Kinders
Tags
- Everything in Kinders
- Afrikaans
- Age 10 - 13
- Age 13+
- Age 6 - 10
- Age 6 - 8
- Age 8 - 10
- Aktiwiteit
- Aktiwiteitsboeke
- Alice Pantermuller
- BadBoek
- Chris Venter
- Daniela Kohl
- dav Pilkey
- De Wet Hugo
- Demi-Leigh Tebow
- Elizbe van der Colff
- Eva Amores
- Fanie Viljoen
- Fiction
- Fiksie
- Fiona Powers
- Human&Rousseau
- Jaco Jacobs
- Jana du Plessis Muller
- Kinders
- Kookboeke
- Lap Boek
- Latest
- Liz de Villiers
- Marga Jonker
- Matt Cosgrove
- NB
- Nie-fiksie
- On Sale
- Onder 6
- Opvoedkundig
- Pantermuller Kohl
- Schalk Engelbrecht
- Silke Schellhammer
- Skool Hulpmiddels
Ek maak reg vir skool 5+ jaar
R 135.00
Hierdie aktiwiteitsboek bevat meer as 290 selfklewende plakkers asook verskillende prente om in te kleur. Die reeks is spesifiek ontwerp om kinders te help om die vaardighede wat hulle tydens kleuterskool aanleer, verder te ontwikkel.
Marinda se kinderkombuis
R 315.00
Marinda se kinderkombuis is ’n kleurvolle kookboek met ’n kinkel. Benewens resepte is daar ’n skatkis van wenke hoe kinders by kosmaak kan baat, asook hoe bak-en-brou die jongspan op ’n pretmanier help met skoolvakke, lees en skryf. Leer saam met Sjef Sout om 'n omelet te maak, en die fraaiste kolwyntjies te versier. En dan is daar die eksperime...
Wim Vermaak maak 'n plan
R 195.00
Vir Wim is graad tien nes graad nege, maar op steroids. Hy land teen sy sin die understudy-rol van Nick Bottom in die skool se opvoering van ’n Midsomernagsdroom. Maar dis iets nader aan ’n nagmerrie as ’n droom, want 'n ander ou sleep vlerk by sy Jenny. Ouma Hantie is sy enigste hoop, maar haar kop is op ’n ander plek. Boonop beland W...
Harry Griesel 3: Die Spookmeesters
R 240.00
'n Fortuinverteller trek oorkant die straat van Otto en tannie Sharon in en ewe skielik begin vreemde dinge in die buurt gebeur. Harry die Grieselgryper vind uit dat 'n gruwelgees die vrou se huis oorgeneem het! Dit is 'n baie gevaarlike soort spook en Grieselgrypers is hulpeloos teen hulle. Otto en Harry moet 'n...
Kaptein Onderbroek #1: Die avonture van Kaptein Onderbroek
R 215.00
George en Harold het die grootste superheld in die geskiedenis van hulle laerskool geskep – en nou gaan hulle lewe aan hom gee! Ontmoet kaptein Onderbroek! Sy ware identiteit is só ’n groot geheim dat selfs hý nie weet wie hy is nie!Lees hierdie reeks deur dieselfde skrywer as Hondman. Skreeusnaaks en perfek vir eerste of trae lesers!
Kies-jou-avontuur 3: Die gevaarlikste fliek op aarde
R 180.00
Dieter is ’n ware fliekvlooi. Maar gaan al sy filmkennishom help as ’n hologramreus hom en sy tweelingbroer, Darius, na ’n virtuele fliekwêreld ontvoer? Hulle moet van ruimtewesens, booswigte en monsters vlug, saam met ’n superheld veg en nog meer – alles om vier fliekkaartjieste vind en te ontsnap. Maar wat het die ou...
Roald Dahl: Die Twakke
R 215.00
Mnr. Twak is 'n stink en mislike man met stukkies graanvlokkies en sardientjies in sy baard. Mev. Twak is 'n aaklige ou heks met 'n glasoog. Hulle hou die apie Moggelwomp en sy gesin al gans te lank gevange in 'n hok in die tuin en nou wil die apies WRAAK neem . . .
Verf en leer: 123
R 210.00
Hierdie hardebandboeke het versteekte prente om te vind, na die syfers te kyk, en te tel! Kinders kan water oor die wit agtergrond verf en kleur sal verskyn. Die kleur sal weer verdwyn en die prente kan oor en oor gebruik word. 'n Kwas word ingesluit!
Ivoor: Terug op Dodelike Spore
R 280.00
Geheimsinnige oorsese betalings aan weeskinders van die Bosoorlog . . . Dit lyk soos die werk van die ou SAW se koverte intelligensiegroep. Tex Texeira se aandag is verdeel tussen dié saak en die selfdood van die Engelsman, ’n medesoldaat wat uit gewetensbeswaardheid nooit aan ’n vuurwapen gevat het nie. Dan kom ’n verdere elemen...
Tjoppie en die muskiet
R 115.00
Tjoppie is ’n nuuskierige klein hondjie. Vandag is daar 'n aaklige gogga wat vir Tjoppie pla en steek. Dit jeuk oral! Gelukkig ontmoet hy ook vir Tonkie die spinnekop wat hom kan help. Tjoppie se prettige, kleurvolle avonture is perfek vir storietyd saam met peuters en kleuters.
Tjoppie se verjaardag
R 125.00
Tjoppie is ’n nuuskierige klein hondjie. Vandag is sy verjaardag! Hy kry baie geskenke. Maar saam met wie van sy maats moet hy eerste speel? Dit is tog die lekkerste as almal leer om saam te speel. Tjoppie se prettige, kleurvolle avonture is perfek vir storietyd saam met peuters en kleuters.
Roald Dahl: Charlie en die Sjokolade-Fabriek
R 255.00
Charlie Bucket hoor dat die wonderlike sjokoladefabriek se misterieuse eienaar, Willie Wonka, ’n Goue Kaartjie gaan gee wat ’n paar gelukkiges deur die hekke van die fabriek gaan neem. Hy wens met sy hele hart dat hy ’n kaartjie sal wen – en dan gebeur dit! Dit blyk die fabriek is nie net ’n lekkergoed- en sjokoladehemel nie en Charlie word vasg...
Roald Dahl: Die Groot Sagmoedige Reus (GSR)
R 250.00
Sophie word in die middel van die nag uit haar bed gegryp en weggedra deur ’n reus met tennisbaan-treë en enorme groot ore. Maar Sophie is gelukkig. Die GSR is baie sagmoediger as sy afgryslike bure, wat vir ’n tydverdryf elke nag slapsoetige kidderen opgopsel . . .
Avonture van Speurhond Willem: Omnibus 2
R 270.00
'n Paar jaar gelede het 'n sending van die beroemde Willem skeefgeloop en het hy in Kaapstad by die DBV beland. Dis waar Adriaan en sy ouers die oulike swart-en-wit spanjoelhondjie raakgeloop het. En nou is Adriaan en Willem onafskeidbaar. Hierdie tweede omnibus bevat nog drie lekkerleesavonture: Hulle reis na die Internasionale Ruimte...
My groot boek oor treine, motors en lorries
R 105.00
Het jy al ooit gewonder hoe die eerste fiets gelyk het? Of hoe die eerste wiel ontdek is? In hierdie groot-formaat boeke kan kinders lees oor die eerste treine en motors tot al die voertuie wat op die plaas gebruik word! Elke bladsy bevat helder en groot illustrasies met byskrifte, en ekstra bladsye agterin die boek vir inkleur! Hierdie boek...
Bybelliedjies vir Kleintjies en Kleuters
R 260.00
Op die hakke van Liedjies vir Pikkies en Peuters (2017) volg vroeëkindontwikkelingspesialis Gertie Smit se nuwe boek met 40 oorspronklike Afrikaanse Bybelliedjies en -stories: oor karakters soos Jona, Moses en Daniël, liedjies wat goeie waardes aanleer, bv. om nie te jok nie, sowel as gebedjie-liedjies. Daar is ook 6 bekende Bybelverhale verwer...