- Home
- Kinders: 10 tot 13 Jaar
Kinders: 10 tot 13 Jaar
David Walliams: Gedierte In Die Gange
R 295.00
BRITTANJE. DIE TOEKOMS. DIE JAAR 2120. Londen lê in puin, die mense is honger en die hele koninkryk is in pikdonker gehul. Prins Albert, ’n tingerige boekwurm, het nog nooit die veiligheid van Buckingham-paleis verlaat nie. Maar nou gebeur daar vreemde dinge tussen die mure van die paleis – en Alfred se lewe gaan vir ewig verander. Snags dwaal...
Boomhuis met 39 Vloere, Die
R 250.00
Andy en Terry het nóg vloere aangebou by hulle fantastiese boomhuis! Nou is daar 39 vloere met allerhande prettige byvoegings – soos die wêreld se vreesaanjaendste tuimeltrein, ’n maller-as-mal-mallemeule, ’n reusetrampolien, en ’n disko om maar net ’n paar goed te noem. En die beste byvoeging van als? ... Terry se nuutste uitvindsel ... ’n mas...
Toe ons Oneindig was
R 210.00
Kara Immelman se lewe is eintlik nogal uitgesorteer. Sy is in matriek en hoewel sy heeltemal te skaam is om gewild te wees, het sy vir Eduard, haar beste vriend van laerskooldae af. Sy is ook haar skool se topswemmer en die moontlikheid van ’n swembeurs wink. Al gebeur daar nie veel op die dorpie waar hulle woon nie, het sy en Eduard groot plan...
Maltrap
R 140.00
Maak jou sitplekgordel vas vir ’n monster-avontuur! Adriaan hou van karre. En motorfietse. En vliegtuie. Hoe groter en vinniger, hoe beter. Op ’n dag ontdek hy en sy pa die wrak van ’n ou monsterbakkie in ’n stowwerige motorhuis. Sy pa besluit om die monsterbakkie reg te maak … en dit is die begin van ’n maltrap-avontuur!
Flaffie
R 130.00
Moeg vir jou planeet se troeteldiere? Bestel vandag nog ‘n troeteldier van ‘n ander planeet! Rudi en Judy baklei gedurig soos kat en hond. Hulle stem oor byna niks saam nie. Maar een aand bestel hulle per ongeluk in plaas van pizza … ‘n ruimtewese! Kort voor lank is daar groot moeilikheid …
Haas Das se Nuuskas: Episode 4
R 195.00
Almal van Menseland is verheug om Haas Das, die geliefde nuusleser van Diereland, en sy assistent, Piet Muis, en hulle manewales weer te geniet in hierdie veelkleurige leesboeke. In hierdie uitsending raak Boeboe die bobbejaantjie vermis en almal is bekommerd, want Hoohoeff Hiënia is in die omtrek. Die gewilde Haas Das-stories word opnuut uitgeb...
Trompie Omnibus 3 (3-in-1)
R 235.00
In hierdie omnibus, wat nog drie gewilde Trompie-stories bevat, word die sproetgesig Grootkaptein en die Boksombende se avonture voortgesit! Titels in hierdie omnibus: Trompie die kragman, Trompie die hartedief en Trompie die held. Die ondeunde Trompie het ’n sjarme wat tot oud en jonk spreek en nuwe lesers sal dadelik deur Trompie en die Boksom...
Hondman 4: Hondman en Kleinkat
R 275.00
Hondman is terug en hierdie keer is hy nie alleen nie. Die hond met 'n regte neus vir geregtigheid het nou 'n helper, Kleinkat, en saam het hulle 'n raaiselagtige dilemma om op te los! Wanneer 'n nuwe katsitter opdaag en 'n glansryke rolprentster verdwyn, hang dit van Hondman en Kleinkat af om die dag te red. Sal hierdie helde warm op...
Speurder Kwaaikofski (Omnibus 3-in-1) nr 1
R 230.00
Kwaaikofski is al ’n privaatspeurder vandat hy kan onthou. Selfs as ’n baba het hy elke boublokkie weer gekry, en ook elke lekker wat iewers in die sandput verdwyn het. Hy het nou eenmaal ’n talent daarvoor. Gee hom ’n glas melk, Carpenters kougom en sy spesiale kep – wat sorg dat sy brein altyd teen die optimale temperatuur funksioneer – en hy ...
Ouma Hester en die Dreadnought (Boek 3)
R 180.00
Die Dreadnought is reg vir aksie, ouma Hester se harnaspakke is gelaai met plofbare verrassings en haar yskas kreun onder die smulgoed! Maar wat gaan sy in Kanada maak en nogals by PESBEHEER, PILLE & PREPARATE van alle plekke? Sal Mamma vir Tian en Lisa laat saamgaan? En wat vang die bose dokter Lewendkerwen alles in haar onderwaterse labora...
Haas Das se Nuuskas: Episode 6
R 195.00
Haas Das, die geliefde nuusleser van Diereland, en sy assistent, Piet Muis, is terug met Diereland se manewales in hierdie veelkleurige leesboeke. In hierdie uitsending word Haas Das deur Snawel Knawel ontvoer! Diereland is baie bekommerd oor die vermiste nuusleser. Die gewilde Haas Das-stories word opnuut uitgebeeld deur Vian Oelofsen se pragti...
Leeus met letsels
R 232.00
Buyi voel soos ’n vreemdeling in London – die plek waar hy gebore is en grootgeword het. Dan besluit sy ma hy moet by sy pa, wat hy nooit geken het nie, op ’n wildreservaat in Suid-Afrika gaan bly. Maar ook hier voel hy nie tuis nie. Hy kom agter Afrika bestaan nie net uit wonderlike landskappe en eksotiese ...
Avonture van Anna Atoom
R 325.00
Anna Atoom woon op 'n eiland in die Indiese Oseaan saam met haar ouers; wetenskaplikes wat gereeld ingeroep word om die wêreld van ondergang red. Anna se avonture begin met die ontdekking van 'n seerowerswaard en die skip, die Chivonne. Sy het skaars hierdie raaisel opgelos, of haar pa se agterbakse kollega, Uranus Draak, stel sy...
Haas Das se Nuuskas: Episode 3
R 195.00
Almal van Menseland is verheug om Haas Das, die geliefde nuusleser van Diereland, en sy assistent, Piet Muis, en hulle manewales weer te geniet in hierdie veelkleurige leesboeke. In hierdie episode vind die groot wedloop tussen Hasie Kwassie en Skillie Skilpad plaas! Wie gaan wen? Die gewilde Haas Das-stories word opnuut uitgebeeld deur Vian Oel...
Grotbaba (Julia Donaldson)
R 205.00
Broeps die grotbaba voel allenig en verveeld. Sy ma verf ure aaneen en sy pa jag pal vir kos vir die pot. Toe Broeps Mamma se verfkwas optel, is sy ouers smoorkwaad. Hulle dreig om hom te voer vir die groot, honger beer! Dan daag daar 'n vriendelike mammoet op . . . en Broeps maak 'n hele klomp nuwe vriende. ’n Heerlik ondeunde avontuurverhaal d...
Meisie met uitroeptekens in haar oë, Die
R 200.00
Of jy nou glo in die noodlot of blote geluk of liefde met die eerste oogopslag, alle liefdesverhoudings moet iewers begin. Dié bundel bevat verhale oor eerste ontmoetings deur gevestigde skrywers soos Jaco Jacobs, Zelda Bezuidenhout, Refiloe Moahloli en Sally Partridge en nuwe stemme soos Cliffordene Norton en Mercy Kannemeyer. Die verhale i...