Kinders
Saartjie Omnibus 7
R 235.00
In hierdie omnibus, wat nóg drie gewilde Saartjie-stories bevat, ontmoet Saartjie vir Clara, 'n dogtertjie met polio, en sy kruip sommer gou in Saartjie-hulle se harte. Daar kom ook 'n wêreldberoemde sirkus na Linnekom en sorg vir groot opwinding. Saartjie dink ook dat sy haar droomman ontmoet het wanneer 'n beroemde rugbyspeler kom kuier.
Saartjie Omnibus 6
R 235.00
In hierdie omnibus, wat nog drie gewilde Saartjie-stories bevat, word Saartjie Baumann, die langbeenmeisie met die wipneus, kuiltjies in die wange en duisende duiweltjies in haar oe, se avonture voortgesit. In Saartjie se dagboek het Saartjie ekstra geld nodig en besluit sy en haar vriendinne om hulle eie tydskrif te begin. Haar boetie, Apie, sk...
Skoenlapperleeu, Die
R 160.00
“Ek sal my lewe lank aan jou dink, ek belowe ek sal. Ek sal jou nooit vergeet nie.” Bertie red 'n wit leeuwelpie uit die veld in Afrika. Hulle is onafskeidbaar, maar dan word Bertie ver weg na 'n kosskool in Engeland gestuur en die leeu word aan 'n sirkus verkoop. Bertie sweer hulle sal mekaar eendag weer sien, maar die skoenlapperleeu maak seke...
Maya se Musketier
R 230.00
Maya kan nie glo hulle trek Bloemfontein toe nie - en dit omdat haar ma 'n langverlore tante se huis en katte geërf het. Simon is gewoond daaraan om met mishandelde perde te werk, maar Lynx lyk nie asof sy ooit haar slegte ervaring sal afskud nie. Dalk sal Lynx se nuwe stalmaats haar help beter word? Maya pas ook moeilik aan by die nuwe skool en...
Lewe volgens Wim Vermaak
R 185.00
Wim Vermaak se lewe is onderstebo. Hy is op die punt om graadnege te dop, omdat sy aandag in die LO-klas afgetrek word deur die nuwe meisie met die vlegsel. Sy tweelingsuster, Maddie, wil opsluit deel word van Mars One se sending na Mars en veroorsaak vir hom selfs meer probleme wanneer sy van die dak af foeter en haar enkel breek, omdat ...
Goeiedag vir Boomklim, 'n
R 230.00
Marnus is moeg daarvoor om in sy twee broers se skadu te leef. Maar toe ’n meisie genaamd Leila hom een oggend vra om ’n petisie teken, is dit die begin van ’n onverwagse avontuur. Marnus beland saam met Leila bo in ’n boom in ’n desperate poging om te keer dat dit afgekap word. En uiteindelik kry Marnus ’n kans om raakgesien te word…
My Eerste Afrika Avontuur
R 230.00
Die topverkoper “My first African Adventure” is nou ook beskikbaar in Afrikaans! In September 2003 het Riaan Manser vasbeslote uit Kaapstad gery om die eerste persoon te word wat reg rondom Afrika met ’n fiets te toer. Hy het gedink dit sal hom ’n jaar neem, maar dit het hom meer as twee gekos. Aan die einde van 2005 het hy teruggery Kaapstad to...
Slym se Stories
R 250.00
Langs die riete in Paddavlei, daar waar al die paddas bly, onder die grote hemelruim, woon daar ook ’n wurm, Slym. Op ’n dag word ’n wurm deur ’n voël gevang. Maar die wurm se naam is nie verniet Slym nie … Hy skrik so groot dat hy ’n bol vrotterige slym in die voël se bek skiet. Die voël skrik op sy beurt weer so groot dat hy vir Slym laat val ...
3 van Ons, Die
R 160.00
Ek en Azlynn kyk vir mekaar. Dis nou interessante nuus. Daar's 'n nuwe meisie in die buurt, sy's so oud soos ons en boonop gaan sy in ons skool wees. Ek kan sien hoe opgewonde dit vir Azlynn maak. Haar oë vonkel en sy glimlag breed. Maar ek is meer bang as opgewonde. Wat as dit 'n simpel meisie is? Of nog erger, wat as dit 'n wonderlike, supersl...
Uile (5) in die Kalahari
R 180.00
Die lede van die Genootskap van die Groot Uil staar nuwe, vreemde bedreigings in die gesig … Philip Senekal, die leier van ’n vyftal vriende wat hulleself die Uile noem, oortuig sy pa om hulle almal saam te neem op ’n jagvakansie in die Kalahari. Maar dié opwindende vakansie draai anders uit as wat hierdie seuns van Kranskop verwag het. Kort voo...
Uile (8) by die See
R 180.00
Hoe goed kan die vyf Uile swem? Toe Jorsie se ouers sy vier vriende saam see toe nooi, het hulle geweet dit sal nie ’n rustige vakansie wees nie. Maar die gevaar en opwinding wat sou volg, kon hulle nooit voorsien nie. Dit beteken natuurlik nie dat Jorsie, Philip, Vaatjie, Berrie en Hennie – wat hulleself die Uile noem – na moeilikheid soek nie,...
Uile (12) in Mosambiek
R 180.00
Wit strande, tropiese visse, vakansie … en gevaar! Gevaar en avontuur volg die vyf Uile net waar hulle gaan. Vir hierdie vriende is ’n tropiese vakansie in asemrowende Mosambiek gou veel meer as pret en plesier. Sal ’n noue ontkoming met ’n haai die einde van die drama wees? Of is dit net die begin? Dalk lê die antwoord op ’n geheimsinnige kaart...
Uile (11) Vyf Uile en 'n Tier
R 180.00
Diefstal, spoke, skobbejakke … en ’n tier! Op Kranskop is daar nie ’n tekort aan koshuisstreke, avontuur of raaisels wat opgelos moet word nie. Wanneer ’n groot sirkustier boonop uit sy hok ontsnap, is dit die begin van selfs meer aksie. Philip en sy vriende – die Uile – word nie toegelaat om aan die gewapende soektog deel te neem nie en besluit...
Uile (10) in die Stad
R 180.00
’n Paar blink klippies, ’n vreemde stad en ’n gevaarlike smokkelbende … Onderweg na Johannesburg versteek iemand geroofde diamante in Jorsie se tas. So beland hy en sy vriende – bekend as die Uile – in ’n ondergrondse netwerk van misdaad. En wanneer die moeilikheid hulle na ’n verlate mynskag lei, raak dinge éérs gevaarlik. Sal die Uile Lan Fu s...
Pienk is nie vir Sissies nie
R 225.00
Nicci is 'n willewragtig op 'n bergfiets. Die heel lekkerste is om die seuns se reaksie te sien wanneer hulle besef 'n meisie het vir hulle ore aangesit. Tot die dag wat Nicci wreed aangeval en van haar fiets beroof word. Haar wêreld tuimel ineen. Wie sal so iets doen? Stuk-stuk pas Nicci en haar vriende Felicity en Godfrey die legkaart inme...
Al Staan jy op jou Kop
R 140.00 R 180.00
Het jy al ’n weermag Weense worsies gesien? Wat sal jy doen as jou huiswerk wegvlieg? Watter nare dinge gebeur as jy jou pizza met ’n mes en vurk eet? Kom baljaar saam in dié prettige, holderstebolder rympieboek uit die pen van Jaco Jacobs. Jy gaan nêrens ’n lawwer rympieboek as dié een kry nie – al staan jy op jou kop! Die versameling bevat...