Kinders
Ouma Hester en die Dreadnought (Boek 3)
R 180.00
Die Dreadnought is reg vir aksie, ouma Hester se harnaspakke is gelaai met plofbare verrassings en haar yskas kreun onder die smulgoed! Maar wat gaan sy in Kanada maak en nogals by PESBEHEER, PILLE & PREPARATE van alle plekke? Sal Mamma vir Tian en Lisa laat saamgaan? En wat vang die bose dokter Lewendkerwen alles in haar onderwaterse labora...
Boomhuis met 39 Vloere, Die
R 250.00
Andy en Terry het nóg vloere aangebou by hulle fantastiese boomhuis! Nou is daar 39 vloere met allerhande prettige byvoegings – soos die wêreld se vreesaanjaendste tuimeltrein, ’n maller-as-mal-mallemeule, ’n reusetrampolien, en ’n disko om maar net ’n paar goed te noem. En die beste byvoeging van als? ... Terry se nuutste uitvindsel ... ’n mas...
Vasbyt Vyf: Die ontvoering
R 190.00
Toe Jaco per ongeluk sy rugbybal oor die kwaai buurman se muur skop, het hy nie ’n idee gehad in watter gemors dit hom gaan laat beland nie. Saam met Handré, sy beste vriend, probeer hy die bal terugkry – net om te ontdek die buurman hou twee ontvoerde meisies in sy huis aan! Wat maak hulle nou? Die grootmense glo hulle nie, maar Jaco en Handré ...
Vuil Ferdie: Kieme!
R 180.00
Vuil Ferdie is terug met nog planne! In hierdie boek probeer Ferdie om sy sussie se siekte aan te steek; saam met Ouma by ’n kompetisie te dans en om kragte te meet met die nuwe kinderoppasser wat selfs grilleriger as hy is.
Breinspeletjies vir slimkoppe (Brain buddy)
R 400.00
Breinspeletjies vir slimkoppe bevat 20 bord- en breinspeletjies wat kinders stimuleer deurmiddel van beweging! Die speletjies kom saam met ʼn handleiding met kort stories en instruksies vir beweging. Kinders kan uitsien na beter konsentrasie, geheue en logiese vaardighede! Hierdie stel bied ʼn reeks voordele, insluitend: -Verbetering van aandag, a...
13 Spookstories
R 200.00
Glo jy in spoke? Is daar regtig allerlei bangmaakgoed wat in die nag rondloop? Maak dig toe die gordyne, klim in jou bed, trek die duvet styf om jou skouers... en laat die 13 stories in hierdie boek jou koue rillings gee!
Boomhuis met 78 Vloere
R 250.00
Kom kuier by Andy en Terry in hulle fantastiese nuwe boomhuis met 78 vloere. Daar is 13 nuwe vloere met opwindende nuwighede soos n deurry-karwassery, n kombinasiestasie, n krabbeltorium, n ALLE BALLE-sportstadion, Anyland, Terrystad, en n oplugfliekteater! Ja jy het reg gelees - n fliekteater! Hulle het selfs n grootkop uit Hollywood wat n flie...
ASTERIX 23 OBELIX EN KIE
R 190.00
Julius Caesar stuur Caius Ferregaandus, ’n slim MBA-mannetjie, om die Galliërs besig te hou deur hulle voor te stel aan die sakewêreld. Obelix val pens en pootjies vir die idee en word ’n grootmeneer in die menhirbedryf, maar sal sy welvaart geluk bring? En wat gebeur wanneer die vraag die aanbod oorskry?
Trompie Omnibus 8
R 235.00
Die laaste omnibus in hierdie reeks bevat nóg drie gewilde Trompie-stories. Die sproetgesig Grootkaptein en die Boksombende se avonture voortgesit en Trompie en sy maats besluit om in die kloof te gaan swem en dan teen die berg op te klim en die grotte daarbo te verken. Trompie ontmoet ook die mooiste meisie wat hy nog ooit gesien het en ding me...
Trompie Omnibus 6 (3-in-1)
R 235.00
In Trompie die waaghals wil die Boksombende graag vir die kort vakansie see of plaas toe gaan. Ons held oortref homself met twee dapper dade deur 'n hulpelose meisietjie te red en met 'n bende smokkelaars af te reken. In Trompie die rebel is die Boksombende se Grootkaptein jaloers wanneer Katrien 'n brief van 'n geheime bewonderaar in hul klas ...
Trompie Omnibus 7 (3-in-1)
R 235.00
In hierdie omnibus, wat nóg drie gewilde Trompie-stories bevat, word die sproetgesig Grootkaptein en die Boksombende se avonture voortgesit. Trompie moet veg vir sy plek as spankamptein van die rugbyspan, veral wanneer sy vyand, Gerrit Moerdyk, almal teen hom draai. Trompie en sy maats bak ook vir die wetenskaponderwyser 'n poets en Trompie skr...
Trompie Omnibus 4 (3-in-1)
R 220.00
In hierdie omnibus, wat nog drie gewilde Trompie-stories bevat, word die sproetgesig Grootkaptein en die Boksombende se avonture voortgesit. In Trompie die mooi seun is dit die begin van die lang Desembervakansie. Trompie en Blikkies pas die haarkapper se winkel op en die Boksombende se Grootkaptein waag sy hand aan 'n laerskoolseun se mooi lok...
Trompie Omnibus 5 (3-in-1)
R 235.00
In hierdie omnibus, wat nóg drie gewilde Trompie-stories bevat, word die sproetgesig Grootkaptein en die Boksombende se avonture voortgesit. Trompie moet veg vir sy plek as spankamptein van die rugbyspan, veral wanneer sy vyand, Gerrit Moerdyk, almal teen hom draai. Trompie en sy maats bak ook vir die wetenskaponderwyser 'n poets en Trompie skry...
Dag toe die draak kom: Boek vir Meisies
R 155.00
Die boek takel die kwessie van kindermolestering en dien om kinders in te lig en te bemagtig. Die gevaartekens van molestering word uitgewys en riglyne gebied oor hoe om in so ’n situasie op te tree. Kyla is gek oor stories van dapper prinses Arabia wat selfs teen drake veg. Maar haar ouer sussie, Abby, glo nie meer in sprokies nie. Abby sê daar...
Dagboek van 'n Wimpy kid 6: Kamerkoors
R 180.00
Greg Heffley is in groot moeilikheid in Dagboek van 'n Wimpy Kid: Kamerkoors. Skooleiendom is beskadig en hy is die hoofverdagte in die saak. Maar hy is egter onskuldig, of eintlik, redelik onskuldig. Die owerhede stel ondersoek in maar 'n frats sneeustorm tref die dorp en die Heffley-familie word binnenshuis ingeperk.
Justin Fortuin, seerower
R 210.00
Justin Fortuin kuier nog lekker saam met sy ma by tannie Mary in die geheimsinnige Kasteel Boekanier. Dit is 'n reenerige dag wanneer hy en sy vriend Liam ontdek dat die kasteel nie net twee geheime tonnels het nie, maar drie. Waarheen lei die derde tonnel? Die seuns besluit om die tonnel te verken en beleef 'n opwindende avontuur vol raaisels e...