 8 - 10
- Aktiwiteit
- Aktiwiteitsboeke
- Bybel
- Christelik
- Fantasi
- Fiksie
- Jaco Jacobs
- Julia Donaldson
- Kinders
- Lapa
- Latest
- NB
- Nie-fiksie
- Non-Fiction
- On Sale
- Onder 6
- Opvoedkundig
- Pan Macmillan
- Penguin
- Protea
- Skool Hulpmiddels
- Stokperdjie
- Struik
Sarel Seemonster se avontuur
R 160.00
Sarel Seemonser is lus vir avontuur. Maar voordat hy vertrek, waarsku sy ouma Seemonster: “Onthou, as jy in die moeilikheid is, het jy 'n wapen. Seemonsters blaas stoom uit en dit laat diere dink daar is vuur binne ons.” Sarel se stoom borrel en gorrel die lug in. Maar wat gaan gebeur as hy 'n skelm wolf, 'n slang en 'n aasvoël teëkom?'n Heerlik...
Lulu: Coucou, Lulu
R 190.00
Uiteindelik word Lulu se grootste droom bewaarheid: sy gaan Parys toe vir haar eie modevertoning, en die grootste name in die modewêreld gaan haar klere modelleer! Die nare tweeling, Alex en Alet, daag ook onverwags op en Lulu is eers bang hulle gaan al haar planne in die wiele ry - maar dan loop iets GROOT verkeerd! Al die uitrustings wat sy g...
Lea lief Muisvalle en Maan-Melkskommels 4
R 120.00
Lea se ma is 'n veearts en haar pa is 'n diereregte-aktivis en -joernalis. Om diere te red, is in haar bloed! Lea het drie probleme. 1. Iets of iemand is besig om die uile dood te maak. 2. Daar is 'n vreeslike muisplaag by die skool en in die dorp. 3. Hazel en Nikita stel meer in die cool nuwe restaurant belang as om vir Lea met die diere te he...
Ouma Mollie en die Mensvreter
R 190.00
Haar naam is Mollewania Mollewiekus Nagtegaal. Maar jy kan haar sommer net ouma Mollie noem – die grootse moeilikheidmaker op Seeperdjiebaai. Gelukkig hou Nina haar ouma (gewoonlik) uit die moeilikheid. Vandag is egter nie een van daardie dae nie. Dit begin toe ouma Mollie soos ’n verdrinkende meermin in die bad lê. Gou laai sy vir Nina en Blaps...
Nicole & Appelliefie Die Heel Beste Geskenk
R 100.00
Nicole en Pappa trek in ’n nuwe huis in Kaapstad in ná die dood van haar ma. Die nuwe huis voel vreemd en leeg, en Nicole mis vir Mamma vreeslik. Wanneer Nicole verjaar, neem Pappa haar na die middestad om roomys te eet en vir haar nuwe skoene te koop.Hier ontdek hulle ’n beseerde gansie wat hulle saamneem huis toe. Hulle bure help om die gansie...
Minki Se Avontuurkamp
R 130.00
Minki en haar maats sien al weke lank uit na die skool se avontuurkamp. Hulle gaan in die bos kampeer, swem, kampvuuraande hou en in tente slaap. Boonop is daar allerhande lekker uitdagings waaraan hulle kan deelneem. Dit klink na vet pret! Maar Danika is vasbeslote om weer dinge vir Minki-hulle so goor as moontlik te maak. Sy besluit dat haar s...
Minki se Skoolkonsert
R 130.00
Minki en haar maats is opgewonde oor die skoolkonsert wat voorlê. Hulle klas gaan Aspoestertjie opvoer, en dit gaan fantasties wees! Minki en Natalie is seker Lara gaan die hoofrol kry. Sy kan baie goed dans, en boonop is Aspoestertjie haar gunstelingsprokiesprinses. Hulle kan nie wag om te sien hoe sy in haar droomrok lyk nie! Maar by die oudis...
Minki in die Middel
R 130.00
Minki het twee beste maats - Natalie en Lara. Natalie is mal oor ponies en gaan aan ’n perdrykompetisie deelneem waar die ruiters en hul ponies soos sprokieskarakters moet aantrek. Lara neem danslesse en eendag as sy groot is, wil sy ’n ballerina of ’n hiphop-danser word. Wanneer sy hoor van ’n danskompetisie by die winkelsentrum, skryf sy dadel...
Nicole & Appelliefie Die Nuwe Maat
R 100.00
Nicole en Pappa is mal oor hulle nuwe buurt en hulle het reeds ‘n klomp vriende gemaak. Daar is oom Samsodien met die mooi roostuin, tannie Bets met die poedels, die Masango-gesin met die twee klein dogtertjies, mevrou Carboni en haar kleinseun Luca met sy rekenaar en kitaar, die veearts en haar ontvangsdame, Simon in die rolstoel, en die busbes...
Boomhuis met 52 Vloere, Die
R 250.00
Andy en Terry se immer groter wordende boomhuis het nou al 52 vloere! En hulle nuwe prettige byvoegings sluit onder andere in: 'n golfmasjien, 'n regte-egte slangetjies-en-leertjies-speletjie met regte slange en lere, en 'n hoëtegnologie speuragentskap met die nuutste speurtegnologie wat baie handig te pas kom. Want hulle uitgewer, mnr. Groot...
Seerowers, Die 2: Die seerowers en die grot vol goud
R 195.00
AHOOI DAAR, SKARMINKELS! Hier is 'n avontuurstorie oor seerowers vir beginnerlesers in Afrikaans! Kom span die seile saam met Matilda, Basjan en die Van der Branders, en geniet hulle opwindende seeroweravonture. Matilda, Basjan en die Van der Branders is terug met nog ’n waaghalsige seeroweravontuur. ’n Betowerde grot vol goud hou Basjan ...
Blou Maandag
R 180.00
Toe Jana haar oë oopmaak, weet sy sommer … vandag gaan ’n BLOU MAANDAG wees! Dit lyk asof ’n tornado haar hare getref het. Die hamster het haar huiswerk opgeëet. Daar is aspersies in haar kosblik. En dit is háár skuld dat die hele skool glo haar beste vriendin se kop is vol grillerige goggas! Boonop is vanaand die groot talentaand waarna Jana...
Skwiek
R 180.00
’n Hamster wat mense kan hipnotiseer? Hahaha! Dis onmoontlik! Op ’n dag kry Nathan ’n geheimsinnige boks voor hul woonstel se deur. Sy naam staan op die boks geskryf. En binne-in is ’n hamster. Hy is oulik en wollerig en sy naam is Skwiek. En hy is nie sommer ’n gewone hamster nie ... hy het ’n ongelooflike superkrag! Nathan vat vir Skwiek saam ...
Lukas bou 'n Superkar
R 170.00
Wat kry jy as jy die volgende bymekaarsit? Een Lukas, ʼn spul blokkies, een beste maat, ʼn boelie, ʼn kwaai juffrou en ʼn verlore wiskundeboek? ʼn Superkar! Lesers wat van Lego-sportkarre hou, sal mal wees oor hierdie boek. Dit sal sal selfs die mees teensinnige seunsleser laat aanhou lees
Klein boek van: Skrikwekkende Spoke, Die
R 50.00
Kinders kan al hierdie feite en nog baie meer in Fanie Viljoen se volgende vier “klein boeke” leer! Hierdie reeks verseker ure en ure se vermaak! Wou jy nog altyd weet of daar spoke is? NATUURLIK! Hier is 'n paar van hulle: Die spook sonder 'n kop, Die spookhond in die Kasteel, die spook wat met sy skip om die Kaap probeer seil het en die spoo...
Rooi: Waarom Boelies nie snaaks is nie
R 160.00
Tobie bloos bloedrooi oor die kleinste dingetjies, en dit maak hom die skoolboelies se prooi. Hoe help jy jou maat as jy self bang is die boelies kom jou by?