Kinders
Tags
- Everything in Kinders
- 13+
- Afrikaans
- Age 10 - 13
- Age 13+
- Age 6 - 10
- Age 6 - 8
- Age 8 - 10
- Aktiwiteit
- Aktiwiteitsboeke
- Christelik
- christelike uitgewersmaatskappy
- Colouring Books
- Eva Amores
- Fiksie
- Jaco Jacobs
- Kinders
- Lapa
- Latest
- Matt Cosgrove
- NB
- Nie-fiksie
- On Sale
- Opvoedkundig
- Pan Macmillan
- Penguin
- Protea
- Stalmaats
Tussen die lyne
R 120.00
Kreatiewe skryfwenke van die beste van die beste! Wil jy FANTASTIESE stories en SKREEUSNAAKSE rympies skryf? Is jy gereed om jou VERBEELDING vrye teuels te gee? Kort jou opstelle ’n bietjie WOEMA? Wel, hier is goeie nuus … Jy is nooit te jonk om te begin skryf nie! Tussen die lyne van hierdie prettige aktiwiteitsboek help die gewilde topverko...
Perde-omnibus 1: Sonder Chocolate Charlie en ander gunstelinge
R 270.00
In Sonder Chocolate Charlie moet Nell die ongeluk wat haar geliefde Charlie se lewe geëis het, verwerk. Brigadier en die raaiselponie is die verhaal van susters Zahn en Alex en hulle pa se stram verhouding, met 'n raaisel wat in die Knysna-bos ontrafel word deur Zahn en Brigadier. In City Girl en die swart hings is Nicole teen haar sin saam m...
Per Ongeluk Parys
R 210.00
Sergio is hot! Hy is die eerste prys! Soos ’n gratis vliegkaartjie Ysland toe met al jou verblyf betaal! En nou het hy vir Dienkie genooi om Vrydagaand in Parys saam met hom te gaan rolskaats. Sy weet nie of sy moet gaan nie. Want Sergo is ’n hunk. ’n Franse hunk. En die probleem is eenvoudig: Dienkie hou baie van hom. Eintlik miskien te veel. ...
17de Veer, Die
R 240.00
Lara werk in haar vrye tyd by ’n tatoeëersalon, en wonder soms oor die pa wat sy nooit gehad het nie. Alex het in ’n kinderhuis grootgeword en het ’n vreemde fassinasie met uile. Lara weet dit nog nie, maar haar en Alex se stories is op die punt om vir ewig verstrengel te word. En alles begin met ’n boks vol briewe wat sy in ’n hoededoos op haar...
Dagboek van 'n Wimpy kid 16: Kolskoot
R 180.00
Greg Heffley en sport is nie maats nie. Na ’n rampspoedige atletiekbyeenkoms by die skool besluit Greg hy is eens en vir altyd klaar met die sportwêreld. Maar nadat sy ma hom aanpor om sport nog een kans te gun, stem hy onwillig in om vir basketbal in te skryf. Die proewe is ’n ramp, en Greg is oortuig hy gaan nie gekies word nie. Maar hy kry ...
Rowley Jefferson se Vreeslike Vriendelike Spookstories
R 170.00
Gryp ’n flitslig, trek die beddegoed oor jou kop en verdiep jou in Rowley Jefferson se verwronge verbeelding , wat onverwags ook skreeusnaaks is. Jy sal jou vasloop in zombies, vampiere , spoke en veel meer in hierdie komies vreesaanjaende verhale. Rowley se spookstories sal jou dalk laat lag, maar pasop dalk sal jy met die lig aan wil slaap
My Ruimte Atlas
R 145.00
Hierdie atlas is vol fassinerende feite, geïllustreerde kaarte, pragtige tekeninge en fantastiese foto's oor die ruimte. Dit bevat ook plakkers om op die uitvoubare plakkaat en in die boek te plak. Hierdie atlas leer kinders van verskeie aspekte, onder andere planete en sterre. Maak reg vir 'n reis na die ruimte!
Dagboek van 'n Wimpy kid 15: Diepkant
R 180.00
Wanneer Greg Heffley en sy gesin koers kies op 'n langpad kampeeruitstappie, is hulle gereed vir 'n grootste avontuur. Maar hulle planne loop skeef en hulle beland sonder uitkomkans in 'n woonwpark wat allermins 'n somerparadys is. Dinge raak net erger vir die Heffleys wanneer die reen neerstort en die watervlak begin styg, en hulle wonder of hu...
Percy Jackson en die Olimpiers: Weerligdief
R 180.00
Percy Jackson is op die punt om uit sy kosskool geskop te word … al weer. En dis die minste van sy probleme. Die afgelope tyd maak allerhande mitologiese monsters en die gode van Olimpus hul opwagting in Percy se lewe, asof hulle so reg uit die blaaie van ’n handboek oor die Griekse mitologie gestap kom. Boonop is ’n paar van hulle woedend vir ...
Op die maat van Maya
R 200.00
Toe Maya en Joe mekaar een aand by ’n kuierplek raakloop waar hulle dieselfde Franco de Jong-liedjie sing, begin haar netjies-beplande lewe verander. Te danke aan Joe vergeet sy van haar eks, Mark, en die rampspoedige einde van hulle verhouding. Sy kry die geleentheid om in Joe se band te sing, en nou is sy nie meer so seker dat sy medies wil ga...
Asterix: Asterix en die groot geveg
R 190.00
Die Galliese hoofman Disvimygrix omhels die Romeinse kultuur met groot entoesiasme. Die Romeine sien dit as ’n gulde geleentheid en plant by hom ’n idee: Hulle vra hom om die Galliese hoofman Allamapstix uit te daag tot ’n stamhoofgeveg. Die hoofman wat wen, neem beheer oor die ander stam. Gewoonlik sou Disvimygrix nie waag om Allamapstix uit te...
Wat Werner doen met sy Drie Miljoen
R 230.00
Wat sal jy doen as jy die LOTTO wen? Dit is die vraag wat Werner, TC en Einstein hulself afvra een pouse. Soos die meeste graad 9 seuns, droom hulle oor sportmotors en privaat vliegtuie. Vir die grap besluit die drie seuns om regtig elkeen ’n LOTTO-kaartjie te koop. Hulle vat vir Oupa Ig (Werner se oupa wat Alzheimers het) om “roomys” te koop, e...
Kies-jou-avontuur 2: Die gevaarlikste boek op aarde
R 180.00
Gretha maak ’n groot fout wanneer sy haar stiefsussie se sprokiesboek uit wraak vernietig. Want nou bevind sy en haar beste vriend, Hannes, hulle in die koninkryk van Fantastorië, waar ongekende gevare wag. Saam met die iesegrimmige kabouter Kabous moet hulle die sprokieswêreld deursoek vir vyf unieke legkaartstukke, sodat die Towerspieël hulle ...
Dagboek van 'n Wimpy kid 14: Breekyster
R 180.00
'n Onverwagse erflating gee Gregg Heffley se gesin 'n kans om groot veranderinge aan hul huis aan te bring. Maar hulle besef gou huisverbeteringe is nie kinderspeletjies nie. Die oomblik wanneer die mure platgeslaan word, duik probleme oral op. Verrotte hout, giftige skimmel, onwelkome gediertes en iets meer onheilspellends laat Greg en sy gesin...
Dagboek van 'n Wimpy kid 13: Koue Voete
R 180.00
'n Sneeustorm veroorsaak dat Greg Heffley se skool moet sluit, en sy buurt verander in 'n ysige slagveld. Vyandige groepe baklei om grondgebied, bou enorme sneeuforte en voer epiese sneeubalgevegte. En Greg en sy getroue beste vriend, Rowley Jefferson, beland in die spervuur. Greg en Rowley moet bondgenootskappe, verraad en oorlogbendes in 'n st...
Tania Brink Omnibus 1
R 290.00
Lees nou drie van Tania Brink se gewildste tienerliefdesverhale in een lekkerleesliefdesomnibus! My hart is vol graffiti Lara het die perfekte ou. Maar wanneer sy en haar beste vriendin, Vanessa, ’n artikel vir ’n tienertydskrif moet skryf oor graffiti, ontmoet hulle ’n regte graffitikunstenaar wat hulle aan ’n opwindende nuwe wêreld bekend s...