Kinders
Tags
- Everything in Kinders
- 13+
- Afrikaans
- Age 10 - 13
- Age 13+
- Age 6 - 10
- Age 6 - 8
- Age 8 - 10
- Aktiwiteit
- Aktiwiteitsboeke
- Alice Hemming
- Amanda Brandon
- Cath Jones
- CD
- cecilia steyn
- Christelik
- dav Pilkey
- De Wet Hugo
- Emosies
- Eva Amores
- fanie filjoen
- Fanie Viljoen
- Fantasi
- Felicia Snyman-Du Toit
- Fiksie
- Fundi
- Graded Reading Level 3
- Graded Reading Level 4
- Grappe
- Hannah Peckham
- Hannes Barnard
- Human&Rousseau
- Jaco Jacobs
- Jeff Kinney
- Joanna Nadin
- Johan Strauss
- jonny duddle
- Kate Poels
- Kinders
- Lapa
- Latest
- Matt Cosgrove
- NB
- Nerine Ahlers
- Nike Bekker
- On Sale
- Onder 6
- Opvoedkundig
- Pan Macmillan
- Pantermuller Kohl
- Penguin
- Peti Troskie
- Phambili
- Protea
- Refiloe Moahloli
- Riana Scheepers
- Roald Dahl
- Rympies
- Sarah van Lingen
- Silke Schellhammer
- Skool Hulpmiddels
- Sophie Schoenwald
- Speshirl Agencies
- Stalmaats
- Stephanie Jayne
- Stories met Lesse
- Tafelberg
- Theresa van Baalen
- Tracy Gunaratnam
- Troula Goosen
- Under 6
- Zuléka Smit
Tippie: Vlak 5 Tippie Boekstel VLAK 5
R 400.00
Hierdie vrolik geïllustreerde leesreeks stel die beginnerleser aan drieletterwoorde bekend. Daar is tien boekies in die reeks. Afgesien van die prettige storie en illustrasies, bevat elke boekie ook ’n woordeskatlys, ’n lys met die enkelvoud, meervoud en verkleinwoord, begripsvrae en ’n bladsy met “voltooi die sinne” gebaseer op die leess...
Per Ongeluk Parys
R 210.00
Sergio is hot! Hy is die eerste prys! Soos ’n gratis vliegkaartjie Ysland toe met al jou verblyf betaal! En nou het hy vir Dienkie genooi om Vrydagaand in Parys saam met hom te gaan rolskaats. Sy weet nie of sy moet gaan nie. Want Sergo is ’n hunk. ’n Franse hunk. En die probleem is eenvoudig: Dienkie hou baie van hom. Eintlik miskien te veel. ...
Donkie se lang pad dorp toe
R 230.00
Hierdie vrolike bundel bevat 20 fabelagtige diereverhale wat elkeen op ʼn unieke manier ʼn waardevolle lewenswysheid insluit vir kinders en hoe waardes in die alledaagse lewe toegepas kan word. Donkie se lang pad dorp toe dra die boodskap oor dat ʼn mens nooit almal tevrede kan stel nie. Vlermuis, Braambos en Seemeeu hou vergadering dra by tot die ...
17de Veer, Die
R 240.00
Lara werk in haar vrye tyd by ’n tatoeëersalon, en wonder soms oor die pa wat sy nooit gehad het nie. Alex het in ’n kinderhuis grootgeword en het ’n vreemde fassinasie met uile. Lara weet dit nog nie, maar haar en Alex se stories is op die punt om vir ewig verstrengel te word. En alles begin met ’n boks vol briewe wat sy in ’n hoededoos op haar...
Bullebakke: Episode 4
R 150.00
Marmelade, die bose marmotjie, het die hele wêreld in gevaar gedompel met behulp van sy weermag van zombie-katjies! Die Bullebakke sien dit as nog 'n geleentheid om hulle heldhaftigheid te bewys. Gelukkig voer hulle nie alleen die stryd teen die wollerige miaau-monsters nie. Hulle nuutste lid is nie net mooi nie (ja, Meneer Wolf kan sy oë nie v...
Tippie: Vlak R Boek 8: Kyk Tippie!
R 45.00
Leer my lees met Tippie, Vlak R is trots Suid Afrikaanse ontluikende leesboeke wat vroeë geletterdheid ondersteun. Jong kinders word blootgestel aan hoë frekwensie sigwoorde met behulp van kleurvolle en duidelike illustrasies. Die stories is interessant en relevant met alledaagse avonture.
Tippie: Vlak R Boek 9: Tippie lyk snaaks
R 45.00
Leer my lees met Tippie, Vlak R is trots Suid Afrikaanse ontluikende leesboeke wat vroeë geletterdheid ondersteun. Jong kinders word blootgestel aan hoë frekwensie sigwoorde met behulp van kleurvolle en duidelike illustrasies. Die stories is interessant en relevant met alledaagse avonture.
Dagboek van 'n Wimpy kid 16: Kolskoot
R 180.00
Greg Heffley en sport is nie maats nie. Na ’n rampspoedige atletiekbyeenkoms by die skool besluit Greg hy is eens en vir altyd klaar met die sportwêreld. Maar nadat sy ma hom aanpor om sport nog een kans te gun, stem hy onwillig in om vir basketbal in te skryf. Die proewe is ’n ramp, en Greg is oortuig hy gaan nie gekies word nie. Maar hy kry ...
Lulu en die Pikkewynfeetjie
R 80.00
Die reeks is geskik vir jonger lesers van 6 tot 9. Lulu Bell is agt jaar oud. Sy geniet elke oomblik van haar lewe, maar is soms bietjie baasspelerig. Dis nodig dat iemand prakties is in haar weird gesin. Haar sussie, Vera, is ses en dra graag engelvlerke en skoene wat skitter. Haar driejarige boetie weier om enige iets anders as sy superhero-...
Rowley Jefferson se Vreeslike Vriendelike Spookstories
R 170.00
Gryp ’n flitslig, trek die beddegoed oor jou kop en verdiep jou in Rowley Jefferson se verwronge verbeelding , wat onverwags ook skreeusnaaks is. Jy sal jou vasloop in zombies, vampiere , spoke en veel meer in hierdie komies vreesaanjaende verhale. Rowley se spookstories sal jou dalk laat lag, maar pasop dalk sal jy met die lig aan wil slaap
My Ruimte Atlas
R 145.00
Hierdie atlas is vol fassinerende feite, geïllustreerde kaarte, pragtige tekeninge en fantastiese foto's oor die ruimte. Dit bevat ook plakkers om op die uitvoubare plakkaat en in die boek te plak. Hierdie atlas leer kinders van verskeie aspekte, onder andere planete en sterre. Maak reg vir 'n reis na die ruimte!
Dagboek van 'n Wimpy kid 15: Diepkant
R 180.00
Wanneer Greg Heffley en sy gesin koers kies op 'n langpad kampeeruitstappie, is hulle gereed vir 'n grootste avontuur. Maar hulle planne loop skeef en hulle beland sonder uitkomkans in 'n woonwpark wat allermins 'n somerparadys is. Dinge raak net erger vir die Heffleys wanneer die reen neerstort en die watervlak begin styg, en hulle wonder of hu...
Percy Jackson en die Olimpiers: Weerligdief
R 180.00
Percy Jackson is op die punt om uit sy kosskool geskop te word … al weer. En dis die minste van sy probleme. Die afgelope tyd maak allerhande mitologiese monsters en die gode van Olimpus hul opwagting in Percy se lewe, asof hulle so reg uit die blaaie van ’n handboek oor die Griekse mitologie gestap kom. Boonop is ’n paar van hulle woedend vir ...
Erik en die Kido-Dinges
R 180.00
Die kido-dinges of te wel die kidoteek, is byna soos 'n biblioteek. Maar by 'n kidoteek ruil 'n mens nie boeke om nie. By 'n kidoteek ruil 'n mens kinders om. En dis presies wat Erik se pa-hulle met hom doen. Hy beland by Meneer en Mevrou de Kommer wat hulle oor als bekommer - motorfietse, inbrekers, monsters, satelliete en insekte. Skielik lyk ...
Op die maat van Maya
R 200.00
Toe Maya en Joe mekaar een aand by ’n kuierplek raakloop waar hulle dieselfde Franco de Jong-liedjie sing, begin haar netjies-beplande lewe verander. Te danke aan Joe vergeet sy van haar eks, Mark, en die rampspoedige einde van hulle verhouding. Sy kry die geleentheid om in Joe se band te sing, en nou is sy nie meer so seker dat sy medies wil ga...
Richard Scarry: My Eerste Groot Woordeboek
R 180.00
In Richard Scarry se My Eerste Groot Woordeboek maak ons kennis met Buks en Bettie Beer en hul vriende in Woelstad. Leer honderde nuwe woorde met behulp van Richard Scarry se wonderlike, klassieke tekeninge. Die woorde word gegroepeer volgens tema sodat die kind op ’n heerlike prettige wyse sy of haar kennis van die wêreld kan uitbrei. ’n Plesie...