- Home
- Kinders
Kinders
Tags
- Everything in Kinders
- 13+
- Activity
- Activity Books
- Afrikaans
- Age 10 - 13
- Age 13+
- Age 6 - 10
- Age 6 - 8
- Age 8 - 10
- Aktiwiteit
- Aktiwiteitsboeke
- Bybel
- c
- CD
- Children
- Christelik
- Educational
- Emosies
- English
- Fantasi
- Fiction
- Fiksie
- Gedigte
- Graded Reading Level 2
- Graded Reading Level 3
- Graded Reading Level 4
- Grappe
- Jaco Jacobs
- Kinders
- Kookboeke
- Lapa
- Latest
- Miles Kelly
- NB
- Nie-fiksie
- Non-Fiction
- On Sale
- Onder 6
- Opvoedkundig
- Pan Macmillan
- Penguin
- Phambili
- Pharos
- Picture Flats
- Protea
- Rympies
- Skool Hulpmiddels
- Speshirl Agencies
- Stalmaats
- Stokperdjie
- Stories met Lesse
- Struik
- Under 6
- Volwasse
365 Oordenkings vir Beginners
R 190.00
Maak jou kind se eerste ervaring met oordenkings iets onvergeetliks met 365 Oordenkings vir beginners. Hierdie boekie spog met lewendige illustrasies wat kinders van 3-6 jaar sal fassineer. Kinders sal die volkleur-kunswerk uit Bybelstories vir beginners geniet terwyl die eenvoudige oordenkings met Bybelverse en gebede hulle beken...
Die Klassieke Kinderbybel-Storieboek (Hardeband)
R 300.00
Die klassieke Kinderbybel-storieboek is die plek waar klassieke Bybelstories en elke leser – jonk of oud – se verbeelding mekaar ontmoet. Johan en Nina Smit se wonderlike keuse van 100 stories uit die Ou Testament en 100 stories uit die Nuwe Testament is geskryf in ’n taal waarmee kinders kan identifiseer. Hierdie pragtige stories sa...
Mini Oordenkings vir Kinders
R 60.00
In ’n wêreld vol boelies en vergelyking op sosiale media, is dit vandag baie belangrik dat kinders besef hoe kosbaar hulle vir God is – net soos hulle is. Die 180 kort dagstukke in Mini-oordenkings vir kinders is geskryf asof God self met die kind praat. Elke dagstuk bevat ’n kernvers, ’n bemoedigende boodskap van God en ’n geb...
Eenminuut-oordenkings vir Kinders
R 80.00
Om wyse besluite te neem en te weet wat die beste manier is om uitdagings by die huis, by die skool of op die sportveld aan te pak, kan vir kinders moeilik wees. Die daaglikse oordenkings in Eenminuut-oordenkings vir kinders sal hulle help om leiding uit God se Woord te kry. Deur net ’n paar minute elke dag saam met God deur te bring,...
My Groot Bybelstorie Knip en Plak Boek
R 150.00
Wil jy bekende Bybelstories op ’n nuwe, kraakvars manier met jou kleingoed deel? My groot Bybelstorie knip-en-plak-boek bied die antwoord! Kinders tussen 5 en 8 jaar sal vir ure besig bly deur die 48 projekte self te maak met alledaagse materiaal soos eierboksies, papierborde, strooitjies, plastiekhouertjies, papier en karton. Die krea...
Pret met Syfers
R 50.00
Slyp jou 5- tot 8-jarige se syfervaardigheid met prettige speletjies en lekkerlees-stories! In Pret met syfers kombineer Wendy Maartens 40 stories met aktiwiteite om kinders se syfervaardigheid te slyp. Deur die stories ontdek hulle die wêreld van getalle in die Bybel – van belangrike feite soos dat ons net 1 God het, minder bekende s...
Pret met Letters
R 50.00
Ontwikkel jou kind se taalvaardigheid met prettige speletjies en lekkerlees-stories! In Pret met letters kombineer Wendy Maartens 26 stories met prettige aktiwiteite om 5- tot 8-jariges se taalvaardigheid ’n hupstoot te gee. Wendy het woorde gekies wat ’n Bybelse inslag het, soos ark (A), Betlehemster (B) en Christen (C). Aktiwiteite so...
Oulike Stories vir Peuters en Kleuters Deel 2
R 120.00
Beleef die avonture van ’n lekkerbek-wolfie en stout kuikentjies. Ry saam met jou kleinding op ’n bus met duisend pote en lag saam oor ’n groot verrassing na ’n uitstappie mark toe. Deel oomblikke van pure deernis en saamwees tydens bedtyd of net wanneer julle lus het. Geniet die reis deur die land van oulike stories …
Meisie met 21 Vrae
R 150.00
Eendag was daar ’n meisie wat vreeslik graag vrae gevra het. “Waarom?” “Waar?” “Wanneer?” “Hoe?” “Wat?” “Wie?” Toe almal moeg word vir haar vrae, besluit sy om die antwoorde iewers anders te gaan soek – in boeke! En kort voor lank begin sy haar eie stories vertel. Eendag was daar ’n meisie wat vreeslik graag vrae gevra het. “Waarom?” “Waar?”...
Jy is Wonderlik
R 150.00
Jy is wonderlik is propvol positiewe boodskappe om bruin meisies te inspireer om hulle drome na te jaag en hulself na waarde te ag. Die boek moedig bruin meisies aan om hulle unieke voorkoms en talente te vier en om uitsonderlik te wees op alle terreine. Ook beskikbaar in Engels, isiZulu, isiXhosa en Setswana
Baie, Baie Snaakse Boek (Jaco Jacobs)
R 160.00
Die kinders in juffrou Seekoei se klas is vanoggend baie besig! Hulle baljaar en speel, hulle teken prentjies en sing liedjies. Maar elke nou en dan loer juffrou Seekoei kwaai oor haar bril. Waarom lag Hiëna die hele tyd? Wat is so verskriklik snaaks?Kom vind self uit in hierdie baie, baie snaakse boek en lag dubbel so hard vir die grappies ...
Eerste Leesboeke: Die Spioen-kraaie
R 60.00
Karel, Katrien en Mielies is Spioen-kraaie! Daar gebeur nie veel in Droomdorp nie, maar toe goed begin wegraak, kry die Spioen-kraaie uiteindelik ’n saak om aan te werk!
Boekwinkel Tussen die Wolke
R 220.00
Welkom by Kop In Die Wolke – Ella se gunstelingwinkel op aarde. ’n Plek vol towerkrag, waar wonderlike dinge met jou kan gebeur. Hier kan jy tweedehandse boeke koop wat ruik na raaisels en avonture en dagdrome (en ’n klein bietjie na sweterige sokkies, as ons nou doodeerlik moet wees). En tussen die rakke wag ’n avontuur wat Ella se hele lewe ga...
Om jou te Ken
R 180.00
Gabby en haar niggie Georgia lyk baie na mekaar en toe hulle jonger was, was hulle onafskeidbaar. Maar iewers het hulle vreemdelinge vir mekaar geword. Al wat hulle nou gemeen het, is die bloed in hulle are. Gelukkig het Gabby goeie vriende en dalk selfs iets meer as net vriendskap met Brandon... Toe die matriekgroep van Barkly-Wes op ’n toer na...
Tekkies
R 225.00
Die meeste mense slaap Saterdae laat, maar nie Zander nie. Hy sit al weer saam met sy ouers langs die rugbyveld om te kyk hoe sy broer hul pa se sportdrome uitleef.Zander se belangstellings beïndruk sy ouers nie veel nie. Hy hou van rekenaarspeletjies, lees en draf. Vir hom is draf ’n bietjie soos lees. Wanneer hy sy tekkies vasmaak en sy oorfon...
Riek & Niek: Alergies vir Skool
R 120.00
Riek en Niek gaan 'n weddenskap aan. Hulle gaan hulle bes probeer om vir juffrou Burp ... e ... juffrou Burk te laat lag! Daar is net een probleem. Die wiskunde-onnie is sonder lagspiere gebore. Haar humorsin is soos die Loch Ness-monster - niemand weet of dit regtig bestaan nie. Niemand het haar nog ooit gehoor lag nie. Sy glimlag nooit eens nie.