Kinders
Tags
- Everything in Kinders
- 13+
- Afrikaans
- Age 10 - 13
- Age 13+
- Age 6 - 10
- Age 6 - 8
- Age 8 - 10
- Aktiwiteit
- Aktiwiteitsboeke
- Christelik
- christelike uitgewersmaatskappy
- Colouring Books
- Eva Amores
- Fiksie
- Jaco Jacobs
- Kinders
- Lapa
- Latest
- Matt Cosgrove
- NB
- Nie-fiksie
- On Sale
- Opvoedkundig
- Pan Macmillan
- Penguin
- Protea
- Stalmaats
Flippie word 'n Vlieg
R 180.00
Waarskuwing: Een van die hoofstukke in hierdie boek is superjiggie! Sal jy daarvan hou om plekke te ruil met ’n VLIEG? Natuurlik nie. DIT SAL AAKLIG WEES! Maar dis presies wat met Flippie Visagie gebeur. So, moet liewer nie die boek lees nie. Dit gaan jou NAAR maak. Rêrig-êrig naar!
Waldo en die Meermin met die Blou Hare
R 140.00
Ná ’n raaiselagtige voorval by ’n akwarium besluit Waldo en Connie om ondersoek in te stel. Maar die geheim wat hulle ontdek, is selfs vreemder as wat hulle ooit kon raai … Kan hulle die eienaars van die akwarium help om een van die see se grootste geheime te bewaar? En wie is die geheimsinnige figuur wat hulle skynbaar agtervolg – ’n beskerm...
Droomoog Diepgrawer
R 230.00
Lank-lank gelede was die Diepgrawers 'n groot erdfamilie, maar nou is daar net ses van hulle oor – Ouma Smakkie, Pa Vasgryp, Ma Uilverskrik en die drieling, Droomoog, Witstert en Snoetie. Die ander erdfamilies maak al hoe meer snuffelpraatjies oor die Diepgrawers, nie net omdat hulle so min is nie, maar ook omdat hulle allerhande on-erdse dinge ...
Waldo En Die Draak Met Die Groen Tong
R 150.00
Is jy gereed vir ’n skubberige avontuur? Waldo en Connie is warm op die spoor van ’n inbreker. ’n Kosbare voorwerp word uit ’n antiekwinkel gesteel. Kan Waldo sy geheimsinnige nuwe talent gebruik om dit te probeer terugkry? Kort voor lank is hy en Connie deel van ’n holderstebolder-avontuur – en hulle ontdek ’n eeue oue geheim wat ten alle ko...
Tyd om te skaats
R 210.00
Hannah is vasgekeer...... Tussen die boom se blare waar sy soms vir haar lewe wegkruip en per ongeluk vir Lua, die coolste meisie wat sy ken, afloer. Sy is vas tussen die soet geure van haar ma se koekskeppings en haar uitgewaste jeans. Vas tussen haar pa se rugbesering terwyl hy plastiek-warlord speel en die wereld vanuit sy studeerkamer probe...
Professor Fungus Omnibus 2
R 270.00
Kom kuier saam met Bennie en Jenny in professor Fungus se laboratorium en keer ’n blikbrein wat buite beheer is, maak kennis met ’n klomp vreemde ruimtewesens, ontmoet ’n skurk met ’n nare breinspoel-plan, duik saam onderwater op soek na ’n eienaardige seegedierte … en veg saam teen ’n weermag tuinkabouters! Vyf fantastiese Professor Fung...
Speurder Kwaaikofski Omnibus 3 (Omnibus 3-in-1)
R 230.00
Kwaaikofski is ’n privaatspeurder. Hy het nou eenmaal ’n talent daarvoor. Gee hom ’n glas melk, Carpenters kougom en sy spesiale kep en hy is gereed vir enigiets! Hierdie omnibus bevat drie van Speurder Kwaaikofski se gewildste avonture vir beginnerlesers. Hierdie keer krap ’n ander speurder krap in sy slaai, hy moet uitvind wie Olga se luukse m...
Thomas@omnibus 3
R 300.00
Die Thomas@-reeks is een van die grootste suksesverhale in die Afrikaanse kinderboekmark. Daar het oor die jare reeds 10 boeke in dié avontuurbelaaide topverkoper-reeks verskyn, en Thomas en sy vriende se avonture het selfs tot ’n TV-reeks gelei. Hierdie waarde-vir-geld-omnibus bevat vier titels: Thomas@geraamte.net, Thomas@rock-ster.net, Tho...
Projek-Reeks, Die
R 280.00
Hierdie reeks bestaan uit drie titels: Projek Paddaprins, Projek Boontjierank en Projek Doringrosie. Al drie titels is nou saamgebundel. Angelette, Soekie en Toni is soort van maats. Hulle is nie, soos die meeste maats, saam op skool nie. Hulle bly nie eers in dieselfde buurt nie. Hulle is maats omdat hulle winkelkinders is. Hulle ouers het w...
Elle-reeks Omnibus 1
R 340.00
Die eerste drie boeke van Christien Neser se gewilde Elle-reeks is nou beskikbaar in ‘n omnibus. Hierdie titels is: Kondensmelk, Koshuiskoffie en Blou sjokolade.
Dolfie Weerwolfie: Volmaan
R 170.00
Dolfie is saam met sy klasmaats op ’n skoolkamp. Hope pret en kattekwaad wag net om die draai … Een aand sit al die kinders om die kampvuur. Dis volmaan, en die onderwyser vertel ’n storie. Skielik begin Dolfie kriewel. Hy is weer besig om wolf te word! Hy hardloop geskok in die bos in. Niemand mag weet wat hy is nie! Maar Noura kom agter iets i...
Bitterbosbende (3): Die Grafsteensangers
R 175.00
Die Bitterbosbende besluit om in die skoolkoor te sing. Maar meneer Louw is nie die vriendelikste nie en boonop is daar nuwe koorlede wat Kurt nog nooit in die skool opgemerk het nie en wat blykbaar vir die res van die bende onsigbaar is. Dan ontdek Nieke 'n stuk papier met snaakse simbole, amper soos bladmusiek, in haar geskiedenisb...
Lotta se lewe (11): Slange en Hansworse
R 220.00
Lotta se klas moet 'n VERSKEIDENHEIDSKONSERT hou! Juffrou Knacker het besluit wie saam met wie moet werk – en Lotta se spanmaat is Benni! ’n Rocker! Chantelle doen saam met die Skaapkop Leigh-Anne (verraaier!) ’n klomp cool hondetoertjies en Rémi ry op ’n eenwielfiets, maar Lotta moet HANSWORSSTREKE uithaal. Dis onregverdig! Dankie tog sy het...
Elf dae in New York
R 230.00
Frances en Helene, haar modeontwerper-stiefma, gaan kuier by haar stiefsussie Amie in New York. Helene wil haar reeks eko-vriendelike handsakke by 'n groot modehuis gaan wys. As jy dit in New York kan maak, is die wêreld joune! Manhattan is adrenalien. Frances is mal oor die stad met sy groot park en asemrowende argitektuur. Maar sommer gou be...
Grilgrypers 6: Geheim van die spookwerf
R 185.00
Vanessa se ouers was eens skatryk, maar wanneer haar pa alles verloor moet hulle trek na 'n piepklein huisie op 'n skrootwerf waar haar pa as bestuurder van 'n insleepwa gaan werk. Die motorongeluk waarin Vanessa betrokke was, spook steeds by haar. En al die gruwelike motorwrakke in die skrootwerf gee haar die horries. Wanneer sy die eienaard...
Bitterbosbende (2): Die Been in die Bos
R 175.00
Die Bitterbosbende kamp langs die rivier. Toe Zia en Nieke een aand badkamer toe loop, begin 'n hond verwoed blaf. Toe is daar die geluid van 'n trein wat kwaai rem aanslaan en dan 'n harde botsing. Dis eers toe Zia gil dat Nieke sien wat in haar hand is . . . 'n been? En so begin die soeke na die geheimsinnige stoomlokomotief wat pass...