Kinders

Seile na die Suiderland
R 65.00
Kaapstad is nog net 'n dorpie en die twee neefs, Simon en Wilhelm is nog tieners, maar hulle is mans genoeg om die perdetelery aan die gang te hou op die plaas Heuweluitsig. Toe kom die brief van Simon se moeder waarin sy die twee seuns terugroep Holland toe. Teensinnig berei die neefs voor vir hulle vertrek.

Elf dae in Oxford
R 245.00
Die sestienjarige Alicia word na Oxford gestuur om te gaan kyk hoe dit met haar suster gaan. Inez het innoverende nuwe programmatuur ontwikkel, maar 'n onderduimse professor probeer dit verkoop. Voor sy weet waarin sy haar begewe, steel Alicia die verlore dagboek van Charles L. Dodgson, beter bekend as Lewis Carroll. Dit bevat ’n formule wat Ine...

My eerste boek oor Honde: Alles wat jy wil weet
R 140.00
Alles wat kinders oor honde wil weet! Ontdek alles wat jy nog altyd oor honde wou weet, van verskillende rasse, eienskappe en versorging, tot fassinerende inligting oor hoe honde met ons en met ander honde kommunikeer. Hierdie boek is perfek vir enige iemand wat van honde hou, of jy nou reeds ’n honde-eienaar is of daarvan droom om jou eie hond...

Nog 13 Spookstories
R 240.00
Het jy senuwees van staal? Is jy nie bang om laatnag alleen in die bed te le en lees terwyl die wind buite waai en die takke teen jou ruite krap nie? Skrik jy nie vir stories oor gedaantes wat snags in die donker rondsluip nie? Dan is hierdie net die boek vir jou! Hierdie splinternuwe versameling bevat nog 13 verhale wat jou bloed yskoud sal laa...

Nova Omnibus 1 (3-in-1)
R 270.00
By die Nova-weermagbasis word geheime weggesteek. Gevaarlike geheime. Iets is nie pluis op die weermagdorp Nova nie. Nadat Lucas een aand vreemde ligte in die naghemel gewaar, begin hy allerlei geheime oopkrap. Geheime oor besoekers uit die buitenste ruimte. Geheime waarby nie net Lucas nie, maar ook sy beste vriende en selfs sy gesin betrokke ...

David Walliams: Aaklige Ant Alberta
R 295.00
Stella Saxby is die enigste erfgenaam van die Saxby-landgoed. Maar aaklige ant Alberta en haar reuse-uil sal enigiets doen om dit by haar af te vat. Gelukkig het Stella ’n geheime – en effens spokerige – wapen…

David Walliams: Mnr Stink
R 220.00
Meneer Stink het gestink. Hy was die ene stank. Sy stank was so erg dat dit jou asem weggeslaan het. Hy was die stinkste superstankstinker wat nog ooit gelewe het. ’n Superstank is die ergste soort reuk. ’n Superstank is erger as ’n stank. En ’n stank is erger as ’n stankie. En ’n stankie is erger as ’n klankie. Maar ’n klankie is al genoeg om...

Grilgrypers 2: Web van die Mummie
R 200.00
Pippa kry nog altyd nagmerries oor haar grootste vrees: spinnekoppe. Net voordat sy hulle plaas, Moordkuil, in die karoo verlaat om ’n nuwe skooljaar in ’n koshuis in die Paarl te begin, word die gemummifiseerde liggaam van ’n meisie in ’n bergskeur op die plaas ontdek. Is dit die liggaam van haar pa se vermiste suster? Tot Pippa se skok, is ...

Hallo, Vos! Hallo, Haas!
R 150.00
Pluim besluit dis tyd om weg te kom uit die stad – en die lee hok in die heining lyk na 'n aanloklike alternatiewe woonplek. Die vierde boek in die bekroonde reeks oor Vos en Haas sluit ten opsigte van die leesvlak en die verhaallyn by die vorige drie dele aan!

Groot Boek van Spoke en Grille, Die
R 270.00
Is jy dapper genoeg om hierdie boek oop te maak? Wat gebeur as jy te lank in Dina se donker oë staar? Wat is fout met juffrou Kupido - en watter nare geheim steek sy in haar pousekosblik weg? Wat sal gebeur as 'n vampier en 'n zombie een nag kennis maak? Dis groot. Dis gruwelik. Dit gaan jou hoendervleis gee. Dis die lekkerste versameling gril...

Agent Alex - Uitgesorteer!
R 120.00
Spioenkop Akademie is 'n eksklusiewe skool vir seuns en meisies van ouderdomme 8 tot 18. Al die leerders in hierdie skool se ouers of voogde is op 'n manier betrokke by die Geheime Diens. Spioene en geheime agente stuur graag hul kinders na Spioenkop Akademie, want hulle weet die kinders is hier veilig teen enige bedreiging.

David Walliams: Die Seun in die Rok
R 170.00
Dennis bly in ’n vervelige huis in ’n vervelige straat in ’n vervelige dorp. Maar hy gaan uitvind die lewe is allesbehalwe vervelig wanneer jy jou kop oopmaak! Jy sal lag, jy sal huil, en as jy Dennis eers ontmoet het, sal jy hom nooit vergeet nie …

Hoe om 'n Draak se Vloek te Fnuik
R 185.00
Kan Harwarrus die teengif vir dodelike Gadderitis kry én teen die Doodstand baklei? Kan hy Brandalf die Besetene se byl oorleef en wéér die held wees? “As jy Harwarrus nog nie ontdek het nie, loop jy een van die grootste skeppings van moderne kinderliteratuur mis.” Julia Eccleshare, GUARDIAN-kinderredakteur

Otters, Die (6): Skateiland van die Seychelles
R 180.00
Die drie vriende wat bekend staan as die Otters, gaan saam met Buks se ouers na die Seychelles. Hulle hou lekker vakansie en vergaap hulle aan die koraalriwwe wat soos slange langs die kus van Mahé af kronkel. Hulle sien interessante en gevaarlike visse en eet vreemde kosse. Die Otters se aandag dwaal egter af van hierdie nuwighede wanneer Kassi...

Dagboek van 'n Wimpy Kid 7: Drie is een te veel
R 180.00
Daar is liefde in die lug – maar wat beteken dit vir Greg Heffley? ’n Beplande Valentynsdagdans by die skool gooi sy lewe omver. Terwyl Greg swoeg om ’n dansmaat te vind, begin hy wonder of hy droëbek gaan bly op die groot aand. Sy beste vriend, Rowley, sit met dieselfde problem, maar dis ’n skrale troos. Dan kry Greg ’n dansmaat danksy ’n onver...

Dagboek van 'n Wimpy Kid 5: Nare Waarheid
R 180.00
Die nuwe skooljaar begin, en Greg weet gou hy sal by baie nuwe goed moet aanpas. Hy is sy beste vriend kwyt en sy ma het besluit sy gaan verder studeer. Daar is 'n groot familiesaamtrek in die toekoms waarvoor hy regtig nie lus het nie û veral omdat dit met die Partytjie van die Jaar bots.