Kinders
Tags
- Everything in Kinders
- Afrikaans
- Age 10 - 13
- Age 6 - 10
- Age 6 - 8
- Age 8 - 10
- Aktiwiteit
- Aktiwiteitsboeke
- Bybel
- Christelik
- Emosies
- Fantasi
- Fiksie
- Graded Reading Level 3
- Graded Reading Level 4
- Helene Booyens
- Jaco Jacobs
- Johan Strauss
- Kinders
- Lapa
- Latest
- NB
- Nie-fiksie
- On Sale
- Onder 6
- Opvoedkundig
- Pan Macmillan
- Penguin
- Phambili
- Protea
- Skool Hulpmiddels
- Speshirl Agencies
- Stories met Lesse
- Struik
- Under 6
Bok wat sy spring verloor het, Die
R 190.00
Wat is 'n springbok sonder sy spring? Net 'n bok? Wanneer arme Springbok sy spring verloor, moet sy vriende hom help om dit weer op te spoor met skreeusnaakse gevolge. 'n Humoristiese en treffende storie oor dit wat jou spesiaal maak, en die krag van vriendskap.
Kat kom terug (Dr. Seuss)
R 185.00
Die kat met die hoed is terug met ’n span piepklein moeilikheidmakers, en daar wag nog ’n holderstebolder avontuur op Sonja en haar boetie. Hierdie is ’n nuwe Afrikaanse uitgawe van Dr. Seuss se The Cat in the Hat Comes Back, vertaal deur die bekroonde kinderboekskrywer en -vertaler, Jaco Jacobs.
Kaptein Onderbroek #1: Die avonture van Kaptein Onderbroek
R 220.00
George en Harold het die grootste superheld in die geskiedenis van hulle laerskool geskep – en nou gaan hulle lewe aan hom gee! Ontmoet kaptein Onderbroek! Sy ware identiteit is só ’n groot geheim dat selfs hý nie weet wie hy is nie!Lees hierdie reeks deur dieselfde skrywer as Hondman. Skreeusnaaks en perfek vir eerste of trae lesers!
Eerste Leesboeke: Slakke in die Ruimte
R 70.00
Sara droom van die buitenste ruim en om marsmannetjies te ontmoet. Selfs al spot almal haar daaroor, gaan Sara nie ophou droom nie. Sy weet dat daar eendag slakke tussen die sterre sal wees.
Wolf en Hond
R 150.00
Wolf is wild. Hond is mak. Wolf bly in die bos op 'n berg. Hond het 'n baas en 'n mandjie. 'n Kat pla vir Wolf. Hond moet hom help. Wat gaan hulle doen? Dit is 'n prettige storie vir beginner-lesers deur die skrywer van die veelbekroonde boeke oor Vos en Haas. Hierdie boek begin met eenvoudige woorde en kort sinne en word dan geleidelik 'n biet...
Wolf, Hond en Kat
R 150.00
Kat is terug. Sy is in die bos. Wolf se bos! Wolf is bang vir Kat. Maar Hond nie. Hy help sy neef. Hoe? Dit kan jy in hierdie boek lees. ’n Prettige storie vir beginnerlesers deur die skrywer van die veelbekroonde boeke oor Vos en Haas. Hierdie boek begin met eenvoudige woorde en kort sinne en word dan geleidelik ’n bietjie moeiliker. Die boek ...
Verrassing Verrassing!
R 210.00
Eendag bring meneer Hartlief 'n verrassing huis toe - 'n oulike klein varkie met 'n pienk gesiggie en 'n krulstertjie. Meneer en mevrou Hartlief het hulle babavarkie baie lief - maar wat sal gebeur wanneer die varkie skool toe gaan? En kan hierdie storie dalk meer as een verrassing aan die einde hê? 'n Snaakse en verbeeldingryke storie wat wys '...
Klein Grillie Spinnekop
R 140.00
Klein Grillie Spinnekop spring op 'n dag weg om te gaan uitvind waarom mense bang vir hom is. Op sy reis vra hy by sy maats en familie raad. Maar elkeen het 'n ander antwoord … 'n Meevoerende storie waarin kinders leer om ander te aanvaar net soos hulle is.
Streke van Jakkals En Wolf Boek 4, Die
R 60.00
Jakkals en Wolf is beste vriende. Wolf het 'n goeie hart en glo te gou. Jakkals, aan die ander kant, is vol streke …
Ek Lees Self: Die Fluitspeler Van Hamelin
R 30.00
Hierdie reeks is spesiaal ontwerp om kinders met aanvangslees te help. Die bekende sprokies, opwindende kunswerk en eenvoudige teks sorg vir 'n suksesvolle leeservaring.
Cowboy Koekemoer van die Klein Karoo Omnibus
R 260.00
Cowboy Koekemoer en sy getroue kameelperd, Shorty, is terug met ’n 5-in-1 af van die reeks en hulle is gereed om die dag te red. Al moet hulle die dag red terwyl hulle met vakansie is. Daar is vier voorheen vrygestelde titels in hierdie versameling, asook ’n splinternuwe storie. Titels wat ingesluit is in die omnibus: Cowboy Koekemoer van die...
Babalela: Diep, diep in ’n donker bos
R 150.00
Kom kuier saam met die Babalela en sy maats Meermoskat, Knortand, Potifant, Wrrrumpie en die lawaaierige Fripperwakkies in die bos – en beleef hope avonture!
Eerste Leesboeke: Die Towerhelm
R 70.00
Toe Hannes by sy ouma gaan kuier, is hy baie verveeld. Maar toe grawe hy in die tuin en ontdek ’n ou helm. Dit is ’n towerhelm. Hy sit dit op en word teruggevoer na die tyd toe die Wikings die seë regeer het. Sal Hannes weer sy pad huis toe vind?
Help Leeu sy Tande Borsel!
R 100.00
Meneer Leeu het dringend hulp nodig:Hy het lanklaas sy tande geborsel. En alleen kan hy dit nie regkry nie!Kan jy hom help?Natie Peperment Krimpvarkie wys vir jou wat om te doen. Só is dit pret om te leer hoe om tande te borsel!’n Saamdoenboekie met kielie, gorrel en tande borsel.
Oom Alfie, jy lieg mos nou!
R 100.00
Wat gaan vandag met Oom Alfie aan? Hy wil net lawwe liegstories vertel!“Sebras het koeëlronde kolle!” sê hy.Maar almal weet tog dit is nie waar nie!Sebras het nie kolle nie … of hoe?Kan jy vir Natie help met die waarheid? ’n Saamdoenboekie vol pret en raaisels!
Trippel die Trapsoetjies
R 90.00
Trippel is baie ongelukkig omdat hy nie soos ander trapsoetjies van kleur kan verander om te wys hoe hy voel nie. Maar op sy avontuur leer hy om te sê hoe hy voel en te luister as ander oor hulle gevoelens praat. Hy is spesiaal omdat hy anders is. Nou hou Trippel van homself net soos hy is.