Kinders
Wurmpastei
R 100.00
Hoe voel dit om kaalvoet op ’n padda te trap? Wat ruik erger as ’n vrot eier? Hoe smaak ’n erdwurm-smoothie? Wat moet jy doen as jou hond ’n duur geskenk insluk. Die sewe slymerige stories in hierdie boek sal jou laat ril van lekkerkry!
Oupa Zombie
R 220.00
Alex se oupa het grys hare, dra valstande en kyk graag na reis-programme op TV. Maar op ’n dag raak hy skielik mal oor … BREIIINNNSSS! Dit is duidelik dat Oupa besig is om in ’n zombie te verander. As Alex hom van dr. Zuurman en die zombiepolisie wil red, gaan hy ’n paar briljante planne, goeie vriende en hope broccoli nodig hê. En miskien kan ...
Rietrotte (1): Rietrotte van Valeihoër
R 195.00
As Rietrot moet jy jou plek ken, besef Daniël du Randt met die intrapslag in Rietvallei Hoër. Almal sê daar bestaan nie iets soos ontgroening nie, maar hierdie matrieks het duidelik nog nie die boodskap gekry nie. Gelukkig het hy vriende soos Malebo, Antonie en Giovanni, want Peet Pretorius eet graad 8's vir ontbyt en spoeg hulle soos fyngeko...
Otters, Die (3): op die Bosveldplaas
R 180.00
Waar die Otters is, is daar nou eenmaal nie vrede nie. En ’n vakansie is vir die drie nie sommer net ’n gewone kuiertjie nie. Met die intrapslag loop dinge in Die Otters op die Bosveldplaas skeef: daar is oornag by die kuikenhokke gepeuter: Bykans al die kuikens het deur groot gate in die sifdraad ontsnap en Litte is juis ’n man wat half sentime...
Avonture van Kuifie: In die land van Swart Goud
R 170.00
Die avonture van Kuifie (Frans: Les Aventures de Tintin et Milou) is een van die gewildste strokiesverhale wat in die twintigste eeu verskyn en is vandag steeds populêr. Die boeke word in ongeveer 60 tale vertaal. Die hoofkarakter van die verhale is die jong Belgiese verslaggewer Kuifie. Saam met sy hond, Spokie, beleef hy verskeie avonture. In ...
David Walliams: Die Aakligste kinders op Aarde 1
R 295.00
Ontmoet vyf stuitige seuns en vyf mislike meisies! Soos Ruda – ’n meisie wat so baie op die rusbank sit en TV kyk dat sy aan die bank vasgroei! Of Dries Drup-drup – ’n seun wie se kwyl hom op ’n skooluitstappie in allerhande moeilikheid laat beland! En moenie vergeet van Sanet Skreenet nie – ’n monsteragtige ouer suster wat liederlike leuens ve...
Wêreld van Wolwe: Eerste Bloed (Boek 1)
R 230.00
Alle kinders is bang vir iets. As hulle sê hulle is nie, lieg hulle.” Joshua Reinders maak ’n groot fout. As hy net nie so bang was nie, het sy pa nooit daardie aand ’n kind geskiet nie. Dis hoekom hulle na Droomhoek moes vlug. Maar ook in Droomhoek teister die vrees hom. Skaduwees is nie net skaduwees nie. Geluide is nie net geluide nie. En men...
Waldo en die Vampier met die Geel Reënjas
R 150.00
Waldo is seker Connie is in groot gevaar. Wat anders beteken die vreemde gedagteflits wat hy gesien het? En wie is die meisie met die geel reënjas wat Waldo ’n ruk lank agtervolg het? Gaan sy weer haar opwagting maak? En wat wil sy he? Die antwoorde op hierdie vrae gaan Waldo se lewe vir ewig verander … Die vierde en laaste boek in die reeks.
Eggo's in die Skimberge
R 80.00
Mattie klim elke aand hoog op in die ou eikeboom voor haar kamervenster om die Skimberge beter te kan sien. Sy dink die berge bewaar 'n geheim, want waarom anders val daar sterretjies uit die naghemel bo hulle? Sy vertel vir Henk daarvan omdat hy die enigste een is wat nie sal lag nie. Met 'n vlot wat aan Mattie se oupa behoort het, vaar sy en H...
Regte-egte Rampe: Ondersoek wat regtig gebeur het!
R 230.00
In Regte-egte rampe word ondersoek ingestel om uit te vind hoekom sekere rampe gebeur het en hoe dit in die toekoms voorspel en verhoed kan word. Die rampe wat ondersoek word, wissel van reuse-uitbarstings, die dinoramp tot vreesaanjaende mensgemaakte katastrofes. Lees die verstommende stories oor die rampe en kyk dan na elkeen se rampdo...
SMS'e Skurke en Spinnekoppe
R 70.00
Vier dae in die Bos... Dit is wat vir Lindie voorlê op die skoolkamp. Die enigste ligpuntjie is die luukse lodge met die Franse Sjef waarvan Mia praat. Maar voordat die kamp begin,m is daar eers 'n nare onderwyseres wat 'n les geleer moet word! En iemand sorg daarvoor dat Diaan met die blou oë en die kuiltjieglimlag dalk nooit weer met Lindie ga...
Elf dae op 'n Eiland
R 245.00
Danika ontmoet uiteindelik die man wat sy net van 'n ou foto af ken: haar pa, bewaarder op 'n eiland in die Seychelles! Die heel eerste aand op die eiland hoor sy toevallig van 'n ryk sjeik wat sy oog op die eiland het. Wat daarvan as hy nie werklik belang stel in ekotoerisme nie, maar in die finansiële gewin uit 'n painiet-myn? Uit die bloute k...
Saartjie Omnibus 5
R 235.00
In hierdie omnibus, wat nog drie gewilde Saartjie-stories bevat, word Saartjie Baumann, die langbeenmeisie met die wipneus, kuiltjies in die wange en duisende duiweltjies in haar oe se avonture voortgesit. In Saartjie se dapper daad het Saartjie se ouer broer, Kris, groot liefdesprobleme. Sy meisie het hom gelos vir 'n vent met 'n blink motor en...
Seesand, Spoke, Skaduwees Omnibus
R 280.00
Nog vier koshuisavonture in een boek! Waar Lindie en haar vriendinne is, is daar altyd hope pret, avontuur en naelbyt-aksie! Die vyfstuks Lindie, Talita, Mia, Gina en Andrea beleef allerlei opwindende avonture saam in die Bergrif Meisieskool se koshuis. Nog vier van die gewilde SSS-boeke verskyn nou saam in een omnibus: Seesand, sonbrille en s...
Sanri Steyn Omnibus 1
R 240.00
Sanri Steyn droom daarvan om eendag 'n joernalis te word. En nie sommer enige joernalis nie. Haar naam sal op almal se lippe wees ... Superjoernalis Sanri Steyn. Sy het nie verniet haar eie koerant, die Raaiselfontein Gazette, begin nie. Op die dorpie Raaiselfontein beleef Sanri en haar beste vriend, Markus, allerlei vreemde avonture - as daar n...
Uile (7) langs die Limpopo
R 180.00
Tussen die bome langs die Limpoporivier wag daar allesbehalwe ’n rustige kampvakansie … ’n Vakansie langs die Limpopo hou ongetwyfeld avonture vir die Uile-bende in – veral omdat hul goeie vriend Wadda, die woestynmens, saamgaan. Maar die afgeleë boswêreld is nie net vir dié vriende aanloklik nie. Vir ’n meedoënlose smokkelbende is dit die ideal...