Kinders

Engela Goedhart: Koninginby
R 170.00
Dit mag dalk lyk of daar nie botter in Engela Goedhart se mond kan smelt nie, maar sy is beslis nie die soetste engeltjie nie! Lees in hierdie reeks van drie boeke oor al Engela se lawwe streke en hoe sy gereeld in die moeilikheid beland - al bedoel sy dit nie! In die tweede boek in die reeks speel Engela bewimpelaar vir haar onderwysers; sy pro...

Hoendervleis: Grillerige stories en rympies
R 200.00
Hierdie boek vol grillerige stories en rympies sal jou heerlik hoendervleis laat kry! Daar is 'n weerwolf wat saam op die skoolkamp gaan, 'n paar spokerige handskoene wat goed is met klavier speel, 'n baie vreemde onderwyseres – en iets wat jou die hardste van almal in die fliek sal laat gil! Jong grilvrate sal versot wees op hierdie versamel...

Vuil Ferdie: Burp!
R 170.00
Ontmoet vir Vuil Ferdie, ’n seun wat daarvan hou om in sy neus te grou! Hy voer wildvreemde planne in die mou en is gereeld in die moeilikheid. Lees in hierdie storie hoe Ferdie ’n aaklige skoolete hou; sy hond vir honde-opleiding vat en seker maak sy sussie se partytjie loop verkeerd ...

Vuil Ferdie: Eeuw!
R 180.00
In hierdie boek kan jy lees hoe Vuil Ferdie sy stinkerige hond probeer bad; vir sy juffrou groot laat skrik op ’n skooluitstappie en hoe Ferdie dit skelm regkry om self hand by te sit in die ontwerp van die nuwe skooluniforms.

Elle-reeks Omnibus 3
R 330.00
In hierdie drie boeke in die Elle-reeks is daar superhipermega-avonture wat op Elle en haar pelle wag … Witbaadjies. Dít is hoe die prefekte by Gravitas bekend staan. Om nié op die Lys van Dertig te kom nie, is vir elkeen ’n verskrikking in Middernagklub. Van uitslip en reëls breek is daar dan geen sprake nie. Daarom hou Elle en haar pelle hulle...

Rietrotte (2): Rietrotte en die Rowers
R 195.00
Ná 'n maand in Rietvallei Hoër is Daniël du Randt 'n Rietrot tot in sy kleintoontjienael se voorste punt. Peet Pretorius het egter steeds nie die boodskap gekry dat ontgroening, oftewel oriëntering, nie meer plaasvind nie en Daniël-hulle moet mooi loop om uit sy kloue te bly. Dat hulle boonop die kwaai juffrou Faure, wat saam met haar man '...

Enid Blyton: Beroemde Vyf (3): Vyf vat saam die pad
R 210.00
“Ons wil nie hê die smokkelaars moet weetdat ons hulle speletjie agtergekom het nie.Ons wil hulle probeer vastrek!”Die vyf vriende ontdek ’n geheimsinnige trommel op Kirrin-eiland en hulle vermoed onraad. Maar dan hoor hulle ’n kind in die middel van die nag skree! Wie is saam met hulle op die eiland, en hoekom?Pragtige nuwe omslagkuns deu...

Enid Blyton: Beroemde Vyf (2): Vyf en 'n tweede avontuur
R 210.00
Toe die vyf vriende 'n antieke kaart ontdek wat hulle na 'n geheime paadjie lei, kan hulle skaars wag om verdere ondersoek in te stel. Dan verdwyn oom Quentin se belangrike dokumente, en die soektog ontaard in 'n ware skattejag. George en Timmy het hond se gedagtes oor wie nou eintlik die skurk is ... maar kan die vyf vriende saamwerk om die...

Uile (13) in die Gimnasium
R 180.00
Die vyf Uile is nou jongmanne. Hul skooldae op Kranskop is verby, maar die avontuurlus leef steeds voort waar dié ouens hulle nou bevind: die leërgimnasium. Hier is die luitenante en korporaals manne om rekening mee te hou. Dit is nou tyd om taai te word, om te leer dat ’n man nie moeg is totdat jou wil ingegee het nie – en hier mág jou wil nie ...

Uile (14) Vlieg Weer
R 180.00
Die Uile vlieg weer is ’n paar jaar ná die oorspronklike Uile-reeks geskryf. Dit handel oor die geliefde Uile se kinders wat nou in die voetspore van hul ouers volg. Philip Senekal begin sy hoërskoolloopbaan op Kranskop. Dit is sy pa se ou skool en hy weet al soveel van die koshuis en die omgewing dat hy uitsien na die avonture wat op hom wag. M...

Otters, Die (8): in die Okavango Moeras
R 180.00
Die Otters gaan saam met hulle pa’s op ’n kampeervakansie na Moremi, ’n wildreservaat in die oostelike gedeelte van die Okavango-delta. Een pa nooi ’n studentevriend van hom en dié se seun Berrie ook saam. Sommer gou besef die Otters dat Berrie deel is van die Uil-bende, en dat hulle op hom kan staatmaak. Die pad na Moremi loop lang draaie deur ...

Otters, Die (7): se Veldskoolavonture
R 180.00
Die Otters gaan veldskool toe. Hier leer hulle ’n paar dinge oor die natuur en oor hulself, en versterk die vriendskapsbande terwyl die seuns snags om ’n kampvuurtjie sit en die veldskoollied sing. Bedags moet hulle deur hindernisbane sukkel en hul weg met ’n kompas oor berge en deur dale terug na die kamp vind. Weggesteek in die digte bosveldwê...

Hoe om 'n Draak se Hart te Breek
R 180.00
Kan Harwarrus ’n onmoontlike taak verrig, teen Berserks baklei, keer dat hy en Visbene vir die Gedrog gevoer word EN die geheim van die verlore troon ontrafel? Dis moeilik om ’n held te wees!

Hoe om 'n draak te tem: Hoe 'n Seerower te Wees
R 185.00
HARWARRUS HORRIBALUS HELDEHELM DIE DERDE was ’n swaardvegter en die grootste Wiking-held wat nog ooit gelewe het. Kan Harwarrus Grombaard die Gruwelike se skat vind voor Alvin die Verraderlike sy slinkse kloue daarop kry? En wat as Harwarrus ’n kis oopmaak wat sê MOENIE OOPMAAK NIE? Sal hy lewe om die storie te vertel? “Skreeusnaaks, wonderlik g...

Lotta se lewe (13): Woef-waff!
R 220.00
Lotta se klas gaan hierdie week na hulle ouers se werksplek toe om te kyk wat hulle beroep is. Pappa is een van die ouers. Net die gedagte dat hulle na sy skool toe gaan, gee haar ’n NAAR KOL op haar maag. Gelukkig gaan hulle darem van ander cool beroepe ook leer. Leigh-Anne se ma werk by ’n hondesalon, en hulle gaan ook inloer by die DIE...

Harry Griesel 3: Die Spookmeesters
R 240.00
'n Fortuinverteller trek oorkant die straat van Otto en tannie Sharon in en ewe skielik begin vreemde dinge in die buurt gebeur. Harry die Grieselgryper vind uit dat 'n gruwelgees die vrou se huis oorgeneem het! Dit is 'n baie gevaarlike soort spook en Grieselgrypers is hulpeloos teen hulle. Otto en Harry moet 'n...