Kinders
Tags
- Everything in Kinders
- 13+
- Afrikaans
- Age 10 - 13
- Age 6 - 10
- Age 6 - 8
- Age 8 - 10
- Aktiwiteit
- Aktiwiteitsboeke
- Bybel
- Christelik
- christelike uitgewersmaatskappy
- Colouring Books
- Fantasi
- Fiksie
- Jaco Jacobs
- Kinders
- Lapa
- Latest
- NB
- Nie-fiksie
- Non-Fiction
- On Sale
- Onder 6
- Opvoedkundig
- Pan Macmillan
- Penguin
- Protea
- Skool Hulpmiddels
- Stokperdjie
- Struik
Alfa van Alfaville, Die
R 210.00
Rikus moet by sy oom Jake gaan kuier die vakansie. Hy sien nie juis uit nie, maar ten minste het sy oom ’n cool werkswinkel waar hy karre regmaak. Iets maak egter nie heeltemal sin nie – waarheen verdwyn sy oom sommige aande? Rikus en sy vriend besluit om hom te agtervolg ... Wat volg is ’n avontuur met ’n wit Spider Alfa Romeo, ’n beste vriend ...
ASTERIX 23 OBELIX EN KIE
R 190.00
Julius Caesar stuur Caius Ferregaandus, ’n slim MBA-mannetjie, om die Galliërs besig te hou deur hulle voor te stel aan die sakewêreld. Obelix val pens en pootjies vir die idee en word ’n grootmeneer in die menhirbedryf, maar sal sy welvaart geluk bring? En wat gebeur wanneer die vraag die aanbod oorskry?
Minki en haar maats: Pannekoek!
R 120.00
Dit is ’n koue wintersdag. Minki en haar maats is lus vir pannekoek! Pappa wil vir hulle pannekoek bak, maar die tweeling is heeltyd in die pad. Kan Minki aan ’n plan dink om haar boeties besig te hou?
Minki en haar maats: Dag by die Akwarium
R 120.00
Minki kan nie wag nie! Haar klas gaan vandag op ’n uitstappie na die akwarium. Almal is opgewonde om die dolfyne, haaie en seeskilpaaie te sien. Maar Danika het ’n kamera saamgebring … en sy wil sekermaak Minki en haar maats gaan ’n goor dag hê.
Karatekas
R 170.00
’n Opwindende nuwe boek uit Anzil Kulsen se pen! Warren en sy maats Kyla, Sharon en Divan is op pad na ’n karatekamp saam met Sensei Fourie. Die maats sien baie uit daarna, maar sommer vinnig word hulle vaardighede getoets en ... maak hulle kennis met ’n draak! Hierdie aksie-belaaide boek sal lesers van die eerste bladsy af boei!
My Groot Bybelstorie Knip en Plak Boek
R 150.00
Wil jy bekende Bybelstories op ’n nuwe, kraakvars manier met jou kleingoed deel? My groot Bybelstorie knip-en-plak-boek bied die antwoord! Kinders tussen 5 en 8 jaar sal vir ure besig bly deur die 48 projekte self te maak met alledaagse materiaal soos eierboksies, papierborde, strooitjies, plastiekhouertjies, papier en karton. Die krea...
Meisie met 21 Vrae
R 160.00
Eendag was daar ’n meisie wat vreeslik graag vrae gevra het. “Waarom?” “Waar?” “Wanneer?” “Hoe?” “Wat?” “Wie?” Toe almal moeg word vir haar vrae, besluit sy om die antwoorde iewers anders te gaan soek – in boeke! En kort voor lank begin sy haar eie stories vertel. Eendag was daar ’n meisie wat vreeslik graag vrae gevra het. “Waarom?” “Waar?”...
Riek & Niek: Alergies vir Skool
R 120.00
Riek en Niek gaan 'n weddenskap aan. Hulle gaan hulle bes probeer om vir juffrou Burp ... e ... juffrou Burk te laat lag! Daar is net een probleem. Die wiskunde-onnie is sonder lagspiere gebore. Haar humorsin is soos die Loch Ness-monster - niemand weet of dit regtig bestaan nie. Niemand het haar nog ooit gehoor lag nie. Sy glimlag nooit eens nie.
Rooimiere in die broek idoom inkleurboek
R 150.00
Kom kleur saam in! Maak die potlode skerp. Skiet daai doppies van die merkpenne af. Lê op die gras, sit agterstevoor op 'n stoel, klim in die linnekas met 'n flits, of hang onderstebo in 'n boom. Die tyd het aangebreek. Kom ons kleur in! Hierdie vrolike inkleurboek bevat 22 eg-Afrikaanse idiome, elk met interessante feite oor diere.
In Opleiding: Veearts
R 180.00
Veearts in opleiding is propvol nuttige inligting wat jong lesers alles sal leer oor diere en hoe om hulle te versorg. Vind meer uit oor die verskillende tipe veeartse, hoe ’n veeartspraktyk werk, hoe om diere se liggaamstaal te verstaan en hoe om gesondheidsprobleme te diagnoseer en behandel. Deel van die In opleiding-reeks met oorgenoeg nutt...
In Opleiding: Dokter
R 180.00
Dokter in opleiding vertel die leser hoe dokters, verpleegsters en paramedici lewens red. Deel van die In opleiding-reeks met oorgenoeg nuttige inligting en interessante feite oor die lewens van verskillende beroepsmense. Hierdie boeke sal jong lesers leer hoe om wiskunde en wetenskap te gebruik om die wêreld te ontdek, mense se lewens te red ...
Praktiese geologie: Raak handig met fossiele!
R 175.00
Hierdie volkleur boeke is vol interaktiewe pret en inligting. Kinders kan ekperimente doen en prakties te werk gaan met die boublokke van ons planeet. Meet byvoorbeeld ’n klip se digtheid of maak ’n vorm-en-giet-fossiel en grawe dit dan op soos ’n kundige! Vryantwoordvrae moedig verdere denke en stud...
Wim Vermaak maak 'n plan
R 195.00
Vir Wim is graad tien nes graad nege, maar op steroids. Hy land teen sy sin die understudy-rol van Nick Bottom in die skool se opvoering van ’n Midsomernagsdroom. Maar dis iets nader aan ’n nagmerrie as ’n droom, want 'n ander ou sleep vlerk by sy Jenny. Ouma Hantie is sy enigste hoop, maar haar kop is op ’n ander plek. Boonop beland W...
Kaptein Onderbroek #1: Die avonture van Kaptein Onderbroek
R 220.00
George en Harold het die grootste superheld in die geskiedenis van hulle laerskool geskep – en nou gaan hulle lewe aan hom gee! Ontmoet kaptein Onderbroek! Sy ware identiteit is só ’n groot geheim dat selfs hý nie weet wie hy is nie!Lees hierdie reeks deur dieselfde skrywer as Hondman. Skreeusnaaks en perfek vir eerste of trae lesers!
Tjoppie en die muskiet
R 125.00
Tjoppie is ’n nuuskierige klein hondjie. Vandag is daar 'n aaklige gogga wat vir Tjoppie pla en steek. Dit jeuk oral! Gelukkig ontmoet hy ook vir Tonkie die spinnekop wat hom kan help. Tjoppie se prettige, kleurvolle avonture is perfek vir storietyd saam met peuters en kleuters.
Avonture van Speurhond Willem: Omnibus 2
R 270.00
'n Paar jaar gelede het 'n sending van die beroemde Willem skeefgeloop en het hy in Kaapstad by die DBV beland. Dis waar Adriaan en sy ouers die oulike swart-en-wit spanjoelhondjie raakgeloop het. En nou is Adriaan en Willem onafskeidbaar. Hierdie tweede omnibus bevat nog drie lekkerleesavonture: Hulle reis na die Internasionale Ruimte...