- Home
- Kinders: 10 tot 13 Jaar
Kinders: 10 tot 13 Jaar
Tags
- Everything in Kinders: 10 tot 13 Jaar
- 13+
- Afrikaans
- Age 10 - 13
- Age 13+
- Age 6 - 10
- Age 6 - 8
- Age 8 - 10
- Aktiwiteit
- Aktiwiteitsboeke
- Christelik
- christelike uitgewersmaatskappy
- Colouring Books
- Eva Amores
- Fiksie
- Jaco Jacobs
- Kinders
- Lapa
- Latest
- Matt Cosgrove
- NB
- Nie-fiksie
- On Sale
- Opvoedkundig
- Pan Macmillan
- Penguin
- Protea
- Stalmaats
Ouma Hester en die Dreadnought (Boek 3)
R 180.00
Die Dreadnought is reg vir aksie, ouma Hester se harnaspakke is gelaai met plofbare verrassings en haar yskas kreun onder die smulgoed! Maar wat gaan sy in Kanada maak en nogals by PESBEHEER, PILLE & PREPARATE van alle plekke? Sal Mamma vir Tian en Lisa laat saamgaan? En wat vang die bose dokter Lewendkerwen alles in haar onderwaterse labora...
Haas Das se Nuuskas: Episode 6
R 195.00
Haas Das, die geliefde nuusleser van Diereland, en sy assistent, Piet Muis, is terug met Diereland se manewales in hierdie veelkleurige leesboeke. In hierdie uitsending word Haas Das deur Snawel Knawel ontvoer! Diereland is baie bekommerd oor die vermiste nuusleser. Die gewilde Haas Das-stories word opnuut uitgebeeld deur Vian Oelofsen se pragti...
Leeus met letsels
R 244.00
Buyi voel soos ’n vreemdeling in London – die plek waar hy gebore is en grootgeword het. Dan besluit sy ma hy moet by sy pa, wat hy nooit geken het nie, op ’n wildreservaat in Suid-Afrika gaan bly. Maar ook hier voel hy nie tuis nie. Hy kom agter Afrika bestaan nie net uit wonderlike landskappe en eksotiese ...
Avonture van Anna Atoom
R 290.00
Anna Atoom woon op 'n eiland in die Indiese Oseaan saam met haar ouers; wetenskaplikes wat gereeld ingeroep word om die wêreld van ondergang red. Anna se avonture begin met die ontdekking van 'n seerowerswaard en die skip, die Chivonne. Sy het skaars hierdie raaisel opgelos, of haar pa se agterbakse kollega, Uranus Draak, stel sy...
Haas Das se Nuuskas: Episode 3
R 195.00
Almal van Menseland is verheug om Haas Das, die geliefde nuusleser van Diereland, en sy assistent, Piet Muis, en hulle manewales weer te geniet in hierdie veelkleurige leesboeke. In hierdie episode vind die groot wedloop tussen Hasie Kwassie en Skillie Skilpad plaas! Wie gaan wen? Die gewilde Haas Das-stories word opnuut uitgebeeld deur Vian Oel...
Grotbaba (Julia Donaldson)
R 205.00
Broeps die grotbaba voel allenig en verveeld. Sy ma verf ure aaneen en sy pa jag pal vir kos vir die pot. Toe Broeps Mamma se verfkwas optel, is sy ouers smoorkwaad. Hulle dreig om hom te voer vir die groot, honger beer! Dan daag daar 'n vriendelike mammoet op . . . en Broeps maak 'n hele klomp nuwe vriende. ’n Heerlik ondeunde avontuurverhaal d...
Meisie met uitroeptekens in haar oë, Die
R 200.00
Of jy nou glo in die noodlot of blote geluk of liefde met die eerste oogopslag, alle liefdesverhoudings moet iewers begin. Dié bundel bevat verhale oor eerste ontmoetings deur gevestigde skrywers soos Jaco Jacobs, Zelda Bezuidenhout, Refiloe Moahloli en Sally Partridge en nuwe stemme soos Cliffordene Norton en Mercy Kannemeyer. Die verhale i...
Klein bietjie magic
R 240.00
Soms voel dit net of daar 'n bietjie magic in die lug is ... Toe Janke se pa-hulle besluit hulle gaan nie hierdie Desember op Gourits vakansie hou soos gewoonlik nie, is sy nie baie beïndruk nie. Toe sy uitvind hulle gaan na die piepklein, geïsoleerde Noord-Kaap kusdorp McDougallsbaai vir vier weke, nog minder. 'n Piepklein dorp saam met 'n...
Pienk is nie vir Sissies nie
R 225.00
Nicci is 'n willewragtig op 'n bergfiets. Die heel lekkerste is om die seuns se reaksie te sien wanneer hulle besef 'n meisie het vir hulle ore aangesit. Tot die dag wat Nicci wreed aangeval en van haar fiets beroof word. Haar wêreld tuimel ineen. Wie sal so iets doen? Stuk-stuk pas Nicci en haar vriende Felicity en Godfrey die legkaart inme...
Rietrotte (3): Rietrotte en die Raaisel
R 195.00
Dis die eerste oop naweek vir die graad 8's. Maar Daniël, Malebo en Antonie is gehok, met juffrou Faure van alle mense as die onderwyseres aan diens! Almal weet sy is so koud soos 'n vrieskas. Reg om jou plat te vee sonder om 'n oog te knip. Wat as Joachim reg is en sy Pieter laat verdwyn het? En dan is daar die mans met die swart pakk...
Sanri Steyn Omnibus 2
R 240.00
Sanri Steyn droom daarvan om eendag 'n joernalis te word. En nie sommer enige joernalis nie. Haar naam sal op almal se lippe wees ... Superjoernalis Sanri Steyn. Sy het nie verniet haar eie koerant, die Raaiselfontein Gazette, begin nie. Op die dorpie Raaiselfontein beleef Sanri en haar beste vriend, Markus, allerlei vreemde avonture - van vampi...
Skool is 'n Riller
R 205.00
Geluide in geheimsinnige donker gange, monsters, mummies, moordenaar-onderwysers en vreemde wesens... skoolgaan is beslis nie vir bangbroeke nie. En wie sal tog omgee oor kwaai onnies en huiswerk as hulle nog met toordokters, spoke en reusagtige spinnekoppe ook moet rekening hou? Hierdie 20 grillekker stories sal jou nekhare laat regop staan en ...
Speurder Anika Omnibus (5-in-1)
R 200.00
Kry jou vergrootglas uit! Annika is versot op speurverhale en raaisels, en as sy in die omtrek is, gebeur daar altyd iets opwindends! Kry jou vergrootglas en jou notaboek uit en maak gereed om leidrade te soek en ’n hele rits opwindende raaisels saam met Speurder Annika op te los. Daar is ’n uitstappie na die museum en ’n geheimsinnige veer wa...
Uile (10) in die Stad
R 180.00
’n Paar blink klippies, ’n vreemde stad en ’n gevaarlike smokkelbende … Onderweg na Johannesburg versteek iemand geroofde diamante in Jorsie se tas. So beland hy en sy vriende – bekend as die Uile – in ’n ondergrondse netwerk van misdaad. En wanneer die moeilikheid hulle na ’n verlate mynskag lei, raak dinge éérs gevaarlik. Sal die Uile Lan Fu s...
Uile (11) Vyf Uile en 'n Tier
R 180.00
Diefstal, spoke, skobbejakke … en ’n tier! Op Kranskop is daar nie ’n tekort aan koshuisstreke, avontuur of raaisels wat opgelos moet word nie. Wanneer ’n groot sirkustier boonop uit sy hok ontsnap, is dit die begin van selfs meer aksie. Philip en sy vriende – die Uile – word nie toegelaat om aan die gewapende soektog deel te neem nie en besluit...
Uile (12) in Mosambiek
R 180.00
Wit strande, tropiese visse, vakansie … en gevaar! Gevaar en avontuur volg die vyf Uile net waar hulle gaan. Vir hierdie vriende is ’n tropiese vakansie in asemrowende Mosambiek gou veel meer as pret en plesier. Sal ’n noue ontkoming met ’n haai die einde van die drama wees? Of is dit net die begin? Dalk lê die antwoord op ’n geheimsinnige kaart...