Kinders
Tags
- Everything in Kinders
- 13+
- Afrikaans
- Age 10 - 13
- Age 6 - 10
- Age 6 - 8
- Age 8 - 10
- Aktiwiteit
- Aktiwiteitsboeke
- Bybel
- Christelik
- christelike uitgewersmaatskappy
- Colouring Books
- Fantasi
- Fiksie
- Jaco Jacobs
- Kinders
- Lapa
- Latest
- NB
- Nie-fiksie
- Non-Fiction
- On Sale
- Onder 6
- Opvoedkundig
- Pan Macmillan
- Penguin
- Protea
- Skool Hulpmiddels
- Stokperdjie
- Struik
Moenie hierdie boek eet nie
R 330.00
Moenie hierdie boek eet nie! bevat 365 rympies (en ’n bonusrympie vir ’n skrikkeljaar) wat kinders (én grootmense!) heeljaar sal laat skaterlag! Daar’s rympies oor oupas en oumas, goggas, krieket, ruimtevaarders, seerowers, spoke, skool-toilette, Kersvader en krokodille ...
Lewe volgens Wim Vermaak
R 185.00
Wim Vermaak se lewe is onderstebo. Hy is op die punt om graadnege te dop, omdat sy aandag in die LO-klas afgetrek word deur die nuwe meisie met die vlegsel. Sy tweelingsuster, Maddie, wil opsluit deel word van Mars One se sending na Mars en veroorsaak vir hom selfs meer probleme wanneer sy van die dak af foeter en haar enkel breek, omdat ...
Riek & Niek: Roomys op die Planeet Zork
R 120.00
Riek en Niek het ’n plan …’n Slim plan om SAKKE en SAKKE vol geld by die skool se markdag te maak. Maar dan steel nare Nanja hulle idee. En boonop vertel sy vir die HELE skool Riek en Niek gaan roomys maak wat soos blomkool en spinasie smaak BLÊG! NIEMAND gaan dit koop nie! Kan Riek en Niek aan ’n plan dink om Nanja terug te betaal EN vet pret ...
Pieksel
R 190.00
Vossie de Vos bou 'n robot Vossie de Vos is alleen. Stoksielalleen. Sy ma en pa is altyd besig met werk, werk, werk. Sy tuisskool-onnie, mevrou Moerdyk, het 'n humeur soos 'n dreigende donderstorm. En Vossie het niemand om met hom te speel of hom geselskap te hou nie. Maar Vossie is goed daarmee om dinge uitmekaar te haal en aanmekaar te sit. O...
Haas Das se Nuuskas: Episode 3
R 195.00
Almal van Menseland is verheug om Haas Das, die geliefde nuusleser van Diereland, en sy assistent, Piet Muis, en hulle manewales weer te geniet in hierdie veelkleurige leesboeke. In hierdie episode vind die groot wedloop tussen Hasie Kwassie en Skillie Skilpad plaas! Wie gaan wen? Die gewilde Haas Das-stories word opnuut uitgebeeld deur Vian Oel...
Haas Das se Nuuskas: Episode 6
R 195.00
Haas Das, die geliefde nuusleser van Diereland, en sy assistent, Piet Muis, is terug met Diereland se manewales in hierdie veelkleurige leesboeke. In hierdie uitsending word Haas Das deur Snawel Knawel ontvoer! Diereland is baie bekommerd oor die vermiste nuusleser. Die gewilde Haas Das-stories word opnuut uitgebeeld deur Vian Oelofsen se pragti...
Aksieheld Austin - Operasie Sabotasie
R 190.00
Ligte, kamera, aksie! Ewald is baie opgewonde toe hy sy eerste rol in ’n fliek losslaan. Dit is immers nie sommer enige rol nie – hy speel die hoofrol! Hy is Aksieheld Austin, ’n dapper held met vuiste soos kanonkoeels wat skurke laat les opse! Iets is egter nie pluis op die filmstel nie. Dit lyk asof ’n regte skurk die rolprent probeer sabote...
In Opleiding: Ingenieur
R 180.00
Ingenieur in opleiding wys jong kinders hoe ingenieurs wiskunde en wetenskap gebruik om die geboue en masjiene te bou wat ons elke dag sien. Deel van die In opleiding-reeks met oorgenoeg nuttige inligting en interessante feite oor die lewens van verskillende beroepsmense. Hierdie boeke sal jong lesers leer hoe om wiskunde en wetenskap te gebru...
Jaco Jacobs se groot klop-klop-grappieboek
R 180.00
Die GROOTSTE versameling KLOP-KLOP-grappe NOG OOIT IN AFRIKAANS! Hierdie boek sal vir jou en jou maats maagpyn gee van die lag! Boonop bevat die boek prettige illustrasies. Dit is die perfekte aankoop om vir enige kind ure lank besig te hou! Klop-klop. Wie’s daar? Kamele. Kamele wie? Kamele hare, dis amper tyd vir skool.
Magriet se eierbesigheid
R 65.00
In Magriet se eierbesigheid besef Nina dat sy en Magriet saam 'n besigheid kan begin. Magriet lê elke dag 'n eier en so word “Lê-'n-eier†gestig. Dit laat Nina groot drome droom oor eendag as sy groot is ...
In Opleiding: Ruimtevaarder
R 180.00
Ruimtevaarder in opleiding leer die jong leser alles oor die ruimte, sterrekunde en die lewe aan boord die Internasionale Ruimtestasie. Deel van die In opleiding-reeks met oorgenoeg nuttige inligting en interessante feite oor die lewens van verskillende beroepsmense. Hierdie boeke sal jong lesers leer hoe om wiskunde en wetenskap te gebruik om ...
Bullebakke: Episode 6
R 150.00
Die Bullebakke is nou in die buitenste ruimte. En hulle verdwyn een na die ander!! ’n Gruwelike ruimtewese met vreeslik baie tande en heeltemal te veel boude raap hulle een vir een op! Is dit die einde vir die goeie ouens wat so graag helde wou wees?
Bullebakke: Episode 7
R 150.00
Die Bullebakke het die ruimtewesens ontkom deur een of ander knoppie – OEPS – te druk! En het in die tyd van die dinosourusse beland! Ja, julle het reg gehoor! Die helde word deur dinourusse gejag ... Maar wie moet nou eintlik bang wees vir wie?
Tjoppie se verjaardag
R 125.00
Tjoppie is ’n nuuskierige klein hondjie. Vandag is sy verjaardag! Hy kry baie geskenke. Maar saam met wie van sy maats moet hy eerste speel? Dit is tog die lekkerste as almal leer om saam te speel. Tjoppie se prettige, kleurvolle avonture is perfek vir storietyd saam met peuters en kleuters.
Lukas bou 'n Superkar
R 180.00
Wat kry jy as jy die volgende bymekaarsit? Een Lukas, ʼn spul blokkies, een beste maat, ʼn boelie, ʼn kwaai juffrou en ʼn verlore wiskundeboek? ʼn Superkar! Lesers wat van Lego-sportkarre hou, sal mal wees oor hierdie boek. Dit sal sal selfs die mees teensinnige seunsleser laat aanhou lees
Lulu: Coucou, Lulu
R 190.00
Uiteindelik word Lulu se grootste droom bewaarheid: sy gaan Parys toe vir haar eie modevertoning, en die grootste name in die modewêreld gaan haar klere modelleer! Die nare tweeling, Alex en Alet, daag ook onverwags op en Lulu is eers bang hulle gaan al haar planne in die wiele ry - maar dan loop iets GROOT verkeerd! Al die uitrustings wat sy g...