Kinders
Lulu: Hokaai Lulu
R 190.00
Geniet hope pret saam met Lulu en haar nuwe ponie Die groot dag het eindelik aangebreek ... Lulu verjaar! Nie eens die nare tweeling van langsaan, Alet en Alex, kan haar dag bederf nie. Veral nie toe Lulu haar verjaardagpresent kry nie - 'n ponie! Kort voor lank begin sy met rylesse. Eers gaan dit sukkel-sukkel, maar Lulu is in haar noppies to...
Uile (1) van Kranskop
R 180.00
Op ’n geheimsinnige brief wat Philip Senekal vir Hennie Pretorius in die Wiskundeklas stuur, staan in groot drukletters: “UITERS GEHEIM – WYS VIR NIEMAND NIE”. Die brief is onderteken deur Die Groot Uil en Hennie moet hom tweede pouse by die bome agter die skietbaan ontmoet. Wat kan dit beteken? Dit is nie net Hennie wat so ’n vreemde boodskap v...
Grilgrypers 1: Vloek van Vreesbaai
R 200.00
Nie lank nadat die dertienjarige Miek saam met sy ouers in Vreesbaai kom woon nie, begin vreemde dinge gebeur. Nie net is die kusdorpie permanent toe onder digte mis nie, maar Miek word skielik gedurig gekonfronteer met sy grootste vrees: 'n monsteragtige, woedende hond. Gou lyk dit ook asof sy nuwe vriende by die skool elkeen ook 'n geheim m...
Gevaarlike Lopies / Duskant die Doodlyn: 2 in 1
R 210.00
Fantastiese nuus vir jong sportliefhebbers! Vir die eerste keer verskyn twee van Jaco Jacobs se supergewilde sportstories saam in een omnibus! In Gevaarlike lopies kan Henk nie wag vir die kriekettoer om te begin nie. Wat kan nou lekkerder wees as om saam met jou vriende die land plat te toer en die een krieketwedstryd ná die ander te speel! Maa...
Speurder Anika Omnibus (5-in-1)
R 200.00
Kry jou vergrootglas uit! Annika is versot op speurverhale en raaisels, en as sy in die omtrek is, gebeur daar altyd iets opwindends! Kry jou vergrootglas en jou notaboek uit en maak gereed om leidrade te soek en ’n hele rits opwindende raaisels saam met Speurder Annika op te los. Daar is ’n uitstappie na die museum en ’n geheimsinnige veer wa...
Sanri Steyn Omnibus 2
R 240.00
Sanri Steyn droom daarvan om eendag 'n joernalis te word. En nie sommer enige joernalis nie. Haar naam sal op almal se lippe wees ... Superjoernalis Sanri Steyn. Sy het nie verniet haar eie koerant, die Raaiselfontein Gazette, begin nie. Op die dorpie Raaiselfontein beleef Sanri en haar beste vriend, Markus, allerlei vreemde avonture - van vampi...
Thomas@Moord, Skerpioen, Aqua.Net Omnibus
R 300.00
Drie adrenalienbelaaide Thomas@-avonture in een omnibus! Die Thomas@-reeks is een van die grootste suksesverhale in die Afrikaanse kinderboekmark. Daar het oor die jare reeds 10 boeke in dié avontuurbelaaide topverkoper-reeks verskyn, sommige titels is in Engels vertaal, en Thomas en sy vriende se avonture het selfs tot 'n TV-reeks op kykNET g...
Wonderlike ware Dierestories
R 220.00
Maak kennis met Jock, die beroemdste hond wat ooit in die Bosveld gebly het. Volg Huberta die seekoei op haar verstommende staproete. Ontmoet Max, die gorilla wat 'n skurk vasgetrek het. En skud poot met Just Nuisance, die matrooshond wat soldate tydens die Tweede Wereldoorlog geinspireer het. Van slim diere tot dapper diere - en selfs diere wat...
Trompie Omnibus 2 (3-in-1)
R 235.00
In hierdie omnibus, wat nog drie gewilde Trompie-stories bevat, word die sproetgesig Grootkaptein en die Boksombende se avonture voortgesit! In Trompie die hoerskoolseun maak die Boksombende ’n plan om geld in te samel om vir Rooie ’n fiets te koop. In Trompie die dromer word die bende bedreig – deur ’n meisiekind! Trompie, die Groot...
Dagboek van 'n Wimpy Kid 8: Ongeluksvoel
R 180.00
Dit gaan oes met Greg Heffley. Sy beste vriend, Rowley Jefferson, het hom verlaat, en om op sy ouderdom nuwe vriende te maak, is glad nie maklik nie. In sy soektog na voorspoed besluit Greg om te waag en sy lot aan die toeval oor te laat....
Ek Wil Nou Nie Snaaks Wees Nie
R 140.00
Wat sal gebeur as jy die skoolhoof kielie?Kan jy die alfabet van A tot Z burp?Kruip daar ’n wurm in hierdie boek weg?Waarom is dit ’n slegte idee om jou toonnaels te kou?Wat is die moeilikste vraag op aarde? Die antwoorde op al hierdie vrae is in hierdie SKREEUSNAAKSE rympieboek uit die pen van Jaco Jacobs! Meer as 60 rympies wat gewaarborg is...
Boomhuis met 52 Vloere, Die
R 250.00
Andy en Terry se immer groter wordende boomhuis het nou al 52 vloere! En hulle nuwe prettige byvoegings sluit onder andere in: 'n golfmasjien, 'n regte-egte slangetjies-en-leertjies-speletjie met regte slange en lere, en 'n hoëtegnologie speuragentskap met die nuutste speurtegnologie wat baie handig te pas kom. Want hulle uitgewer, mnr. Groot...
Moenie hierdie boek eet nie!
R 300.00
Moenie hierdie boek eet nie! bevat 365 rympies (en ’n bonusrympie vir ’n skrikkeljaar) wat kinders (én grootmense!) heeljaar sal laat skaterlag! Daar’s rympies oor oupas en oumas, goggas, krieket, ruimtevaarders, seerowers, spoke, skool-toilette, Kersvader en krokodille ...
Engelsman in my slaai, Die
R 60.00
In die opvolg op Ek en Prins Donkerkuif trek Lehandi en haar ma trek terug Vrystaat toe na die egskeiding en haar long distance verhouding met Drayke is 'n gemors. Veral omdat die hunk Garth Johnson in hulle slaai kom krap. Boonop versuur Priscilla Vlak-Vis-van-Breda haar lewe en haar ma is so belaglik om haar aardsvyand se pa te begin date.
David Walliams: Die Middernag Bende
R 265.00
Toe ’n krieketbal Tom se kop tref, moet hy Lord Funt-hospitaal toe gaan, waar hy ontvang word deur ’n man met die skrikwekkendste voorkoms wat hy nog ooit gesien het. En net toe hy dink dat dinge nie erger kan word nie, ontmoet hy die bose matrone wat in beheer is van die kinderafdeling…
Skool van rampspoedige talente en ander gelukkige verhale
R 210.00
'n Splinternuwe versameling van die beste gedigte, kortverhale, dramas en volksliteratuur vir die Huistaalklaskamer. In hierdie bundel lees jy stories, gedigte en dramatekste deur Zelda Bezuidenhout, Mia Arderne, Fanie Viljoen, Wendy Maartens, Hannes Barnard ... en nog meer! Hierdie versameling is perfek vir onderwysers en leerders vir die kwart...