Kinders
Asterix 21: Caesar Se Geskenk
R 190.00
Toe legioensoldaat Romeomontagus by Caesar die titelakte kry van n Galliese dorpie in Armorica, verruil hy die dorpie aan die herbergier Ortopedix as betaling vir sy drankrekening. Ortopedix is baie opgewonde om te trek na die dorpie wat hy gekoop het.
ASTERIX 24 IN BELGIE
R 190.00
Wie is die dapperste: die Belgiese stam of die Galliërs? Die Galliërs en die Belge hou 'n kompetisie om te kyk wie die meeste Romeinse vestingkampe kan verwoes. Wanneer die uitslag gelykop is, vra hulle vir Julius Caesar om die beoordelaar te wees. Caesar is woedend en onderneem om hulle te vermorsel…
Absoluut Einstein
R 235.00
Christien Neser neem die vyfjarige Micha uit Amper Einstein (Tafelberg, 2013) se storie op ’n verrassende wyse verder. In Absoluut Einstein is hy in graad 9, met Matriek-IT onder die knie. Maar sy outisme het hom tot nou uit ’n “gewone” skool gehou. As hy egter aan ’n universiteit wil studeer, moet hy leer sosialiseer, en daarom b...
Veergewig
R 240.00
Die roman was deel van die LAPA-Jeugromankompetisie se kortlys vir 2021! Talia is ’n bokser. Sy is deel van die veergewig-kategorie in die skoolspan. Maar haar afrigter het nie baie genade vir haar nie. Dit maak nie saak hoe hard sy boks nie, sy kan net nie sy goedkeuring wen nie. Sy is ook nie vreeslik gewild ná haar broer, Hamer, vrygelaa...
Trompie Omnibus 6 (3-in-1)
R 235.00
In Trompie die waaghals wil die Boksombende graag vir die kort vakansie see of plaas toe gaan. Ons held oortref homself met twee dapper dade deur 'n hulpelose meisietjie te red en met 'n bende smokkelaars af te reken. In Trompie die rebel is die Boksombende se Grootkaptein jaloers wanneer Katrien 'n brief van 'n geheime bewonderaar in hul klas ...
Boekwinkel Tussen die Wolke
R 220.00
Welkom by Kop In Die Wolke – Ella se gunstelingwinkel op aarde. ’n Plek vol towerkrag, waar wonderlike dinge met jou kan gebeur. Hier kan jy tweedehandse boeke koop wat ruik na raaisels en avonture en dagdrome (en ’n klein bietjie na sweterige sokkies, as ons nou doodeerlik moet wees). En tussen die rakke wag ’n avontuur wat Ella se hele lewe ga...
Tekkies
R 225.00
Die meeste mense slaap Saterdae laat, maar nie Zander nie. Hy sit al weer saam met sy ouers langs die rugbyveld om te kyk hoe sy broer hul pa se sportdrome uitleef.Zander se belangstellings beïndruk sy ouers nie veel nie. Hy hou van rekenaarspeletjies, lees en draf. Vir hom is draf ’n bietjie soos lees. Wanneer hy sy tekkies vasmaak en sy oorfon...
Dagboek van 'n Wimp Kid 17
R 180.00
In Oorvöl Duk vind Greg Heffley uit dat die roete na roem en glorie met ’n paar uitdagings gepaard gaan. Toe hy besluit het om saam met sy tienerbroer, Rodrick, se musiekgroep, Földoek, op toer te gaan het Greg nie besef waarvoor hy homself inlaat nie. Maar hy vind vinnig uit dat die laat aande, onbetaalde gigs, gevegte tussen mekaar en geldpro...
Jy is 'n Wens (Jaco Jacobs)
R 160.00
Ons het gewens en gewens vir iemand net soos jy. ’n Spesiale iemand wat by ons kan kom bly.Hierdie prenteboek vertel op ’n deernisvolle en prettige manier die storie van verskillende gesinne wat kinders aanneem. Dit is die perfekte wegspringplek vir ouers wat met kinders oor aanneming wil gesels, en dit help kinders om te verstaan dat elke g...
Nagmusiek
R 100.00
Is die grillerige stories oor Kamp Kiepersol waar? Kan party katte spoke sien? Wat doen die vreemde gedaante op stormnagte by Bitterwater se brug? Kan dit spook in ’n pophuis? Die sewe spokerige stories in hierdie boek sal jou lekker laat ril en gril!
Rowley Jefferson se Vreeslike Vriendelike Avontuur
R 180.00
AVONTURE WAG! Uit die verbeelding van Rowley Jefferson kom 'n avontuur van epiese afmetings! Sluit aan by Roland en sy beste vriend, Garg die Barbaar, waar hulle die veiligheid van hulle dorpie verlaat en op 'n sending vertrek om Roland se ma uit die kloue van die Hardekwas Heksemeester te red. Gaan ons die helde oorleef? Lees Rowley Jefferson s...
As jy Droom
R 180.00
Elke droom begin met 'n dromer. Megan se droom is om saam met ander tieners 'n vliegtuig te bou en daaarmee van Kaapstad na Kaïro te vlieg. Haar doel is om kinders in ander Afrikalande te inspireer om ook hulle drome vlerke te gee. Toe die vliegtuig uiteindelik meer as 'n jaar later gereed is, pak sy en haar medevlieëniers 'n reis vol avontur...
Vrydag is ek verlief
R 220.00
Ella Olivia is 'n kranige lysiemaker wat haar hele lewe fyn probeer beplan, want sy glo alle slegte dinge gebeur op Vrydae.Na 'n belaglike insident waarin sy 'n meme geword het (natuurlik op 'n Vrydag), is haar laaste minuut aanvaarding by Kovsies om medies te studeer 'n nuwe begin vir haar. Maar na nóg 'n belaglike verwarring, bevind sy haarse...
Wêreld van Wolwe: Tweede Asem (Boek 2)
R 230.00
Dis weird om te weet jy is 'n weerwolf. Maar dis ook cool. Joshua Reinders se lewe het 'n wilde draai gegooi. Hy weet nou hy is 'n weerwolf. Maar dit bring ook 'n nuwe probleem: Sy pa mag glad daarvan uitvind nie, want hy jag weerwolwe. Netnou skiet hy ook sy eie seun. Joshua moet nou leer hoe om die weerwolf-transformasie, sy TWEEDE ASEM, te ha...
Vertel my nog 'n grappie
R 65.00
Hierdie is die opvolgboek van Vertel my 'n grappie. Vertel die skreeusnaakse grappe en pittige sêgoed in hierdie boek vir jou maats – dit sal ure se lagpret verseker! Kinders sal dol wees op hierdie grappieboek wat grappe oor allerlei onderwerpe bevat.
Praat jy! Idees vir die skep van 'n skryfkultuur in die klas
R 230.00
Praat jy! vertel die stories van Thérèse Hulme en die jongmense wat sy oor ’n tydperk van sewentien jaar aan die skryf gekry het in van die mees gemarginaliseerde gemeenskappe in die Wes-Kaap. Laat haar narratiewe benadering jou inspireer om ook uit niks uit ’n skryfkultuur in jou klas te vestig. Om jou daarmee te help is die boek vol kopo...