Kinders
Tags
- Everything in Kinders
- 13+
- Afrikaans
- Age 10 - 13
- Age 6 - 10
- Age 6 - 8
- Age 8 - 10
- Aktiwiteit
- Aktiwiteitsboeke
- Bybel
- Christelik
- christelike uitgewersmaatskappy
- Colouring Books
- Fantasi
- Fiksie
- Jaco Jacobs
- Julia Donaldson
- Kinders
- Lapa
- Latest
- NB
- Nie-fiksie
- Non-Fiction
- On Sale
- Onder 6
- Opvoedkundig
- Pan Macmillan
- Penguin
- Protea
- Skool Hulpmiddels
- Stokperdjie
- Struik
Tekkies
R 225.00
Die meeste mense slaap Saterdae laat, maar nie Zander nie. Hy sit al weer saam met sy ouers langs die rugbyveld om te kyk hoe sy broer hul pa se sportdrome uitleef.Zander se belangstellings beïndruk sy ouers nie veel nie. Hy hou van rekenaarspeletjies, lees en draf. Vir hom is draf ’n bietjie soos lees. Wanneer hy sy tekkies vasmaak en sy oorfon...
Minki maak 'n Plan
R 130.00
Minki en haar maats is baie opgewonde toe hulle ’n onverwagse besoeker kry. Hulle ontdek ’n oulike katjie in die tuin. Waar kom sy vandaan, en sal hulle haar kan help om weer haar huis te kry? Hulle sal egter vinnig ’n plan moet maak, want Minki se hond, Spaghetti, hou glad nie van dié nuwe kuiergas in die huis nie! Intussen kry Minki ’n nare ve...
Krok en Dil
R 100.00 R 150.00
Ontmoet vir Krok en Dil. Dil hou van grappies vertel ... maar hy hou nie van pizza met pynappel nie. Krok hou van kosmaak ... maar hy hou nie daarvan as iemand vir hom lag nie. Dil hou van Krok. En Krok hou van Dil. Krok en Dil is beste maats ... en hulle sal jou laat skater van die lag! Die boek bevat drie skreeusnaakse strokies wat perfek i...
Sneeuman-swem
R 180.00
“Gee vir my die een met die yskoue hart!” Pieter Poggenpoel is die grootste grapmaker in die skool. Selfs sy naam is ’n grap. Almal noem hom PADDA! Nou moet hy bewys dat hy ook ernstig kan wees. Maar sy lewe verander in ’n nagmerrie. Op die skool se swemtoer breek die bus. Padda, Wayde en Trish moet hulp gaan soek. Maar ’n afskuwel...
Sokkerdrome (1): Afskop
R 100.00
"Jason is so 'n goeie sokkerspeler dat hy genooi word om vir Orlando Pirates te speel. Sal hy 'n sukses kan maak van hierdie geleentheid? Hierdie maklik-om-te-lees boek is ideaal om trae lesers aan te moedig en is gemik op leerlinge wat Afrikaans dalk as tweede- of derdetaal het."
My hart is oppi plaas-gesegde & idioom-inkleurboek
R 150.00
Maak die potlode skerp. Skiet daai doppies van die merkpenne af.Lê op 'n baal, sit agterstevoor op 'n trekker, klim op na die solder in die skuur,of gooi ‘n kombersie oop onder 'n boom. Die tyd het aangebreek. Kom ons kleurin! Hierdie vrolike inkleurboek bevat 22 eg-Afrikaanse gesegdes en idiome, elkmet interessante feite oor plaasdiere en vol...
More as ons groot is
R 170.00
Dramateks vir hoerskoolleerders (15+): Môre as ons groot is deur Fanie Viljoen. Dis matriekafskeid – die wonderlikste aand in elke tiener se lewe. Maar wat gebeur wanneer dit verby is? Wanneer selfs die after-party end kry? Vier jongmense staan op die grens van hulle grootmenslewe. Vanaand neem hulle afskeid van hulle skool - hulle vriende - ...
Ware avonture van Adelie en Riley: Die Amadidas
R 170.00
Die reeks is soortgelyk aan die Kattemaai-reeks deur Betsie Vos. Dié boeke bevat ook ’n jong vroulike hoofkarakter met baie ligte elemente van fantasie. Adelie se beste maat is haar Boston Terrier-hond, Riley. Riley hou van speel en hy kry gereeld die zoomies. Hy los ook groot STINKbomme! Vir Adelie en Riley is daar geen grense aan die avonture ...
Magriet en Billie
R 65.00
Nina en Magriet die hoender is beste maats en het allerhande avonture saam! In Magriet en Billie kom kuier Billie vir Nina. Net voor hulle lekker begin speel, jaag Magriet skielik op Billie af ... Om en om hardloop hulle. Hoekom op aarde jaag Magriet vir Billie?
Avontuurland
R 200.00
Helena J.F. Lochner se verhaalbundels (waaronder Kammaland, Kinderland en Kleuterland) het van haar die "Hans Christian Andersen" van Afrikaans gemaak. Hier is nog 'n boek met pragtige bekende en onbekende verhale en volkleur-illustrasies wat die avontuurlus en verbeelding van enige jong kind sal prikkel.
Katastrofe
R 170.00
’n Katastrofe het Katjiesfontein getref! Die geld wat mevrou Mynie Koen vir die talentkompetisie geskenk het, is van juffrou Katoliek se lessenaar af gesteel. Leo is seker dit was daardie boelie, Spiertier. Tiere soek mos altyd skoor! Of dalk het dit iets te doen met Gato, die vreemde nuwe leerling in ...
Kaptein Onderbroek #2: Kaptein Onderbroek en die geveg teen die tandetoilette
R 220.00
George en Harold is gewoonlik verantwoordelike kinders – wanneer daar amok is, is George en Harold gewoonlik daarvoor verantwoordelik! Hierdie keer boemerang hulle jongste poets en hulle skep per ongeluk ’n hele weermag tandetoilette. Gelukkig ken hulle ’n superheld wie se onderbroekrek ’n gevaarlike wapen is. Dit lyk na nóg ’n opdrag vir Kap...
Dodelikste donuts in die heelal
R 185.00
Wynand se ma is nou wel 'n superheldin met supersoniese, superheldin tekkies, maar dit beteken niks in hulle kombuis nie. Sy wil sowaar haar aaklige groen muffins vir die skool se jaarlikse koekverkoping bak! Maar Wynand maak 'n ander plan: sjef Sprinkles in New York se beroemde donuts is gratis en hulle versend reg oor die wêreld! ...
Lekker Liewe Heksie-stories (Omnibus)
R 280.00
Die onskuldige, vriendelike heksie, Levinia, en al die bewoners van Blommeland laat oud en jonk steeds skater met hulle manewales. Vian Oelofsen se lewendige illustrasies sorg dat Liewe Heksie en haar maats se avonture nog net so bekoorlik is soos altyd. Hierdie omnibus bevat 10 van die gewildste Liewe Heksie-stories, met eenvoudige ...
50 Vrae oor...Hoe om my planeet te red
R 155.00
Die kort vrae en antwoorde in hierdie boek maak dat daar maklik en vinnig oor hoe om die planeet te red, geleer kan word. Daar is ook 'n bordspel binne-in die boek en twee bladsye met plakkers wat op die ooreenstemmende prentjies in die boek geplak kan word, én 'n geheuespel waartoe jy toegang met jou slimfoon kan kry deur 'n QR-kode te...
50 Vrae oor...Die menslike Liggaam
R 155.00
Kort vrae en antwoorde in hierdie boek maak dit maklik en vinnig om oor die menslike liggaam te leer. Daar is ook 'n bordspel binne-in die boek en twee bladsye met plakkers wat op die ooreenstemmende prentjies in die boek geplak kan word, én 'n geheuespel waartoe jy toegang met jou slimfoon kan kry deur 'n QR-kode te skandeer!